► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Swaai na organiese produkte

Wêreldwyd is die swaai na organiese produkte van watter aard ookal opmerklik, omdat die getuienis oorweldigend is dat omgewingsbesoedeling waarskynlik die grootste oorsaak van siektes, veral verskillende soorte kanker, is. Hiervan is pesbestrydingsmiddels wat grond en water vergiftig en so in voedselsoorte beland, 'n skrikwekkende verskynsel. Gevolglik is die tendens baie sterk om in terme van nie net kos nie, maar van alle verbruikersprodukte soos kosmetiek, speelgoed, en selfs klere weg te beweeg van kunsmatige stowwe en enige iets wat negatief afskeidend is en in plaas daarvan te gaan vir sg. organiese produkte, d.w.s. produkte wat in hul vervaardigingsproses of kweekproses geen geskiedenis van besoedeling en gifstowwe bevat nie. Veral in Europa raak mense fanaties oor organiese produkte, maar in meesal Derde Wêreldlande, soos Suid-Afrika, heers baie onkunde oor die veelvuldige effekte van omgewingsbesoedeling. Dit is egter 'n saak wat ons nie genoeg vir ons lesers kan beklemtoon en op aandring nie.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top