► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

As redaksionele kommentaar kortliks die volgende:

Adv. Thuli Madonsela: Ons salueer hierdie vrou vir haar onverskrokke diens as Openbare Beskermer die afgelope sewe jaar. Sy gaan in hierdie pos gemis word. Wat is die kans dat sy staatspresident kan word?

Regbank nog onafhanklik: Weereens met die uitspraak van die Grondwethof in die appélsaak van die bedrogaanklagte teen pres Zuma het hoofregter Mogoeng Mogoeng getoon dat die regbank in die land nog onafhanklik staan en redelik vertrou kan word.

Studente-onluste: Waarnemende Nasionale Polisiekommissaris lt. genl. Khomotso Phahlane, iemand vir wie ons ook ons hoed afhaal vir die professionele uitvoering van sy amp, het dit raak saamgevat oor die studente-onluste: Dit lyk of ‘n groep leiers ontwikkel waaroor die land nog spyt sal wees.

Bokrugby: Kenners het dit reg – om Bokrugby reg te ruk, moet die hele SA Rugby hiërargie vervang word, vanaf utvoerende hoof Jurie Roux en die verkose bestuur met hul knieval voor die ANC-regering tot die hele afrigtingspan, met die kwotastelsel wat dadelik geskrap moet word - en nie eens te praat van die groot sondebok Minister van Sport Fikile Mbalula nie. Voor dit gebeur is daar min of geen hoop. 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top