►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Verkeerd eet

Ditsem Nuus het nog altyd `n gevoel gehad vir `n stylvolle leefstyl - om styl te hê in jou lewensgang sonder om opgeblase of kunsmatig te wees. Dit is as`t ware deel van ons psige.

 

Daarmee saam is ons baie bewus van gesonde leefstyl, wat begin by `n Christelike uitgangspunt en wat insluit gesond eet en gereeld oefen.
In die jongste tyd het ons des te meer bewus geraak van hoe verreikend gesond eet inderdaad is - dat ons “normale” kosse en eetgewoontes eintlik baie ongesond is. Op die teenkant is die groot riglyn om jou kos in so `n natuurlike vorm as moontlik te eet.

Teen hierdie agtergrond gaan Ditsem Nuus vanaf hierdie uitgawe maandeliks `n rubriek publiseer onder die opskrif Verkeerd eet - die siekte van ons tyd. Die reeks artikels word geskryf deur Eugene Daamen van Perfect Pulse Gimnasium in Bloemfontein en daarin sal elke keer `n ander relevante aspek onder die loep geneem word.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Go to top