► Abel Sithole as uitvoerende hoof van die Government Employees’ Pension Fund (GEPF) getuig voor Mpati-kommissie dat ʼn “belegging” van R4,3 miljard sonder sy medewete gemaak is uit die GEPF na die firma Ayo Technologies van omstrede Iqbal Survé; blykbaar kan of wil Ayo dit nou nie terugbetaal nie ► Mynmaatskappy Rio Tinto het sy Rössing Uraanmyn in Namibië, in produksie sedert 1976 en wat tans jaarliks sowat 4,6 miljoen pond uraan lewer, verkoop aan die China National Uranium Corporation (CNUC) vir $106,5 miljoen; Rio Tinto het sedert 2017 beleggings van $11,2 miljard uit Namibië onttrek ► Nuwe Minister van Water, Sanitasie en Menslike Nedersettings Lindiwe Sisulu sê in Parlement skade in die departement weens korrupsie en wanbestuur is feitlik “onmeetlik” en dat drastiese omdraaistrategie dringend nodig is ► Munisipaliteite skuld die nege waterrade en Dept. van Water R14 miljard vir waterdienste gelewer ► Adjunk-minister van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Mcebisi Skwatsha sê in Parlement dat onteiening sonder vergoeding binnekort ʼn werklikheid gaan wees, “maar onwettige grondgryp nie toegelaat sal word nie” ► Vrystaat Landbou sê massiewe armoede in Lesotho bedreig wet en orde in Vrystaat en dat dit verskillende tipes misdaad in die provinsie veroorsaak ► Volgens verslag van PwC is vergoeding van ʼn uitvoerende hoof van mynmaatskappy in SA gemiddeld sowat R16,8 miljoen per jaar en dié van ʼn finansiële hoof sowat R6,9 miljoen per jaar ► Projek VatVyf gebaseer te Orania benodig borgskap vir twee behoeftige blanke leerlinge in Bloemfontein wat as prefekte gekies is om einde vanjaar elkeen ʼn oriënteringskamp by te woon – R1 000 vir seun in hoërskool en R500 vir dogter in laerskool – kontak projekvatvyf@gmail.com of 082 773 2150 ►

Terwyl daar nog geen gerusstelling is oor die volhoubaarheid van Eskom as nasionale kragvoorsiener nie, behoort steeds indringend gesoek te word na alternatiewe kragoplossings op grootskaal. Van al die moontlike alternatiewe bronne bly die benutting van sonkrag die mees bekostigbare en ook die mees omgewingsvriendelike.

Dit geld veral die sentrale deel van die land as die primêre verspreidingsgebied van Ditsem Nuus en wel in besonder die Bo-Karoo met sy groot aantal sonskyn dae per jaar. In ‘n poging om in hierdie opsig te fasiliteer, behou Ditsem Nuus hierdie fokus op bekostigbare sonkrag. Op hierdie bladsy bied twee gevestigde verskaffers van sonkragstelsels buite die sentrale binneland uitstekende franchise-geleenthede vir entrepreneurs in die sentrale streek.

Bestaande en voornemende entrepreneurs in die elektrisiteitsektor word dus aangemoedig om van hierdie gulde geleenthede gebruik te maak wat gebied word deur Gener8 Sustainable Energy Solutions van Witbank (kontakpersoon Oscar Loreti by 082 3377 068) en AllSolar Renewable Energy Solutions met hoofkantoor te George (kontakpersoon Div de Villiers by 082 6455 657).

Terselfdertyd bied GeyserWorx van Johannesburg tegnologie vir songeisers wat waarskynlik nog nie algemeen in die binneland beskikbaar is nie. Sien gerus hul advertensie op hierdie bladsy en skakel hulle, ook vir bekostigbaarheid.

Ook dien in gedagte gehou te word die jaarlikse KragDag ekspo wat 8-10 Augustus 2019 te Diamantvallei Landgoed oos van Pretoria aangebied word en waar verseker verdere uitstekende uitstallings van innoverende sonkragoplossings sal wees. Meer inligting op hierdie stadium by www.kragdag.co.za.

 

Eskom is op soek na ‘n nuwe uitvoerende hoof nadat die huidige posbekleër Phakamani Hadebe ná minder as ’n jaar die tuig neerlê vanweë stres. Sy voorgangers het óf weens persoonlike redes hul pos verlaat, was ontslaan of is onder ‘n wolk van korrupsie weg.

