►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Terwyl daar in SA ‘n groot mate van welwillendheid tussen swart, wit en bruin is, is daar ook ‘n sterk dryf om die blanke te kriminaliseer, te marginaliseer en eintlik uit die land te verwyder. Dit is die lank en die kort van die politieke gebeure en nuus in die land tot dusver vanjaar.

Op die voorpunt is die ANC gelei deur pres. Jacob Zuma en saam met hom die EFF onder Malema. Kyk en luister gerus na TV-kanaal 405 van ANN7 en ervaar eerstehands hoe die vlamme van haat aangeblaas word. Dit word gerugsteun deur feitlik alle staatsaksies, wetgewing en begrotings met belastingbetalergeld.

Deel van die aanslag is bv. die keel van ‘n blanke boervrou in ‘n rolstoel wat afgesny word en waarna feitlik geen haan kraai nie, maar as ‘n swart vrou agter op ‘n bakkie met tralies vervoer word, dan word ‘n kabaal van haatspraak opgeskop. Die terrorisme met die Wes-Kaapse brande, eintlik gemik op die DA-beheerde Wes-Kaap met sy groeiende blanke bevolking, is nog ‘n voorbeeld.

Dit kom neer op niks minder as ‘n onverklaarde burgeroorlog teen die blankes van die land nie, in besonder teen Afrikaners.

Die groot vraag is, wat gaan laasgenoemde daaromtrent doen? Gaan ons wol oor ons oë trek en hoop vir beter dae, of het die tyd aangebreek vir terugveg – op elke lewensterrein insluitende polities en selfs militêr?

Natuurlik berus die lot van die land in die hand van God, maar soos Cromwell eeue gelede vir die Engelse gesê het: “Put your trust in God and keep your powder dry.”  

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top