► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Die Afrikaner vir wie selfbeskikking en vryheid belangrik is, behoort na ons mening die volgende feite in ag te neem in ‘n bestekopname vir die jaar wat voorlê:
* Die ANC  trek nou alle stoppe uit in ‘n totale aanslag teen die behoudende blanke in SA en spesifiek die Afrikaner – onder die dekmantel van die sg. Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR). Die Wetsontwerp op Onteiening as poort tot grondgryp en batebeslaglegging, wette om die blanke uit mynbou uit te kry, wette om boere van hul plase te kry, daaglikse moorde deur swart op wit, aanslag op Afrikaans in universiteite en skole, raskwotas in nasionale sportspanne, immer-verskerpende SEB, ens. is enkele van die onregmatige, immorele en onderduimse metodes wat ingespan word.
* Die leier in hierdie verband en hoekom hy teen alle norme in, in die amp van staatspresident gehou word - ondanks die 283 kriminele klagte teen hom, die eerste staatskaping in die geskiedenis van SA, die miljoene in staatsgeld wat hy vir sy Nkandla private fort gesteel het, ens. - is pres. Jacob Zuma. Hy is op rekord as ‘n hater van blankes.
* Kritiek van blankes op swartes word geëtiketteer as haatspraak en is in proses om wetlik gekriminaliseer te word, maar intussen vloei swart haatspraak teen blankes vryelik voort, terwyl daaglikse swart op wit geweld plaasvind.
* Swart politiek teen die blanke is besig om te radikaliseer teen ‘n spoed en so het die leier van die ANC Jeugliga Collen Maine pas opspraak verwek toe hy verklaar het dat die liga nie een van Ramaphosa of Dlamini-Zuma steun as kandidate om Jacob Zuma op te volg nie, maar ‘n “ bold leader to lead the second revolution, distributing wealth to the black majority.”
* Die samelewing in SA word gekaap deur die gees van “entitlement” onder ‘n groot deel van die swart en bruin bevolking – alles omtrent die blanke as produk van “apartheid” is boos en daarom is veral swartes daarop geregtig om eenvoudig “te vat” ten einde “gelykstelling” te bewerkstellig.
* ‘n Geweldige onreg wat tans teen blanke landsburgers gepleeg word, is dat hulle wat hier gebore en getoë is is aan SEB onderwerp word, maar vir Chinese wat die land instroom, geld geen SEB nie. Hulle maak net wat hulle wil en betaal selde of ooit belasting.
* Agter alles sit menslik gesproke die Illuminati met hul diaboliese agenda vir wêreldoorheersing.
* Wat tans in SA gestook word, is niks minder as burgeroorlog teen blankes / die Afrikaner nie.

Nou is die kernvraag wat ons vra, die volgende: Wat gaan die Afrikanervolk hieromtrent doen?

Ons maak sowat 4 miljoen uit ‘n landsbevolking van minstens 60 miljoen uit. Dit is min, maar nie onbeduidend nie.

Na ons beskeie mening is die volgende punte van belang vir die Afrikaner vir sy pad in 2017 en vorentoe, as die Here wil:
* God bid om vir ons uitkoms en ‘n toekoms te gee. Hy het dit by Bloedrivier gedoen en kan dit weer doen. Trouens, Hy is die enigste wat ons kan red.
* Ons sal self ook die hand aan die ploeg moet slaan en beplan, werk op alle nodige terreine en voorberei vir militêre verdediging.
* Die Afrikaner moet herontdek dat hulle ‘n volk is en saamstaan soos nog nooit nie.
* Daar moet besef word dat al waardeur ons tans gedomineer word, is slegs getalle. Die vyand is in gehalte nie ons meerdere nie, tewens hulle is bang vir ons, weet nie van harde werk en integriteit nie en het talle swakplekke soos Vigs, verkeerde leefstyl, vals waardes, grootlilks gebroke gesins- en gemeenskapstrukture, tweespalt, ens.
* Altyd moet die Afrikaner ‘n waardige draer van die Evangelie wees – dit is primêr hoekom ons voorsate Bloedrivier oorleef het.
* Ons moet op ons volksidentiteit en reg op selfbeskikking staan en nooit rassisties wees nie. Doen aan ander etnisiteite soos jy aan jou eie gedoen wil hê.
* Erken dat daar goedgesinde swartes en anderskleuriges is en dat hulle op die basis van vreedsame naasbestaan noodsaaklike bondgenote moet wees.
* Die Afrikaner moet positief eienaarskap van sy verlede en geskiedenis neem en hoewel daar foute was, is daar ontsaglik veel om op trots te wees.
* Veral Afrikaans moet gekoester word – dit is taalkundig van wêreldgehalte en i.t.v. literatuur, flieks, kultuurfeeste, ens. staan dit ver uit bo die ander inheemse tale in SA.
* Die Afrikanervolk moet in ‘n kleiner lewensvatbare gebied in SA saamtrek en ‘n volkstaat vestig, uitbou en handhaaf. Dit moet ‘n eerstewêreldstaat sonder weerga word. As ons uit die groter SA uitgedryf word, soos tans, dan het ons des te meer ‘n reg om op ‘n kleiner stuk van SA, waarop ons in elk geval ‘n onvervreembare reg het, onsself te wees.
* Die Afrikaner moet, met behoud van die morele hoëgrond, al sterker terugveg met elke moontlike middel en op elke denkbare gebied. Dit gaan nou oor oorlewing en ons is van plan om presies dit te doen – en te leef tot eer van God. Feitelike voorleggings, samesprekings, weerhouding van belasting, aanvaarding van die voedselfaktor, eie sakemodelle, fisiese beskerming van huis en haard, internasionale bondgenootskappe, ens. is slegs ennkele middele ter hand.
* As deel van teenoptrede moet pertinent gewys word op die skreiende leuens en gapings omtrent die grondkwessie – die aktekantore is bewyse dat grond nie gesteel is nie, daar is meer as genoeg grond in statsbesit wat aan swartes beskikbaar gestel kan word en dat die mislukkingskoers van benutting van “hervormde” grond wat aan swartes beskikbaar gestel is, meer as 90% is.
* Internasionaal is die klimaat tans besonder gunstig – die golf van nasionalisme wat spoel deur die VSA, Brittanje, Frankryk, Duitsland, Japan, Suid-Korea, Taiwan, Oostenryk, Italië, ens. bied uitstekende geleenthede. Die juk van die internasionale verdrukker en plunderaar van mense, nasies en volke moet verbreek word.
* Ons moet in gebed en daad ons vereenselwig met die vervolgde Christenkerk wêreldwyd. Dit is ons broers en susters in die geloof en vervolging onder hulle neem skrikwekkende afmetinge aan.
* Leer en pas deeglik toe die lesse van verraad in eie geledere.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top