► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Met dat dit met Suid-Afrika as land so sleg gaan soos nooit in die geskiedenis, is so baie mense in die land desperaat vir goeie nuus en dit is presies wat die Springbokke vir hulle in die afgelope Rugby WB gebring het. Dit gaan nie soseer oor die wen nie, maar die kliniese en professionele wyse waarop die Bokke met Rassie Erasmus as argitek dit gedoen het.

Die strategie van Erasmus in opbou tot en tydens die toernooi was meesterlik en het hy uiteindelik met ʼn baie fikse span die teenstanders op die hoogste vlak op ʼn streep uitoorlê. Ons kon nie help om saam te juig toe die twee anderskleurige vleuels die veldtog van die Springbokke skitterend afgerond het nie.

Op tuisbodem het die sege van die Bokke mense oor alle volks-, rasse- en klassegrense verstommend verenig, maar dit is ongelukkig so dat sake tans oordryf word tot ʼn punt waartoe van rugby en spesifiek die goue wêreldbeker ʼn afgod gemaak word. Daar is groot waardering vir die getuienis van sommige soos die kaptein Siya Kolisi dat dit alles die genade van die Here is, maar ʼn groot deel van die massa gaan, meesal uit onkunde, oorboord en maak van die situasie afgodediens.

Die grootste sondebok in die situasie is egter die liberale media en spesifiek ook die hoofstroom Afrikaanse media, wat die aangeleentheid tot histeriese proporsies opblaas. Vir hulle is dit ʼn geleentheid om te probeer wys dat die kunsmatige mengelmoes van Suid-Afrika, wat andersins klaaglik misluk het, tog kan werk.

Ironies is dit dat tydens die WB toernooi en in die afloop in die o.a. die volgende plaasgevind het:

  • Terreuraanval by Marloth Park langs Kruger Wildtuin, Nederlandse vrou Alberta van der Meer (74) en Belgiese man Koen Colliers (53) in aanval deur vyf swart mans wreed vermoor deur versmoring met lappe en chemiese middel in hul monde geprop.
  • Rina Spangenberg (86), weerlose bejaarde weduwee van Warrenton in haar huis oorval, verkrag en doodgeslaan.
  • Anton Pitout (42) by Normandien, Newcastle, deur bende swart aanvallers oorval en met knopkieries en ander voorwerpe byna doodgeslaan, maar oorleef.
  • Graaff-Reinet, lyk van Julian Lukas (63) in kombers buite haar huis gevind.
  • Wesley Sweetnam (30), sakeman en landloopatleet van Noordhoek, Kaapstad, tydens rooftog in sy huis doodgeskiet.
  • Plaasaanval te Zandfontein, Brits, Noordwes, gewapende aanvallers vergiftig honde, sny bande van voertuig stukkend en rand huisbewoners aan.
  • Plaasaanval by Middelburg, Mpumalanga, egpaar oorval deur onbekende aantal aanvallers, aangerand voertuig en huissleutels geroof.
  • Plaasaanval by Bultfontein, Gauteng, twee gewapende aanvallers op kleinhoewe, een werker aangerand en ander een verkrag.
  • Plaasaanval by Stella, Noordwes, slagoffers oorval deur onbekende getal aanvallers, voertuig en vuurwapens geroof, maar teruggevind in opvolgoperasie.

Dit is ‘n geweldige uitdaging om te midde van hierdie aardskuddende gebeure en botsende emosies Christelik nugter en ewewigtig te bly.

Suid-Afrikaanse krieket was waarskynlik nog nooit so verneder soos wat tans in Indië in die meerdaagse toetsreeks gebeur nie. Die eerste toets is verloor met 203 lopies, die tweede met ʼn beurt en 137 lopies en die derde ook met ʼn beurt en 202 lopies. In die eerste toets het Indië verklaar op 502/7 en 323/4, in die tweede op 601/5 en in die derde toets op 497/9.

Dit beteken dat Indië in die drie toetse in totaal slegs 25 paaltjies verloor het om die massiewe totale aantal van 1 923 lopies op te stapel. Daarenteen het die Proteas 60 paaltjies verloor en kan daarvoor slegs 1 381 lopies wys.

Die rede vir hierdie debakel moet uit en uit voor kwotas en rassediskriminasie gelê word. Krieket SA lê streng kwotas vir anderskleurige spelers neer vir alle spanne vanaf laerskoolvlak tot en met die nasionale spanne en dit al vir jare. Die gevolg is dat meriete by die deur uitgegooi word en sodoende word die gehalte van krieket in die land dwarsdeur alle vlakke verswak.

Voormalige Protea snelbouler en deesdae TV kommentator Fanie de Villiers sê dan ook tereg dat gebrekkige plaaslike reeks regstreeks verantwoordelik is vir die huidige SA krieket skandes in Indië. Hy sê dat spelers in die plaaslike reekse kry nie die tipe kompetisie wat hulle op internasionale vlak teëkom nie, terwyl die beste gehalte spelers ook nie altyd deurkom nie.

Meer spesifiek moet die skuld vir die debakel in Indië gelê word voor die persoonlik deur van die uitvoerende hoof van SA Krieket, Thabang Moroe, wat net voor die Indiese toer nie net die redelik-suksesvolle afrigter tesame met ervare oud-Protea-spelers as hulpafrigters en konsultante in die pad gesteek het en die ongehoorde stap geneem het om regstreekse beheer te neem oor die kies van die nasionale span en die afrigting daarvan. In die proses het hy die 36-jarige Enoch Nkwe, met geen eersterangse speelervaring en weinig ervaring as afrigter, aan te stel as waarnemende afrigter.

