►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Vier nuwe buitelewe-roetes

Die volgende vier opwindende nuwe buitelewe-roetes is pas bekendgestel: • Eco Ranger Experience: Dit is 'n negedaagse ervaring in die Kruger Nasionale Park waar mense geleer word om in die bos te oorleef. Dit geskied onder toesig van 'n ervare gids en hoewel geskoei op veldwagterslees, is dit bedoel vir toeriste wat wil ontspan. • Pafuri Voetslaanroetes: Dit is in die noordelikste gebied van die Kruger Nasionale Park en, oop vanaf April tot Oktober, is dit vir meer avontuurlike buitelewe-entoesiaste wat op minimalistiese wyse die landskap wil verken. Dit geskied ook onder toesig van ervare veldwagters. • Cycle Namaqualand: Escape Cycle Tours bied 'n 8-dag, 7-nag fietstoer in Namakwaland, tussen Julie en Oktober wanneer die veldblomme in volle prag staan. Tussen 20 en 50 km per dag word afgelê o.l.v. 'n professionele gids, terwyl 'n ondersteuningsvoertuig ook die toer meemaak. Dit sluit ook in wynproegeleenthede en 'n besoek aan die Augrabies. • Cape St. Francis Hiking Experience: 'n Driedag-voetslaanervaring wat elke dag by die Cape St. Francis Resort begin en eindig en sluit in besoeke aan die Irma Booysen Flora Reserve, die Dune Ridge Nature Reserve en die Sealpoint Nature Reserve. Die roetes is maklik, is o.l.v. 'n gids en met spyseniering verskaf. Die Engelse benaminge word gegee, omdat dit so vir internasionale bemarkingsdoeleindes gebruik word. Vir meer besonderhede besoek www.tourismupdate.co.za.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top