► OB Busisiwe Mkhwebane ondersoek nou ook pres. Cyril Ramaphosa vir bedrog voor Parlement en geldwassery met skenking ► Nuwe Minister van Gesondheid dr. Zweli Mkhize sê Nasionale Gesondheid Versekering (NGV) plan gaan geïmplementeer word – “Apartheid het gesê waaraan jy sal doodgaan, maar ANC regering gaan mediese behandeling bekostigbaar en toeganklik maak vir alle Suid-Afrikaners” ► Jongste verslag oor terreur op plase ► 27 Mei Joekie Nortje (80) en haar seun Johan (62) op plaas Nooitgedacht, Soutpansberg deur 5 aanvallers erg aangerand, o.a. met panga, Johan moet breinskandering ondergaan en Joekie fisio vir haar hande ► 5 Junie by Louis-Trichardt plaasbestuurder Ferdi Jacobs (35) deur 2 aanvallers met mes gesteek en oor kop geslaan, veg terug en aanvallers vlug ► Mediese Fakulteit van UV staak opleiding van studente van Pelonomi Hospitaal weens misdadige aanvalle deur inbrekers op dokters en mediese personeel ► Capitec nou grootste bank in SA volgens takke (840); Absa egter die meeste kitsbanke (8 961), met Standard Bank 2de meeste kitsbanke (7 140), Capitec 5 000 kitsbanke ► Gerda Steyn eerste vrou in Comrades Marathon oor 68,83 km in rekordtyd van 5:58:53 en algeheel 17de uit totaal van 21 625 atlete wat begin het ► Rafael Nadal wen Franse Tennis Ope vir rekord 12de keer – eerste keer dat tennisspeler dieselfde grand slam titel 12 keer wen ► Groot betogings in Hong Kong omdat Chinese regering op vasteland uitleweringswet wil implementeer vir Chinese in Hong Kong wat hulle soek vir “misdade” ► Krieket Proteas in Wêreldbeker vandag in reg of weg wedstryd teen Wes-Indië ►

Kommentaar (163)

Redaksionele Kommentaar

Moed kan geskep word uit die boodskap van 'n onbekende leraar by hierdie stemgreep.
Op die keper beskou, die volgende redaksionele opmerkings oor die huidige snelveranderende politieke, ekonomiese en maatskaplike toestande in Suid-Afrika: Twiet van Trump oor grond en…
Die diepgaande kloof in blanke geledere waaroor hierbo berig is t.o.v. die siening van dreigende grondgryp in SA, raak aan realiteite wat vierkantig in die…
In die huidige vuurwarm debat oor die toekoms van die Afrikaner, is dit nodig om na die basiese terug te keer en duidelikheid te kry…
Hier is my gevolgtrekking na grondonteieningsdeelname in Pretoria. Ek het na die swartmassa geluister en gehoor dat hul wense is dat grond terugbesorg moet word…
Met die aankondiging van Cyril Ramaphosa as ANC-leier afgelope Dinsdagnag is Suid-Afrika op 'n mespunt gebring soos nog nooit in sy geskiedenis nie en huiwer…
Bladsy 4 van 21
Go to top