Intussen blyk dit dat daar verskeie uitstaande SA boulers en kolwers is wat elders presteer, maar wat voorheen nie die nasionale span gehaal het weens kwotavereistes nie, soos die snelbouler Kyle Abbott wat pas vir sy Engelse graafskapspan Hampshire die verstommende wedstrydsyfers van 17/86 behaal het. ʼn Uitstekende kolwer wat ook die pad gevat het na groener weivelde is Rilee Rossouw, om maar een te noem.

Die vernedering van die Proteas word selfs elders in die buiteland gevoel waar Engelse en Australiese oud-spelers opmerk dat dit nie in belang van internasionale krieket is dat Suid-Afrikaanse krieket só agteruitgaan nie.

Op die foto die 42-jarige Bloemfonteiner, Gerhard Coertzen, wat op die jaarlikse President Skietkompetisie gehou by die Meerkatgat Skietbaan naby Soutpan, met ‘n fenomenale voltelling van kolskote met die eerste prys weggestap het. Dit het hy dit gedoen met die ongelooflike telling van 720.17 uit 720.24, wat neerkom op 17 V-kolle.

Hy het die prestasie behaal uit 150 topskuts van oor die land heen. Coertzen is van beroep ‘n tegnikus by Centlec van die Mangaung Metro.

Volgens betroubare syfers op die Internet was daar in 1994 bykans 2 200 openbare enkelmedium Afrikaanse skole in die land, wat met sowat 50% geval het na 1 279 in 2017 en na 1 126 huidig. Wat betref dubbelmedium openbare skole in Afrikaans en Engels in die land, is daar tans 1 112 - dus in totaal 2 238 skole wat onderrig in Afrikaans gee.

Dit toon die kommerwekkende kreeftegang van Afrikaanse skole in die land – eens vanselfsprekend maar vandag ‘n luukse. Word gekyk na bv. die huidige strategie van die omstrede Gauteng Dept. van Onderwys, dan is dit duidelik dat Afrikaansmedium skole in die land onder beleg is.

Insiggewend wat die Engelse al oor die Afrikaner oftewel die Boere gesê het – die volgende is selfverduidelikend:

Britse geskiedkundige James Anthony Fraude oor die Voortrekkers:

Their adventures and exploits form one of the most singular chapters of modern history, and deserve a clearer record than has yet been given to them.

Sir Arthur Conan Doyle, Britse skrywer en skepper van o.m. Sherlock Holmes:

Take a community of Dutchman of the type of those who defended themselves for fifty years against all the power of Spain at a time when Spain was the greatest power in the world.
Intermix with them a strain of those inflexible French Huguenots, who gave up their name and left their country forever at the time of the revocation of the Edict of Nantes.

 

The product must obviously be one of the most rugged, virile, unconquerable races ever seen upon the face of the earth.

 

Take these formidable people and train them for seven generations in constant warfare against savage men and ferocious beasts, in circumstances in which no weakling could survive; place them so that they acquire skill with weapons and in horsemanship, give them a country which is immanently suited to the tactics of the huntsman, the marksman and the rider.


Then, finally, put a fine temper upon their military qualities by a dour fatalistic Old Testament religion and an ardent and consuming patriotism.


Combine all these qualities and all these impulses in one individual and you have the modern Boer.

Amerikaanse genl. George Patton, ná die Tweede Wêreldoorlog:

The Americans fight for a free world.

The English mostly for honor glory and medals.

The French and Canadians decide too late that they have to participate.

The Italians are too scared to fight.

The Russians have no choice.

The Germans for the Fatherland.

The Boers? Those sons of bitches fight for the hell of it!

Britse veldmaarskalk Bernard Montgomery ook na afloop van WO II:

Give me 20 divisions of American soldiers and I will beach Europe.

Give me 15 consisting of Englishmen, and I will advance to the borders of Berlin.

Give me two divisions of those marvellous fighting Boers and I will remove Germany from the face of the earth.

Engelsprekende in omstreeks 1994 in The Citizen in ‘n ope brief:

I have to ask why you as Afrikaners are throwing it all away? Why, after 350 years of struggle, are you giving way so meekly, so weakly?

You who fought for your rights against my British forebears, who put up such a show of strength and skill that it took the might of the British Empire at its peak to crush you, who forced the British to use the cruellest methods of total war in order to win.

You, who fought innumerable battles against African tribes, who rebelled in 1914, who fought alongside the British in the Second World War, and who displayed such courage in Korea, are you now going to give it all away?

Now, when the Cold War is over and international pressures upon the country would have faded anyway.

I do not understand you, my friends.

Surely you are not now going to give it up to the Heart of Darkness?

Whenever I drive the long drive, across hard hot plains and over range upon range of bare mountains, every place with its name to commemorate some event or person or characteristic of years gone by, I conjure up the trekboere, and all the rest of your ancestors. They fought for this land and they came to know and have names for it every plant and creature. They were not people to give in with a whimper.

But you, my friends, what is happening to you? It would be bad enough to be overcome by some superior culture, but to give way to necklacers, to kidnappers of children, to murderers of old women; to people who have contributed nothing to the world but only tear down what others have created; who understand nothing and care nothing for this land, who would find it hard to identify a Cape canary let alone a southern right whale or a roseate tern.

How can you do this?

How can you look at your history and then trust your destiny to small men like Meyer, puny negotiators who are not a match for the likes of a sharp used car salesman negotiator like Ramaphosa?

Do you really love your country? Please, before it is too late; make your weight felt. This is something serious. Civilisation is at stake here.

Already, the lights are going out in places where the Africans are taking over. (Just try living at Hillbrow as I do, Helen Suzman, and you would think it was so goddam lovely).

Was it all for nothing? The flight from France, fighting the East, India Company, crossing the Karoo, Graaff-Reinet, Slagter’s Nek, Blood River, Magersfontein, Ceylon, St. Helena, the Western Desert – all for nothing?

