►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Nuwe wet oor minderjarige seks

Met die ondertekening deur die staatspresident verlede maand van die Wysigingswet op Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) 5 van 2015, het ingrypende bepalings in werking getree, soos dat konsensuele seks tussen kinders van ouderdomme 12 tot 15 wettig is. Die Wysigingswet verander egter nie die ouderdomsperk van jonger as 16 jaar vir statutêre verkragting nie. Volgens die nuwe wet egter, as ‘n tiener van 16 of 17 met ‘n jonger kind seksuele omgang het, is dit nog nie statutêre verkragting nie mits die ouderdomsverskil nie meer as twee jaar is nie. Inmiddels berig Helpende Hand dat in 2014 ‘n totaal van 45 230 strafsake teen kinders aangemeld is, oftewel 124 misdade per dag. Voorts is verlede jaar 1 832 lewenslange vonnisse gevel teen persone wat misdade teen kinders gepleeg het. Ons reken dat die nuwe wet wat seksuele omgang vir kinders tussen ouderdomme 12 en 15 in sekere omstandighede wettig, aaklig is en inderdaad die deur oopmaak vir gruwelike seksuele uitbuiting. As dit gewettig is, hoe kan enige iets in twyfelagtige omstandighede, soos verkraging, in ‘n hof bewys word? Watter feitlik onmoontlike onus plaas dit nie op slagoffers nie? Al wat blykbaar nou oorbly. is vir ouers om hulle kinders so ver as moontlik waterdig te beskerm – en onophoudelik vir hulle te bid.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

  • belinda - Donderdag, 11 Oktober 2018

    Annoniem.
    my seun van 17 wil di huis verlaat om bja ver weg te trek na n gay seun toe. Hul het nog nooit ontmoet ni. Di seun is 20. Woon amper 700km van ons. Hul het op facebook ontmoet. Kan ek as ouer dit keer? Ek is despiraat. wil he hy moet matriek klaar maak. Ek soek asb dringend raad.

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Go to top