Print this page

Program teen pornoverslawing

'n Program, die Conquer Series, is pas bekendgestel om mense oor die wêreld heen wat aan pornografie verslaaf is, te help om daarvan ontslae te raak. Pornografieverslawing het in die wêreld epidemiese afmetinge aangeneem en die Conquer Series is al gebruik om sowat 450 000 mense in 65 lande te ondersteun om die verslawing te bowe te kom.

Volgens syfers verstrek kyk sowat 74% van volwasse mans na pornografie ten minste een keer per maand, kyk 68% van manlike kerkgangers en 30% van vroue gereeld na pornografie en het 50% van leraars en predikante erken dat hulle 'n persoonlike probleem met pornografie het.

Volgens die programbestuur van die Conquer Series, wat Christelik-gebaseerd is, het pornografie o.m. die volgende ernstige vernietigende gevolge: Dit is verslawend / Dit benadeel die vermoë om met 'n regte maat 'n gesonde verhouding te hê / Dit vergroot die kanse op buite-egtelikheid / Dit lei tot egskeiding / Dit bevorder seksuele misdade.

Maatskaplike navorsing en statistiek wêreldwyd toon dat pornografie inderdaad die pes van die hedendaagse samelewing is en dat dit ook hoogs bevorderlik is vir dwelmgebruik en ander maatskaplike euwels. Die probleem is dat dit met moderne media so vryelik beskikbaar en maklik toeganklik is.

Vir meer besonderhede oor die Conquer Series, besoek www.christianpost.com.

Gradeer die artikel
(0 stemme)