Vanweë die tradisionele agtergrond van onderwys in Suid-Afrika, met vroeëre kenmerke soos betroubare skole, Christelike uitgangspunt, leerplanne vanuit eie kultuur, moedertaalonderrig, ouerbeheerde skooladministrasie en veilige skoolterreine, was onderwys nie anders gesien as skoolgebaseerde onderwys nie. Die afgelope 28 jaar met die nuwe staatkundige bedeling het fundamentele verskuiwings ook die onderwysopset radikale veranderinge laat ondergaan.

Dit geld veral Afrikaner-eie onderwys deur medium Afrikaans wat algaande verskraal word, die Christelike benadering wat vervang word deur sekularisme, lyfstraf wat gekriminaliseer is, die Afrikaner-geskiedenisleerplan óf erg verdraai of uitgefaseer, ens. Daarby bevind die minderheid blanke skoliere hulself dikwels te midde van oorwiggetalle swart en bruin skoliere met bepaalde lewensstandaarde, terwyl talle skoolterreine tonele van geweldpleging en dwelms geword.

Dit is waarom gekyk word na ander opsies waar kinders onderwys kan ontvang in 'n kultuurvriendelike milieu, steeds op hoë akademiese standaard, met goeie buitemuurse en sportgeleenthede en in ʼn veilige fisiese omgewing. Die gevolg is dat tuisskoling, wat reeds in 1996 met die aanvaarding van die nuwe Skolewet gewettig is, ʼn wesentlike opsie geword het.

Dit het daartoe gelei dat die aantal kinders in SA wat tuisonderrig word, skerp toegeneem het en tans staan op sowat 32 500, maar steeds slegs 0,2 % van die totale aantal leerders in SA op skool uitmaak. Hierdie syfers wissel van provinsie tot provinsie, terwyl die neiging is dat dit onder blankes hoër is as by ander bevolkingsgroepe.

Nietemin, hoewel steeds relatief klein, groei tuisskoling met rasse skrede, terwyl andersyds 'n groot behoefte bestaan aan topgehalte en geakkrediteerde Afrikaanse leerplanne vir die tuisskoolbedryf. Dit is teen hierdie agtergrond dat hierdie fokus in Ditsem Nuus gedoen word, met aandag aan aspekte soos die voor- en nadele van tuisskoling, die vereistes vir gehalte tuisonderrig, watter hulpmiddels en rugsteun beskikbaar is om professionele tuisskoling te skep, wie onderskeidelik diensverskaffers en rolspelers in die bedryf is, wat die nuutste tendense is, ens.

In geheel met die fokus het Ditsem Nuus bevind dat veral wat Afrikaans betref, 'n professionele en lewenskragtige tuisskoolbedryf besig is om tot ontluiking te kom.

Die tragiese verval van SA onder die patetiese ANC-bewind word grafies weerspieël in die gevallestudie van Newcastle Munisipaliteit, soos soos volg verwoord in ‘n mediaverklaring van die VF Plus:

“Die ANC het Newcastle in 2009 oorgeneem met geen korttermyn-skuld nie en met kontantreserwes van R270 miljoen. Teen Junie 2013 was die kontantreserwes uitgewis en die geld is hoofsaaklik gebruik vir bedryfsuitgawes.

“Tussen 2012 en 2015 het die munisipaliteit R544 miljoen by ABSA en die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika (OBSA) geleen ten spyte van teenkanting van die opposisie en waarskuwings dat die munisipaliteit die lening nie sou kon terugbetaal nie. Teen Junie vanjaar (2019) het onbefondsde bedryfslaste R876 miljoen beloop, skuld aan Eskom R195 miljoen en aan Uthukela-Water R95 miljoen.

“Die oorbesteding van die begroting oor die afgelope vyf jaar het gelei tot 'n kontanttekort van R849 miljoen vir 2018/19 vanaf ʼn tekort van R422 miljoen in 2015/16. Oor die afgelope twee jaar het vrugtelose en verkwiste uitgawes tot so ʼn mate buite beheer gestyg dat net die rente op die agterstallige rekening van die inkomstediens (SARS) vir 2018/19, R25 miljoen beloop het.

“Die bate/laste-verhouding vir die huidige jaar het vir die eerste keer onder ʼn faktor een gedaal wat beteken die munisipaliteit is tegnies bankrot. Die VF Plus  is veral besorg oor die kontantposisie van die munisipaliteit aangesien dit jaar na jaar verswak. Op 31 Desember 2018 het sy totale skuld reeds R1,295 miljard beloop. Skuld aan Eskom was in Februarie 2018 R71.332 miljoen en het teen 31 Januarie vanjaar toegeneem tot R192.048 miljoen. Die munisipaliteit moet nou ingevolge ʼn hofbevel R30 miljoen per maand aan Eskom terugbetaal om sy skuld te delg.”

In ʼn opsienbare artikel in Volksblad van 29 Oktober 2019 maak ʼn regsjoernalis en nie-praktiserende advokaat, Gustaf Pienaar, ʼn saak uit dat die uitspraak van die Grondwethof op 10 Oktober 2019, waarin die reg van Afrikaans op universiteitsvlak ontsê is, nietigverklaarbaar is. Hy grond sy betoog daarop dat die kanselier van die Universiteit van Stellenbosch, oud-regter Edwin Cameron, een van die 10 regters van die Grondwethof was wat op 10 Oktober die eenparige uitspraak teen Afrikaans gelewer het in die saak van Gelyke Kanse vs. Universiteit Stellenbosch (US).

Dit beteken dat die regbank wat die uitspraak gelewer het, na bewering gekontamineerd was, met ʼn ampsdraer van die een party wat ook deel van die regbank was. Voorts lyk dit asof die rektor van die US prof. Wim de Villiers persoonlik by die aanstelling van Cameron as kanselier betrokke was en wat ook skynbaar ʼn refleksie werp op die integriteit van de Villiers.

