► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Die nuustoneel in Suid-Afrika word tans ongelukkig oorstroom met slegte nuus en is dit letterlik asof die land uitmekaar wil val. Suid-Afrika, waarin God amptelik die afgelope 22 jaar geen plek het nie, was kennelik nog nooit in so ellendige toestand as tans nie.

Onder hierdie omstandighede kan verwag word dat die aasvoëls van die wêreld op die land gaan toesak. So is sekerlik die internasionale geldmag besig met hul inpalmingsplan, skuif die Chinese hul imperiale pionne reg, lek Moslem-ekstremiste hul lippe af en konkel groot en klein swendelaars optimaal.

Een voorbeeld is dat miljoene hektaar plaasgrond in die Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga, KZN, die Noord-Kaap die Oos-Kaap en die Wes-Kaap tans onder opsie vir mynprospektering van verskillende maatskappye is – ‘n aaklige fisiese bedreiging vir die SA soos ons dit ken.

Dan praat ‘n mens nog nie van die miljoene werklose swartes ryp vir ‘n rewolusie nie.

In die prentjie is ook die Afrikaner met sy unieke posisie in SA. Talle gaan maar net hul gewone gang en “hoop dat dinge gaan verbeter”. Sommige het “joiners” en “hanskakies” geword en omhels die huidige bose bestel in die hoop dat dit hul redding gaan wees. Ander vlug landuit. Nog ander is moedeloos en die arms hang slap.

Dan is daar diegene wat die aanstormende duisternis beveg met watter wettige instrument hulle ookal kan vind. Voorbeelde hiervan is Solidariteit, AfriForum, Helpende Hand, Orania, die VF Plus, die HNP, die GKK, die FAK, die ATKV, die Afrikanerbond, ens. Op velerlei terreine laat hulle hul geld as die spreekwoordelike sout in die pot.

Dit is duidelik dat ook die Afrikaner in ‘n verbete terugvegpoging betrokke is. Uit ons beskeie hoek doen ons hiermee ‘n oproep dat hierdie terugvegpoging ten volle gesteun moet word en uitgebou word totdat ‘n klinkende oorwinning behaal is.

Hierdie land behoort nie aan die Bose en sy trawante nie – dit staan onder beslag van Jesus Christus en Sy koninkryk. Daarom sê ons: Kom ons verootmoedig ons voor die Almagtige sodat Hy ons land kan genees; kom ons as Afrikaners ontdek weer ons volkskap, want nie as individue nie maar slegs as kollektief kan ons dit maak; laat die Afrikaner / Boerevolk die politieke uitdaging aanvaar om steeds soewereine selfbeskikking op eie grondgebied na te streef.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top