► Skerp verdeling in kerkgeledere nadat ds. Riaan de Villiers van NG Groote Kerk in Kaapstad nagwaak hou in solidariteit met Moslems van Nieu-Zeeland en Moslems “broers en susters” noem ► Ds. Schalk Strauss van APK Pretoria en ander Christelike predikante wys daarop dat “ʼn mens net ʼn kind van God kan word as jy Christus as jou verlosser erken”; KYK ook na die videogreep ► Eskom sê nadat aantal kragstasies weer in werking gestel is en voldoende dieselvoorraad ingevoer is, word geen beurtkrag hierdie week voorsien nie ► Eskom se verlore dekade: 12 uitvoerende hoofde, 6 voorsitters, 60 direksielede, 30 hoofbestuurders @ totale vergoedingspakket van R514 miljoen ► KYK: Berigte kom steeds in van ontsaglike verwoesting, lewensverlies en lyding in Mosambiek ná sikloon Idai – volg die skakel ► Terrorisme: Plaasaanval in Kirkwood-distrik pas berig, plaasbestuurder doodgesteek deur 4 gewapende aanvallers met balaklawas, besonderhede afgewag ► Laaste ISIS vesting in Sirië, Baghoez naby Irakese grens, deur demokratiese alliansie onder leiding van VSA uitgewis ► EU plaas steeds enorme druk op Theresa May as Britse premier en hoop om sodoende Brexit te verongeluk ► Waarskuwing uitgereik dat gewapende “stakers” in KZN dreig om vragmotors met buitelandse bestuurders op N3 te stop en uit te brand ► In SA elke dag gemiddeld 110 verkragtings van vroue, oftewel sowat 40 000 per jaar ► Parlementêre portefeuljekomitee en SAICA dring aan op vervolging van Markus Jooste en ander uitvoerende beamptes en direkteure van Steinhoff oor R159 miljard skuld aan eksterne direkteure ►
Go to top