Dit gaan dus nie oor die meriete van die hofsaak nie, maar oor relevante regstegniese aspekte – soveel so dat Pienaar argumenteer dat Cameron op etiese regsgronde uit sy amp as US-kanselier behoort te bedank en so ook de Villiers as rektor, terwyl terselfdertyd die hoofregter Mogoeng Mogoeng die betrokke uitspraak tersyde behoort te stel. Dit het die verdere implikasie dat ander universiteite hulle nie gebonde hoef te voel aan hierdie uitspraak oor Afrikaans op universiteitsvlak nie

Tommie de Nysschen (55) van Orania, bekende deelnemer aan kragoptelkompetisies en in besonder die “bench-press”-afdeling oftewel in Afrikaans bankiedruk, het pas by die Afrika-bankiedrukkampioenskappe gehou 2 – 5 Oktober by die Elgro Hotel in Potchefstroom, die goue medalje met ‘n gewig van 130 kg, in sy kategorie 50 – 60 jaar en onder liggaamsmassa 83 kg liggaamsmassa, gewen. Hy oefen tans hard om te kwalifiseer vir die Wêreldkampioenskappe in kragoptel en wat insluit hurk, bankiedruk en dooiegewigoptel wat April volgende jaar in Suid-Afrika gehou word.

De Nysschen, wat sê dat die sport vir hom ʼn passie is en dat hy dit doen om fiks en in vorm te bly, moes eers by die Vrystaatse provinsiale kampioenskappe kwalifiseer en daarna by die SA kampioenskappe voordat hy aan die Afrikakampioenskappe kon deelneem.

Die item waarin hy spesialiseer is bankiedruk en hy sê hy oefen gereeld in sy tuisgimnasium by die huis.

Op die foto, De Nysschen op die podium by die Afrikakampioenskappe

Soos in vorige jare, beoog Ditsem Nuus om vanjaar weer die Geloftefeeskalender in die Desember-uitgawe te publiseer soos wat dit te Bloemfontein, Kimberley en 12 dorpe in die Vrystaat en Noord-Kaap versprei word. Terselfdertyd verskyn die Kalender natuurlik ook in die elektroniese eksemplaar, terwyl interaktiewe skakels na die Kalender geplaas word op al die digitale forums van die koerant. 

Vir vanjaar word voorts beplan om die Desember uitgawe reeds teen 25 November uit te bring ten einde mense meer tyd te gee om reëlings vir bywoning te tref van 'n Geloftefees naby hulle. In die verlede is al tot 160 Geloftefeeste landswyd asook in die buiteland in die Kalender gelys met basiese programbesonderhede.

Die 2018 Geloftefeeskalender is steeds beskikbaar by die webwerf van Ditsem Nuus www.ditsem.net, terwyl aandag ook gevestig word op die Facebookblad wat Ditsem Nuus vir die Gelofte geskep het. Vir enige inligting rakende Geloftefeeste wat lesers gepubliseer wil hê, kan verskaf word by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 053 207 0127.

  • Nogal insiggewend dat pres. Donald Trump twee Amerikaners met SA-verbintenisse benoem het in sleutelpote in sy administrasie: As nuwe veiligheidsraadgewer Robert O’Brien, wat in die tagtigerjare as Amerikaanse uitruilstudent nagraads aan die Universiteit van die Vrystaat studeer het en met ʼn boeremeisie van Burgersdorp getroud is en as nuwe Amerikaanse ambassadeur in SA Lana Marks (65), 'n Amerikaanse vrou wat in Oos-Londen gebore is.
  • Terwyl die Nuwe Wêreldorde (NWO) soos ook verteenwoordig deur die Europese Unie (EU) alles moontlk doen om Brexit te verhoed en te keer dat Britanje 'n selfstandige koers inslaan, het Britse premier Boris Johnson tot dusver nog alle teenslae oorkom en lyk dit steeds asof hy 'n haas uit 'n hoed gaan trek en Brexit laat realiseer op 31 Oktober 2019, moontlik selfs met 'n ooreenkoms.
  • In Hongkong gaan burgerlike betogings teen die diktatoriale Chinese Kommunistiese bewind vir twee maande hardnekkig voort, met geweldpleging wat al sterker afmetinge aanneem – dit tenspyte van die kwalik bedekte waarskuwing van Chinese president Xi Jiping dat “enige poging tot afskeiding van China gemaal sal word tot stof van die beendere van diegene wat dit probeer.”
  • In Barcelona, Spanje, bars geweldadige betogings los teen die tronkstraf opgelê vir nege leiers van die beweging wat onafhanklikheid vir Katalonië, as rykste Spaanse provinsie, twee jaar gelede wou verklaar; daar word steeds gepoog om uitlewering te bewerkstellig van die uitgeweke leier van die beweging, Carles Puidgemont.
  • Terwyl groot gewag gemaak word van die afsterwe van oud-pres. Robert Mugabe, word berig oor die fabelagtige fortuin van meer as $2 miljard wat hy agtergelaat het, asook hoe huidige pres. Emmerson Mnangagwa en ander Zanu-PF voorbokke hulself enorm verryk het uit Zimbabwe, vandag ʼn gebroke en bankrot land.
  • Die nuwe ultramoderne internasionale lughawe by Beijing, genaamd Starfish, is pasgeopen @ $63 miljard en ontwerp om 72 miljoen passasiers per jaar te kan hanteer.

Iemand het in ligter trant opgemerk: “Hoe ʼn wonderlike ding is die jeug nie, net jammer dit word op die jeug gemors.” Op ʼn ernstige noot, die jeug is die toekoms so vroeg as môre, veral indien daarop gelet word dat volgens die VN is daar sowat 2 miljard jongmense tussen die ouderdomme van 10 en 24 in die wêreld – die grootste jeugbevolking ooit.

