► Beurtkrag: pres. CR en Eskom sê skuld vir Vlak 4 is sikloon in Mosambiek en Zimbabwe wat kraglyne met Cabora Bassa ontwrig ► MTN swig voor druk van Panyaza Lesufi en andere en onttrek borgskap vir Afrikaans is Groot oor deelname van Steve Hofmeyr ► Black Business Council (BBC) kondig voorneme aan om nuwe bank vir swart entrepreneurs te stig in samewerking met Reserwebank, vir verder fondse beoog pensioengeld onder bestuur van OBK ► Eerste pad van herwinde plastiek afval word tans by Jeffreysbaai gebou deur Kouga Munisipaliteit in samewerking met Skotse maatskappy MacRebur, word gesê is goedkoper as teer, maar hou langer – volg hierdie skakel ► Fooi van kurator SizweNtsalubaGobodo vir likwidasie van FBS Bank is R21,6 miljoen ► Vermoede op sosiale media dat skietery van Moslems in Christchurch, Nieu-Zeeland, vooraf beplan om simpatie vir Moslems in Nieu-Zeeland en Australië op te wek vir groter immigrasie na die twee lande soos in infiltrasie in Europa ► Nog kommentaar op sosiale media wys daarop dat Moslems wêreldwyd die grootste enkele vervolgers en moordenaar van Christene is, Somalië, Libië, Pakistan, Jemen, Iran, Sirië, Irak, Saoedi-Arabië, Egipte, Oesbekistan, Nigerië, Turkye en vele ander lande – besoek www.opendoors.org.za ► Pas verneem skietery in Utrecht, Nederland, op trem, een persoon gedood, skieter nog op vrye voet, nuus besig om te breek ► In Algerië tree pres. Abdel Aziz Bouteflika (82) ná 20 jaar af en word nuwe kabinet met Noureddine Bedoui aangewys, maar duisende betogers eis vrye verkiesing ► Luister hoe word Die Stem gisteraand by 'n konsert in Vlaandere, België, gesing in simpatie met blanke Suid-Afrikaners ►

Vrae aan die besoeker (53)

Wat sê jy van die huidige en voortdurende geboelie van blankes in SA deur swartmense net omdat hulle die getalsoorwig het?

Watter rol dink jy het Rassie Erasmus se kwotateikens gespeel in die Bokke se vernederende vertoning teen die Poemas afgelope Saterdag?

Hoe is dit dat een twiet van pres. Trump oor grondonteiening en plaasmoorde in SA vir die ANC en Agri SA in mekaar se arms injaag?

Hoekom by die grondverhore word blankes uitgejou as hulle Afrikaans praat, maar vir sprekers in swart tale word getolk?

Hoekom moet met die grondverhore blanke Suid-Afrikaners, veral Afrikaners, in plekke in lokasies in Engels gaan pleit dat hulle grond nie gesteel moet word nie?

Hoe sterk is die Afrikaner as volk? Sien Afrikaners hulself nog as volk?

Is daar bevestiging van die berigte op sosiale media van vreemde militêre voertuie met vreemmde soldate en uniforms wat op Suid-Afrikaanse paaie gesien word?

Pres. Ramaphosa: "Die Stem en vorige vlag simbole van ellende". Wie kan nog ontken dat die byl aan die wortel vir die Afrikaner lê?

Wat sê jy van die Chinese beleggings van R150 miljard beplan in Limpopo provinsie langs Kruger Wildtuin?

Wie dink jy is die beste man om vanjaar Springbokkaptein te wees?

Bladsy 2 van 4
Go to top