► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Vrae aan die besoeker (53)

Waar gaan SA heen as Grondwethof sê term "swart man" is rassisties? Wat van "wit man"?

Wie dink jy moet die Springbokkaptein wees vir die toets teen Wallis op 2 Junie 2018 in Washington?

Wat dink jy is die beste strategie vir Afrikaners vir oorlewing as volk op die langtermyn?

Wat dink jy van die bewering dat "apartheid" 'n misdaad teen die mensdom was?

Wat dink jy van die toekoms van die Afrikaner as 'n volk in eie reg?

Wat dink jy daarvan dat regsinnige blankes in Suid-Afrika oor grondgryp vasstaan en sê ons grond is wettiglik ons grond, ons voorouers het hard gewerk daarvoor, ons werk eerlik en hard daarvoor en ons gaan dit nie prysgee nie?

Wat dink jy van die geweldige kritiek van Suid-Afrikaners van alle kante op die besoek van AfriForum aan die VSA?

Dink jy daar is Afrikaners wat mede-Afrikaners aan die slaap help sus sodat die ANC hul Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) kan deurvoer?

Hoe kan die drakoniese Wetsontwerp op Elektroniese Kommunikasie, wat ingrypende regeringsbeheer oor die Internet wil instel, gekeer word?

Bladsy 3 van 4
Go to top