► OB Busisiwe Mkhwebane ondersoek nou ook pres. Cyril Ramaphosa vir bedrog voor Parlement en geldwassery met skenking ► Nuwe Minister van Gesondheid dr. Zweli Mkhize sê Nasionale Gesondheid Versekering (NGV) plan gaan geïmplementeer word – “Apartheid het gesê waaraan jy sal doodgaan, maar ANC regering gaan mediese behandeling bekostigbaar en toeganklik maak vir alle Suid-Afrikaners” ► Jongste verslag oor terreur op plase ► 27 Mei Joekie Nortje (80) en haar seun Johan (62) op plaas Nooitgedacht, Soutpansberg deur 5 aanvallers erg aangerand, o.a. met panga, Johan moet breinskandering ondergaan en Joekie fisio vir haar hande ► 5 Junie by Louis-Trichardt plaasbestuurder Ferdi Jacobs (35) deur 2 aanvallers met mes gesteek en oor kop geslaan, veg terug en aanvallers vlug ► Mediese Fakulteit van UV staak opleiding van studente van Pelonomi Hospitaal weens misdadige aanvalle deur inbrekers op dokters en mediese personeel ► Capitec nou grootste bank in SA volgens takke (840); Absa egter die meeste kitsbanke (8 961), met Standard Bank 2de meeste kitsbanke (7 140), Capitec 5 000 kitsbanke ► Gerda Steyn eerste vrou in Comrades Marathon oor 68,83 km in rekordtyd van 5:58:53 en algeheel 17de uit totaal van 21 625 atlete wat begin het ► Rafael Nadal wen Franse Tennis Ope vir rekord 12de keer – eerste keer dat tennisspeler dieselfde grand slam titel 12 keer wen ► Groot betogings in Hong Kong omdat Chinese regering op vasteland uitleweringswet wil implementeer vir Chinese in Hong Kong wat hulle soek vir “misdade” ► Krieket Proteas in Wêreldbeker vandag in reg of weg wedstryd teen Wes-Indië ►

Kommentaar (163)

Redaksionele Kommentaar

Daar is tans in die volgende opsigte kennelik 'n dryf onderweg om alles van die Afrikaner in die land te kriminaliseer: Einde verlede jaar het…
Aangesien DitsemBlits 'n nuuskommoditeit is wat teen betaling beskikbaar is, word intekenare versoek om uit 'n wetlike en morele oogpunt die nuusbrief nie gratis aan…
Op ‘n uitstalling in die Britse Museum in Londen is 'n ou marinierskaart wat in 1525 geteken is. Hierdie kaart het die Noord-Amerikaanse kuslyn en…
Julius Malema het 'n groot mond oor haat vir die blanke en spesifiek die Afrikaner en doen sy bes om anargie in SA te probeer…
In die afgelope week het 'n boel slegte nuus voorgekom – dreigende grondgryp sonder vergoeding, poging om die Afrikaner-erfenis in SA te verwyder, mes in…
Die afgelope drie maande sedert Desember 2017 het dramatiese gebeure in SA die toekoms van die land ingrypend in die weegskaal geplaas. Wat dit behels…
Bladsy 10 van 21
Go to top