►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Britte borg aborsie in SA

Christian Action berig in 'n mediaverklaring dat die Britsgebaseerde Royal College of Obtetricians and Gynaecologists (RCOG) kanaliseer fondse na die Universiteit van Stellenbosch (US) en die Mediese Fakulteit van die Universiteit van Kaapstad (UK) met die doel om aborsie by dokters en verpleegsters te bevorder. Hierdie pro-aborsieprogram getiteld Leading Safe Choices (LSC) is daarop gemik om dokters, verpleegsters en ander beroepsgesondheidslui te desensitiseer oor die realiteit van aborsie.

In SA is dr. Judy Kluge, hoof van die Gesinsbeplanningseenheid by die US en prof. Stefan Gebhardt, hoof van Algemene Spesialisdienste van die Fakulteit van Mediese en Gesondheidswetenskappe en van die Dept. van Verloskunde en Ginekologie aangewys as leiers van die program. Die Britse befondsing is skynbaar voldoende vir die volgende 10 jaar.

Volgens 'n artikel gepubliseer op die webwerf van die US in Julie 2017 word pro-aborsie-opleiding reeds gedoen by gemeenskapsklinieke te Mowbray, Tygerberg, Khayelitsha, Mitchell’s Plain en Michael Mapongwana. Hierdie opleiding sluit in lesings, interaktiewe sessies oor pelvismodelle en groepbesprekings. Die mikpunt is om 150 persone opgelei te hê teen die einde van die jaar.  

Volgens Christian Action is hierdie pro-aborsie veldtog in reaksie op die pro-lewe gesindheid van baie dokters en verpleegsters regdeur SA, wat aborsie beskou as babamoord. Daarom word hierdie beroepsgroepe spesifiek geteiken om 'n verandering in ingesteldheid te probeer bewerkstellig.

  Vir meer besonderhede, besoek www.christianaction.org.za.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top