Energiekundige Ted Blom meen dat die bedanking van Hadebe nie as 'n verrassing gekom het nie, omdat hy as ‘n buitestander ingekom het en hoewel met goeie bestuurservaring, hy min kennis van die kragvoorsieningsbedryf gehad het. Daarom is hy nie geredelik deur die Eskom-establishment aanvaar nie.

Hadebe is in 2018 aangestel om die sukkelende staatsentiteit weer op sy voete te kry ná die sukses wat hy behaal het om die Landbank te herstel. Eskom is egter 'n bitter moeilike perd om te ry, omdat die kragvoorsiener tans nie genoeg krag verkoop om sy rentebetalings en enorme lopende bedryfskoste te dek nie. Dit spruit uit 'n nalatenskap van jare se wanbestuur en koste-oorskryding op nuwe aanlegte, wat 'n huidige skuldlas van minstens R440 miljard tot gevolg gehad het.

Enige iemand om in die Eskom-saal te klim? Ter wille van die hele Suid-Afrika móét Eskom net slaag!

Die ooglopende uitweg is eerder om die kragverskaffingsbedryf in SA te dereguleer en te ontbondel en die hernubare energiesektor kans te gee om spontaan te ontpop. Daarmee saam behoort die mense van die land in hul leefstyl radikaal “groen” te gaan.

Die een enkele groot uitdaging in hierdie verband is bekostigbare sonkrag. Hoe antwoord Suid-Afrikaners hierop?

Nasionale kragvoorsiener Eskom gaan na berig word einde vandeesmaand R15 miljard benodig om lopende koste te dek, waaronder R7 miljard vir infrastruktuur en R4 miljard vir salarisse - dít terwyl die staatsentiteit tans feitlik geen fondse in sy bankrekening het nie. Eskom wat al hoe meer geld moet leen om sy skuld te diens, gaan binne twee weke genoop wees om weer vir geld te moet soebat, meen die bedryfskenner Ted Blom.

Eskom het Vrydag in ’n verklaring op die JSE nuusdiens aangedui dat sy likiditeitsposisie einde April op R7.7 miljard te staan gekom het ná reddingsboei van R17,6 miljard deur die regering. Met ’n werkersmag wat bereken word op 48 600, benodig die instelling R4 miljard per maand vir salarisse, asook R7 miljard kapitale koste vir projekte en infrastruktuur, welke bedrag kan verhoog tot R10 miljard vir dieselverskaffers.

Hoof van krediet by Futuregrowth, Olga Constantatos, sê dit is nie duidelik of die R17,6 miljard van die regering al ontvang is nie, maar verduidelik dat die kragvoorsiener wil ideaalgesproke ’n likiditeitsposisie van R15 miljard tot R20 miljard handhaaf.

Die Nasionale Energiereguleerder van SA (Nersa) het Eskom goedkeuring gegee om ’n verdere tariefverhoging van 15,63% te implementeer by munisipaliteite regoor SA. Aanvanklik het Nersa vroeër vanjaar ʼn verhoging van onderskeidelik 9,41%, 8,1% en 5,2% vir die volgende drie boekjare toegestaan weens die kragvoorsiener se finansiële probleme, insluitend ’n skuldlas van meer as R400 miljard, maar die verhoging is intussen gewysig om Eksom te akkommodeer.

Die Stad van Johannesburg het hul teleurstelling uitgespreek oor die besluit en aangevoer dat die reguleerder korrupsie by Eskom beloon met hierdie verdere verhoging. Herman Mashaba, burgemeeste, voer aan dat die Nersa-besluit munisipaliteite sal dwing om tariewe te verhoog tot 13,77% teenoor die 12,2% wat aanvanklik begroot is en aan inwoners voorgehou is. Volgens Mashaba is tariefverhogings soos hierdie onvolhoubaar en dat Eskom se staatsmonopolie op elektrisiteitsvoorsiening uiters ongesond vir die land, sy mense en die ekonomie is.

Volgens Anton Alberts van die VF Plus moet die tariefverhogings gemeet word teen die ekonomiese groeikoers van 0,8%. Eskom moet besef dat met ekstra verhogings sal verbruikers al hoe minder krag sal gebruik en toenemend planne beraam om selfvoorsienend te raak.

