► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Wat  opmerklike tendense is uit die 2016 Matriekuitslae, is dat die blanke gedeelte van die bevolking, wat ongeveer 7% beslaan, onder die toppresteerders in verhouding tot die bevolkingsgetalle ver uitstaan. Terwyl daar onder die suksesvolle Matrikulante van alle rasse wonderlike verhale van harde werk en deursettingsvermoë  is, is ‘n duidelike tendens ook dat onder die uitvalsyfer swartes en bruines in verhouding die meeste is. Dit beteken dat in getalsverhouding die gaping tussen blankes  en swartes wat  kwalifiseer, al groter word.

Daarby is dit ‘n feit dat die beleid van die regering om druipelinge in grade deur te sit na die volgende grade, die kunsmatige aanpassing van punte en die toepassing van raskwotas by universiteitstoelating tot gevolg het dat ‘n groot segment van studente wat toegelaat word, in terme van akademiese onderlegdheid en volwassenheid nie opgewasse is vir tersiêre opleiding nie. Dit is in die praktyk ‘n groot oorsaak vir die #FeesMustFall- en sg. Dekolonialisasieveldtog.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top