Volgens statistieke SA is sowat 66% van die SA bevolking onder die ouderdom van 35 en hiervan is sowat 20% tussen die ouderdomme van 10 en 19. Die groot vraag is nou presies wat is die praktiese toekoms van hierdie jeugdiges, veral indien daarop gelet word dat werkloosheid onder die jeug in die land meer as 50% beloop, terwyl dit in ʼn land soos Japan 4,4% is en in die VSA 8,8%.

Wat die prentjie kompliseer, is, eerstens, dat SA uit ʼn heterogene bevolking bestaan met verskillende persepsies wat deur bevolkingsgroepe gehuldig word. Tweedens, hou skoolopvoeding en selfs tersiêre opleiding nie tred met snelveranderende behoeftes in die werksplek nie, wat beteken dat jeugdiges wat die werkterrein betree, nie oor vereiste vaardighede beskik nie.

Blanke jeugdiges in die land kom voorts te staan teen geweldige statutêre rassediskriminasie in die studie- en werksplek en hoe om al hierdie struikelblokke te bowe te kom. is veral vir Afrikaner-jeugdiges ʼn reuse uitdaging. Vir hoe om dit te takel, word die volgende aan die hand gedoen:

  • Oor die algemeen, is die sleutelwoord entrepreneurskap – stel jouself van die begin af in van hoe jy deur jou eie besigheid jou eie potjie kan krap en ʼn loopbaan bou. Dit is nie maklik nie, maar daar is baie inligting beskikbaar wat kan help, praat met mense wat reeds deur die meule is en in die finale instansie leer jouself deur praktiese ervaring.
  • Vakansiewerk kan uiters waardevolle ervaring en riglyne vir ‘n latere suksesvolle loopbaan verskaf. Moenie neersien op tipe vakansiewerk nie, enige vakansiewerk is beter as geen werkservaring.
  • Kry minstens een tersiêre kwalifikasie agter jou naam – ‘n papier in die hand kan deure vir jou oopmaak. Moet eintlik nooit ophou leer nie, veral wat betref tegnologiese en Internet-vaardighede. Die 4de Industriële Rewolusie is op hande – wees gereed daarvoor.
  • Vra jouself af, as die keuse net joune is, wat sal jy die graagste in werkstyd wil doen? Waarvan hou jy die meeste? Die ideal is dat jou werk jou stokperdjie moet wees.
  • Laastens, laat die diensmotief jou altyd lei. Die Woord leer ‘n mens moet dien en nie gedien wil word nie. Dit beteken ook dat geld nie jou hoofmotief moet wees nie. Maak die spreekwoord waar: Arbeid adel.

Ditsem Nuus het in besit gekom van ʼn videogreep hoe Nigeriese dwelmsmouse in feitlik elke stad in die land ook blanke meisies, sommige so jonk as 12 jaar, in hul mag kry deur geforseerde dwelminspuitings en hulle dan op gewetenlose wyse as seksslawe misbruik. Dit is 'n uiters skreiende praktyk en iets wat die blanke in SA nog nie vantevore beleef het nie.

Dit is kom neer op ‘n klad op die naam van die Afrikanervolk en het Ditsem Nuus 'n passie dat die situasie spoedeisend verbreek moet word. Derhalwe is begin om ‘n landswye projek genaamd Operasie Brandhout van stapel te stuur

om meisies en vroue uit hierdie barbaarse greep te verlos.

Vir meer besonderhede, skakel 071 558 0855 of epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Suid-Afrika is waarskynlik die land op die vasteland met die meeste miljoenêrs en dit alles met komplimente van ANC-kaderbevoorregting. Dit blyk bv. uit onlangse syfers van die DA wat toon dat die regering tans jaarliks sowat R30 miljard in belastingbetalergeld spandeer om ʼn totaal van 27 650 senior- en middelbestuurders in die staatsdiens te onderhou @ gemiddeld R1,4 miljoen per jaar per bestuurder. Dit beteken dus dat 27 650 persone op miljoenêrs lewensstandaard onderhou word met belastingbetalergeld.

Dit is in kontras met die gemiddelde jaarlikse salaris van R169 466 vir ʼn polisiebeampte, die gemiddelde jaarlikse salaris van R273 209 vir ʼn onderwyser en R302 000 vir ʼn verpleegster. Volgens die berekening van die DA sou indien die staatsdiens met die helfte verklein word, kan onmiddellik addisionele 175 000 polisiebeamptes, 54 000 onderwysers en 49 000 verpleegsters aangestel word.

Ook insiggewend in hierdie verband is dat volgens inligting deur die DA bekom, bestee die regering jaarliks sowat R3,5 miljoen op elke voormalige president en sy gade en sowat R2 miljoen per jaar op elke voormalige adjunk-president, vanaf FW de Klerk tot Jacob Zuma. Dit is om hulle volle leefstyluitgawes te betaal.

Wat meer is, by die meeste staatsondernemings soos Eskom, SAA, SA Poskantoor en andere beloop die salarisrekening die grootste enkele item – ongeveer 70% van die totale begroting. Hierdie alles terwyl die gaping tussen ryk en arm in SA van die grootste ter wêreld is en volgens die webwerf www.ceicdata.com die gemiddelde per capita inkomste in SA slegs sowat R96 000 per jaar is.

Ook miljoene swart burgers krepeer van ellende, terwyl armoede onder blanke burgers weens rasmarginalisering pandemiese afmetinge aanneem. Dieselfde geld algemene werkloosheid, wat vanweë verskillende definisies moeilik in syfers om te sit is, maar dit prakties so is dat in sommige gebiede tot soveel as 90% van inwoners werkloos is.

In die finale instansie is die groot rooilig wat flikker, die feit dat die staatskas feitlik dolleeg is en dat totale staatsinkomste tans van R317,99 miljard oorskry word deur totale staatsuitgawes van R375,45 miljard. Die aanduidings verder is dat die geldelike posisie van talle van die “staatsmiljoenêrs” hierbo genoem, sodanig is dat indien hulle een maand se salaris mis, dan vou hulle onder hul persoonlike skuldverpligtinge.

