► Abel Sithole as uitvoerende hoof van die Government Employees’ Pension Fund (GEPF) getuig voor Mpati-kommissie dat ʼn “belegging” van R4,3 miljard sonder sy medewete gemaak is uit die GEPF na die firma Ayo Technologies van omstrede Iqbal Survé; blykbaar kan of wil Ayo dit nou nie terugbetaal nie ► Mynmaatskappy Rio Tinto het sy Rössing Uraanmyn in Namibië, in produksie sedert 1976 en wat tans jaarliks sowat 4,6 miljoen pond uraan lewer, verkoop aan die China National Uranium Corporation (CNUC) vir $106,5 miljoen; Rio Tinto het sedert 2017 beleggings van $11,2 miljard uit Namibië onttrek ► Nuwe Minister van Water, Sanitasie en Menslike Nedersettings Lindiwe Sisulu sê in Parlement skade in die departement weens korrupsie en wanbestuur is feitlik “onmeetlik” en dat drastiese omdraaistrategie dringend nodig is ► Munisipaliteite skuld die nege waterrade en Dept. van Water R14 miljard vir waterdienste gelewer ► Adjunk-minister van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Mcebisi Skwatsha sê in Parlement dat onteiening sonder vergoeding binnekort ʼn werklikheid gaan wees, “maar onwettige grondgryp nie toegelaat sal word nie” ► Vrystaat Landbou sê massiewe armoede in Lesotho bedreig wet en orde in Vrystaat en dat dit verskillende tipes misdaad in die provinsie veroorsaak ► Volgens verslag van PwC is vergoeding van ʼn uitvoerende hoof van mynmaatskappy in SA gemiddeld sowat R16,8 miljoen per jaar en dié van ʼn finansiële hoof sowat R6,9 miljoen per jaar ► Projek VatVyf gebaseer te Orania benodig borgskap vir twee behoeftige blanke leerlinge in Bloemfontein wat as prefekte gekies is om einde vanjaar elkeen ʼn oriënteringskamp by te woon – R1 000 vir seun in hoërskool en R500 vir dogter in laerskool – kontak projekvatvyf@gmail.com of 082 773 2150 ►

Ditsem Nuus met sy gedrukte en aanlyn digitale formaat, tesame met hierdie webwerf en die weeklikse elektroniese nuusbrief DitsemBlits, bied uitstekende geleentheid vir advertering by ons teikenmark, nl. middel- en hoër- inkomste Afrikaanssprekendes veral in die sentraal-Vrystaat en Bo-Karoo, maar ook landswyd en selfs in die buiteland. Verskillende advertensiepakkette met betalingsopsies wat prys beïnvloed, asook plasingfrekwensies van keuse, is beskikbaar.

Alle advertensies in die gedrukte formaat verskyn outomaties en sonder ekstra koste ook aanlyn in die digitale Ditsem Nuus.

Vir die advertensietariewe met voorbeeldgroottes van die gedrukte formaat, kliek hier.

Vir die advertensietariewe vir advertensies op die webwerf stuur vir ons 'n epos om 'n kwotasie te kry by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Soos gesien kan word, is die tariewe uiters billik, met die tariewe vir die digitale formaat met sy landswye strekking goedkoper as die tariewe vir die gedrukte formaat.

Ditsem Nuus verseker adverteerders van ons beste persoonlikke diens. Indien ’n adverteerder ons voorsien van die nodige inligting, maak ons ‘n proef en lê dit voor ter finalisering. Alternatiewelik kan ons van drukgereedmateriaal voorsien word in PDF formaat.

Ditsem Nuus spesialiseer ook in promosie-artikels bestaande uit redaksionele profiel, foto’s en dan korporatiewe besonderhede (logo en kontakbesonderhede).

Om te adverteer, kontak ons gerus by 051 436 0552 of 082 773 2150 of epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees., of vul onderstaande in en stuur vir ons.

 

Joomla forms builder by JoomlaShine

Bladsy 96 van 96
Go to top