Die gedeeltelike lening van R7 miljard wat deur China vir Eskom geoormerk is, word na berig word deur die Chinese eers teruggehou vanweë vrees dat die bankrot staatsentiteit die geld kan gebruik vir die aankoop van diesel, asook vir dag-tot-dag lopende koste, soos salarisse en ander bedryfsuitgawes. Die R33 miljard lening was oorspronklik beloof in die veronderstelling dat Eskom die fondse sou gebruik vir die voltooiing van Medupi en Kusile kragstasies en om dringende herstelwerk te verrig om die nasionale kragnetwerk stabiel te hou om sodoende algehele ineenstorting te voorkom.

Die nasionale kragvoorsiener, wie se skuld tans op R420 miljard beraam word, bevind sigself in diep water weens die toestand van kragstasies wat nie in stand gehou word nie en nuwe kragstasies wat nie op dreef kom nie. Medupi en Kusile wat oorspronklik geskeduleer was om in 2015 ten volle operasioneel te wees, is steeds agter skedule en om albei nou in volle werking te kry, gaan na raming ʼn enorme R18 miljard kos.

Eskom, wat midde in staatskaping was, sukkel ooglopend om in die aanvraag van elektrisiteit te voorsien. Sy werkersmag word bereken op 48 600, wat volgens die Wêreldbank 16 000 te veel is vir die omvang en kapasiteit van die maatskappy.

Voorts word die afgelope dekade jaarliks nagenoeg R47 miljard spandeer op dieselaankope die afgelope 10 jaar ten einde turbines optimaal te probeer hou. Verlede maand is berig dat Eskom reeds sowat R5 miljard in slegs een jaar op dieselaankope bestee het.

Die groot probleem met elektrisiteitverskaffing in SA is natuurlik die monopolie wat Eskom hou en wat tans met hul probleme vir alle praktiese doeleindes die land gyselaar hou. Die voor die handliggende oplossing is ontbondeling van Eskom of dan ten minste drastiese desentralisasie van die reg van elektrisiteits-verskaffing.

Elders in Afrika het die toepassing van die konsepte van mini- en mikro-netwerke (mini and micro grids) al basie veld gewen en hul suksesvolle toepassing bewys. Die grootte van hierdie netwerke, gewoonlik sonkragstelsels of –plase, kan wissel – vanaf verskaffing vir hele dorpe of gemeenskappe tot gekombineerde verskaffing vir ʼn aantal huishoudings of besighede.

Volle besonderhede van mini- en mikro-netwerke sa verskaf en gedemonstreer word op die ekspo African Utility Week and POWERGEN Africa wat 14 tot 16 Mei 2019 gehou word in die Kaapstadse Konvensie-sentrum. Vir meer inligting besoek www.african-utility-week.com.

Die sukkelende staatsbeheerde krag operateur Eskom, het ’n loonooreenkoms ondergaan van 180 miljoen (R2,6 triljard) met New Development Bank, voorheen bekend as die BRICS Development Bank; tydens die algemene jaarvergadering gehou op 31 Maart - 2 April 2019 te Kaapstad.

Die finansieringsgerief, wat al ’n paar jaar gelede goedgekeur is, sal gebruik word om infrastruktuur te ontwikkel om hernubare energie aan die nasionale kragnetwerk te verbind. Dit sal ook aangewend word vir die ontwikkeling van nuwe hernubare energie. Eskom sê in ’n verklaring danksy die lening sal 670 MW se hernubare energie aan sy kragnetwerk verbind word.

Eskom se totale skuld word nou op R420 miljard geraam, ’n mens kan net wonder hoe die bankrot staatsentiteit ooit al hierdie skuld gaan delg. Indien hulle nie daartoe in staat is nie, wat gaan die voorland uiteindelik wees?

Onbevestigde berig op sosiale media lui dat kilometerslange konvooie swaarvragmotors gelaai met goeie gehalte SA steenkool daagliks oppad is na hawens vir verskeping na China. Die berig lui dat die SA regering / Eskom nie meer geld het om China te betaal nie en nou geskiet die paaiemente in goedere (steenkool).

Vir verifikasie sien hierdie videogreep.

Go to top