► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Noodkreet vir fokus op gesinne

Tydens 'n konferensie van die FAK vroeër vanjaar onder die banier Gesonde gesinne vir ’n gesonde toekoms het dr. Henk Gous 'n pleidooi gelewer vir dringende en noodsaaklike fokus op gesinne as die onvervangbare boustene van 'n gesonde gemeenskap. Gous het daarop gewys dat aan die negatiewe kant is daar tans baie kommerwekkende omstandighede rondom gesinne in SA, maar aan die positiewe kant is gesonde gesinne een van die beste invalshoeke vir ’n positiewe toekoms.

Enkele tendense tot kommer wat hy uitwys, is die volgende:

  • 52% van gesinne in SA was in 2009 vaderloos. Hierdie kinders word dus grootgemaak sonder die emosionele en finansiële sorg van ’n vader. Hierdie vaderloosheid is minder in die wit komponent van SA, maar die 15% vaderlose gesinne onder witmense is steeds uiters belangrik.
  • In 2014 was daar by 13 676 (55.4%) van die 24 689 egskeidings wat gerapporteer is, kinders jonger as 18 jaar oud betrokke. Die totale aantal kinders wat deur egskeidings geraak is in 2014 word gereken op 22 218.
  • Die werkende komponent van ouers in SA is tans oorwerk en die lewe gejaagd. Die spanningslyn van werksdruk is byna ononderbroke omdat die tegnologie jou heeltyd in kontak hou met jou werk. Gesinne het dus minder tyd vir die gewone ouerskap van gesels en saam ontspan.
  • Die meer bevoorregte komponent van SA se kinders kry tans soms te veel fokus. In gesinne met min kinders soek ouers die beste skool en kerk en word kinders oorlaai met stimulasie van babagim tot persoonlike afrigters in sport. Die gevolg is dat 'n minderheid kinders te veel aandag kry, terwyl ’n breë massa te min kry.

Vir meer besonderhede, kontak die FAK by 012 301 1777 of besoek www.fak.org.za.

Gradeer die artikel
(1 Vote)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top