►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Die vrou van vandag

Die vrou van vandag https://commons.wikimedia.org/wiki/File:KOCIS_Korean_Modern_Dance_(6890005709).jpg

In hierdie spesiale fokus val die soeklig op verskillende - en bietjie buite die gewone - dinge wat die vrou van vandag aangaan.

Soos gesien kan word, sluit die buitengewone interessanthede in die verrassings wat by die byderwetse winkel Moerby wag; die positiewe kant van paaldans en die fiksheidsgeleenthede wat dit bied; die verskillende maar opwindende, uitrustings wat boetieks Circle of Friends en Christie Annelene's onderskeidelik bied; die heerlike en ontvlugtende dans- en fiksheidsklasse by Bloem Dance Connection van Elize Cogle; die gespesialiseerde en gewilde Pilates-oefeninge van Pilates Studio; en, les bes, vir die waagmoediges, valskermspring saam met Skydive Central.
Nogal 'n handvol .... en vir die dames nie net daaruit te kies nie, maar sommer alles te beproef! Komaan, jy leef net eenkeer!

Om hierby aan te sluit, het Ditsem Nuus 'n matrieknooi raakgeloop wat vakansietyd vir sakgeld 'n mieliestroper bestuur, altans die groot trekker met tapkar wat die mieliestroper bedien.

So, die vrou van vandag is 'n veelsydige een en is betrokke by baie, baie dinge.

Die vrou van vandag is ook maar net die moderne verpersoonliking van die ideale vrou soos in Spreuke 31 geteken word – gaan lees maar self: Sy is van hoë morele standaard; sy sorg vir haar man, kinders en werksmense; sy is 'n raakvatter; hou van mooi goed; is 'n entrepreneur, al is dit as tuisteskepper; sy is fluks en fiks; sy sien om na minderbevoorregtes; en sy vrees God.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top