Dit kan beteken dramatiese toename in werkloosheid en gevolglike maatskaplike onrus. Dus is die prentjie talle staatsondersteunde miljoenêrs in SA, maar die soustrein dra daartoe by om die land op 'n mespunt te balanseer.

Die onlangse uitspraak van die Grondwethof by monde van hoofregter Mogoeng dat lyfstraf van kinders deur hul ouers in ouerhuise onwettig is, druis reëlreg in teen die voorskrifte van die Bybel soos in o.m. Spreuke 23: 13-14: Hou die tug nie terug van die seun nie; as jy hom met die roede slaan, sal hy nie sterwe nie. Jy sal hom wel met die roede slaan, maar sy lewe van die doderyk red.

 

Dit plaas ouers in ʼn situasie om te kies tussen gehoorsaamheid aan God en gehoorsaamheid aan die wet van die land. Die Bybel sê daar is geen keuse nie – jy moet God ter alle tye gehoorsaam wees. Wat ʼn uitdaging vir ware Christene!

Die ironie is dat “geweld” teen 'n kind word as onwettig verklaar, maar wat van gewettigde geweld (aborsies) teen die ongebore kind - inderwaarheid moord? Mag ongebore kinders, uitgelewer aan omstandighede totaal buite hul beheer, om die lewe gebring word?

Hier is ongelooflike dubbele standaarde wat onvolhoubaar is, maar vir die praktiserende Christen nie 'n dilemma behoort te wees nie.

Die skrikwekkende afmetinge wat die moordsyfer in Suid-Afrika aanneem, is in 'n verslag van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) verlede maand aan die orde gestel en waarin aangedui word dat die jongste SAPD misdaadstatistiek tesame met vorige statistiek toon dat sedert 1994 in SA sowat 500 000 mense vermoor is en 1 miljoen verkragtings plaasgevind het. Dit beteken oor die afgelope 25 jaar gemiddeld sowat 20 000 moorde per jaar oftewel 1 670 per maand of nagenoeg 55 per dag.

Wat die tragiek van hierdie statistiek des te erger maak, is 'n terugflits op TV van die Rugby Wêreldbekereindstryd in 1995 op Ellispark en die euforie op die gesigte van die toeskouers en mense in die strate. Almal reken dat met die nuwe staatkundige bedeling het vir SA die paradys as’t ware aangebreek, maar min het kon dink dat mettertyd gaan 'n halfmiljoen landsburgers vermoor word, talle van hulle op die mees gruwelike wyse.

Normaalweg wil 'n koerant nie sulke negatiewe nuus publiseer nie en word die volle impak eerder half verdoesel. Dit is die neiging in die hoofstroommedia in die land en daaroor kan gevra word, is dit om mense te sus, of het mense net gewoonweg algaande meer gevoelloos geword?

Nietemin, hier kom 'n uiters tragiese toneel na vore – 'n toneel wat vir blanke landsburgers en spesifiek vir Afrikaners nog ontstellender word indien dit verder ontleed word. Dit blyk naamlik dat van die groot getal moorde op blankes dit na raming in 95% van gevalle deur swartmense gepleeg word, terwyl aan die ander kant die persentasie wit op swart moorde onbeduidend klein is.

Sonder om ras 'n faktor te maak, is dit wat die harde feite toon: Volgens statistiek van TLU SA vanjaar vrygestel, is 1 125 plaasaanvalle tussen 1990 en 1999 aangemeld, 1 407 plaasaanvalle in 2000 – 2009 (styging van 22%) en 2 616 plaasaanvalle vanaf 2010 – 2 019 (toename van 60%) – in totaal 5 148 plaasaanvalle. In hierdie aanvalle, baie waarvan noodlottig was, was dit bykans 100% swart op wit, terwyl in 'n klein getal dit swart op wit was en feitlik 0 wit op swart.

Volgens die organisasie ToekomsVonk was daar vanjaar vanaf 1 Januarie tot 30 September 350 plaasaanvalle en 41 plaasmoorde in SA, met die oudste slagoffer 96 jaar en was daar gemiddeld 4 aanvallers per voorval, met in een geval 20 aanvallers. Die swart-wit ratio bly min of meer dieselfde.

Tot hier is net met plaassyfers gedeel, maar deurentyd gaan ook moorde en aanvalle in dorpe en stede op blankes onverpoosd voort, 'n idee waarvan verkry kan word indien gelet word op die volgende lys gepubliseer deur South Africa Today News van moorde net in September en vroeg Oktober 2019 in stede en dorpe in soverre kennis gedra word:

  • Gert Pretorius van Vryheid, KZN - doodgeskiet en sy bakkie gekaap nadat hy na 'n lokasie gelok is onder voorwendsel van klandisie vir sy aluminiumonderneming.
  • Galoopy van Staden, sakeman van Meyerton, Gauteng - doodgeskiet deur 'n kaper, moontlik ook onder voorwendsel van voorgenome klandisie.
  • Shaun Krull, - boer op sy plaas in Oos-Kaap doodgeskiet.
  • Miemie Frost (72), bejaarde vroueboer op haar plaas in Bethlehem, Vrystaat, haar lyk in plaaslike begraafplaas gestort.
  • Tiaan van die Wes-Kaap - sy van onbekend, maar sy lyk is in 'n park met meswonde gevind.
  • Wynand Labuschagne (27), doodgeskiet deur rowers in sy woonstel in Brentwood Park, Kemptonpark.
  • John Barnard (83), Gouritsmond, Suid-Kaap, afgetrede predikant, in sy huis vermoor.
  • Peter Henson (80), in sy huis in Sedgefield, Wes-Kaap vermoor.
  • Karen Turner (31), doodgesteek in 'n gastehuis in Hluleka Wildreservaat, Oos-Kaap, terwyl sy en haar man Matthew geslaap het; sy was 3 maande swanger en hul 23 maande oue seun Hayden was ook in die kamer; Matthew kritiek maar oorleef steekaanval.
  • Florence Dilworth (55) van Durban gesteek en wreedaardig geslaan nadat sy niksvermoedend 'n taxi wou haal oppad kerk toe, maar wat inderwaarheid gekaapte voertuig was; haar lyk langs die pad gevind.
  • Barbara Joubert, naak en erg geslaan naby Daspoort-tonnel in Pretoria gevind, kort daarna in hospitaal oorlede.
  • Ryno Eagar van Witbank, met mes doodgesteek.
  • Christiaan Peens van Klerksdorp, skynbaar deur taxi doodgery, lyk eers 3 maande later naby ongelukstoneel gevind.
  • Gary Goslin (56), in sy huis met goeie veiligheid in Elandia, Klerksdorp, vermoor gevind.
  • Jeanette van Wyk (83) van Schweizer-Reneke, sterf aan hartaanval veroorsaak deur erge skok van inbrekers in haar wooneenheid in verswakte-afdeling van ouetehuis.
  • Delores Ireland (77), vasgebind en verwurg aangetref in haar huis Bluff, Durban.
  • Frik Roodt (66) , doodgeskiet tydens huisroof in sy huis in Empangeni, KZN.
  • Rina Groenewald (69), naakte liggaam verwurg gevind in haar oumawoonstel Henley-on-Klip, Gauteng.
  • Arvitha Doodnath, jong regsdosent, by Vaal Universiteit van Tegnologie, Saterdagaand in Johannesburg doodgeskiet tydens motorkaping.
  • Agnes Elaine Burns (91) in Rosemary Landton (87) vermoor in aftree oord in Port Elizabeth, 5 verdagtes 4 mans en vrou in hegtenis, vrou versorger by oord.

Hierdie lys sluit uitdruklik nie die aantal plaasmoorde in wat gedurende dieselfde tydperk plaasgevind het nie en wat in 'n afsonderlike lys beskikbaar is – 'n lys wat grusame detail van dieselfde aard bevat. Die punt wat gemaak word, is dat 'n slagting deurlopend plaasvind, verreweg swart op wit en dat dit om verskeie redes toegelaat word om grootliks ongehinderd voort te gaan.

Derhalwe die volgende punt in die ontleding: Kan hierdie situasie inderdaad gesien word as 'n terreurveldtog? Wat is die agenda hieragter? Is hierdie in effek 'n onverklaarde burgeroorlog?

'n Derde punt in die ontleding is die menslike drama wat in hierdie situasie afspeel: Hoeveel leë plekke is nie gelaat aan gesinstafels, in families en in vriendekringe nie?   Hoeveel trauma lê nie opgesluit in hierdie voorvalle nie? Hoe diep lê die fisiese en emosionele letsels waarvan herstel moet word? Wat is die skade aan die ekonomie, aan gemeenskappe aan dierelewe, aan die natuur, ens.?

Die ontleding bring in die vierde plek 'n diepere ironie na vore en dit is om te let op bv. die huidige rasseherrie rondom die kop van die blanke Springbokrugbyspeler Eben Etzebeth. Nadat hy en vriende met bruin mense by ʼn kuierplek in ʼn onderonsie betrokke was en geen bewerings nog gestaaf is nie, word hy te midde van 'n mediabohaai deur die MRK by die Gelykheidshof aangekla van rassisme - dít terwyl nie in een enkele van die gevalle hierbo genoem, rassisme genoem is of 'n menseregtesaak aanhangig gemaak is nie.

Die ontleedmes kan selfs nog dieper ingelê word om, in die vyfde plek, te toon dat blanke mans deur o.a. Afrikaanse akademici uitgekryt word as die eintlike rassiste in die land. So het bv. prof. Anton van Niekerk van Stellenbosch in ʼn koerantrubriek die skuld vir rassewrywing in die land vierkantig op die skouers van spesifiek blanke mans geplaas. Dit is opgevolg in ʼn koerantbrief deur prof. Willie Esterhuyse ook van Stellenbosch waarin hy o.m. verklaar: “Wit rassisme is ʼn historiese, politieke, teologiese en sosio-ekonomiese verskynsel en ʼn werklikheid. Alle moontlike morele, politieke en maatskaplike kanonne moet daarop losgetrek word.”

Aan die hand van hierdie ontleding kan ten slotte gevra word, waarheen stuur hierdie situasie – die toekoms van Suid-Afrika as 'n land – uiteindelik af? Wat is die wyer implikasies? Wat gaan spesifiek die Afrikaner as volk doen met hierdie feite op die tafel? Dit is alles vrae wat tydsgebonde beantwoord moet word, want die patroon gaan onverpoosd voort en gaan die feite vir November en verdere maande waarskynlik dieselfde wees.

Met dinge in Suid-Afrika wat lelik skeef loop en dit met die land slegter gaan as ooit in die geskiedenis, word die vraag of vrae gevra wat die redes is, of wat ons kan doen om die situasie te beredder? Gewoonlik is die antwoord iets in die lyn van ons moet ons voor God verootmoedig en terugkeer na sy voorskrifte soos in die Bybel.

Met die strekking van die antwoord gaan ons akkoord, want dit is alleenlik by God-Drieënig waar die antwoord en oplossing lê. As ons dit dan wil doen, wat van die vierde gebod, heiliging van die Sabbat? Komende Sondag is die kwarteindstryd in die Rugby Wêreldbeker tussen die Springbokke en Japan en word rondom dit ʼn groot euforie opgeblaas – sonder om te noem dat dit sport op Sondag/die Sabbat is en dus verbreking van die vierde gebod.

Het ons so afgestomp geraak dat hierdie gewaande tikkie wêreldglorie belangriker geag word as die voorskrif van die Skepper van die mens – en dus ook die wel en weë van ons in hierdie land?

Span die natuur in teen plaagbestryding!

Veeldoelig – selfs teen jakkalse en kraaie

Nuwe baanbrekerstegnologie waardeur die natuur op unieke wyse ingespan word vir plaagbestryding asook vir ander opbouende toepassings, is sowat twee jaar gelede deur die maatskappy Agri Frequencies (Pty.) Ltd. van Benoni aan die Oos-Rand op die mark beskikbaar gestel. Gebaseer op internasionale navorsing oor jare sedert die vorige eeu en wat deur Jan du Plessis van Agri Frequencies met sy eie navorsing vir Suid-Afrikaanse toestande verfyn is, werk die tegnologie basies op die beginsel van die natuurlike frekwensies van kwartskristalle wat aangewend word om die frekwensies van organismes te manipuleer.
Dit behels dat frekwensies wat uit radioniese navorsing ontwikkel is, deur kwantumfisiese aanwending die frekwensies van organismes óf positief of negatief manipuleer. Alle organismes beskik oor natuurlike frekwensies en as hierdie frekwensies ekstern aangevul word, bevorder dit die groei en potensiaal van die organisme, maar as die frekwensies buite hul ritme gestel word, dan lei dit tot die degenerasie van die organisme en die dood daarvan.
Frekwensies vanaf kwartskristalle word in verskillende formate vir verskillende doeleindes opgestel en wel sodat dit altyddurend uitstraal. As sulks word dit deur Agri Frequencies kommersieel beskikbaar gestel vir o.a. plaagbestryding, die stimulering van plante en grondorganismes en die verryking van water.
In die praktyk het die toepassings van Agri Frequencies fenomenale sukses opgelewer. So bv.  is boere in die Karoo, Oos-Kaap, die Vrystaat en Namibië baie tevrede nadat toepassings roofdiere weggejaag het en is hul skape rustiger en in beter kondisie. Jakkalse en rooikatte het die wyk geneem - dit alles nadat Agri Frequencies hul nuwe kristaltegnologie geïmplementeer het.
Solank as roofdiere gejag word, teel hulle steeds aan, maar waar hul area kleiner gemaak word, beperk hulself hul aanteel en kom die natuur weer in balans. Die proses is effektief en boere vind dat van die jakkalse wat binne hul jakkalsdraad vasgekeer was, nie meer lammers vang nie, selfs al loop hulle in dieselfde kamp, want hul pense is leeg hulle het vermaer.
As gevallestudie sê Giel van Niekerk van Prieska dat foto's van kameras wat hy opgestel het by suipkrippe toon dat geen jakkalse of rooikatte suip meer daar water nadat hy produkte  van Agri Frequencies ingestel het nie. Hulle sien ook nie meer spore van die roofdiere daar rond nie.
Baks Laubscher van Marydale sê sy spoorsnyers tel ook nie meer roofdierspore op nadat Afri Frequencies ingetree het nie. Wat meer is, die skape van die buurman kom nou teen die draad na sy weiding, waarskynlik omdat die jakkalse hulle aan die anderkant pla.
Agri Frequencies pas selfs effektief toe wat betref kraaie wat lammers se oë uitpik. Die uitfase-frekwensies van Agri Frequencies is hoewel subtiel, nogtans sterk genoeg om rotte en insekte te dood en terselfdertyd roofdiere en voëls in die teikengebied te verwilder.
Ander toepassings van Agri Frequencies-produkte is dat dit plante 30% minder water laat gebruik, met waterstrukturering wat ook oor die oppervlakte versend kan word, so goed soos reën. Gestruktureerde water is watersuiwerend, maak pype, ketels en geisers skoon en hou krippe en damme algevry.
Voorts kan deur 'n verskeidenheid van toepassings bosluise, parasiete en vlieë beheer word, frekwensies kan in-fase aangewend word om plante en diere beter te laat presteer en deur veldstimulasie kan die drakrag vir vee verhoog word.
Meer in besonderhede behels die metodes van Agri Frequencies dat foto's van roofdiere geneem word om hul frekwensies bepaal en dan word daarmee 'n teenfrekwensie ontwikkel waardeur die spesifieke spesie gemanipuleer word.
Elke organisme het sy eie frekwensie en word uit-fase gekopieer deur ook daarvan 'n foto te neem, wat dan met 'n kwantumskandeerder in kristalpoeier ingekopieër word.
Die behandelde kristalpoeier word met 'n kwantumsender gestuur na enige afgebakende area op aarde met behulp van 'n lugfoto en word dan vir daardie area geaktiveer. Die proses is akkuraat en teiken slegs die geselekteerde spesies in die bepaalde teikenarea. Die metode van kristalfrekwensies is in opsigte uiteraard veel ekovriendeliker, veiliger en meer gevorderd as chemiese middels.
Die toepassings en produkte van Agri Frequencies is bekostigbaar @ slegs R10 per ha per jaar, met spesiale korting vir boere met groot gronde  of waar boere gesamentlik bestel. Agri Frequencies bied ook 'n reeks produkte op huishoudelike skaal @ slegs R800 vir dekking van'n area met radius 40 meter.
Vir meer besonderhede oor hierdie unieke en hoogs doeltreffende kristaltegnologie,  deur Du Plessis as 'n stokperdjie begin en oor 'n tydperk van 28 jaar ontwikkel, besoek www.agrifrequencies.com, of kontak Du Plessis by 082 429 4055 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees., of skakel die area-agent vir sentraal-SA Danie Minnaar by 083 4177 236.

agrifreq 2

Bladsy 1 van 97
Go to top