► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Jagseisoen 2014

Oogopslag oor die wild- en jagbedryf Omvang van die bedryf

Die jag- en wildbedryf in SA is ‘n florerende besigheid waarin met oordeelkundige bestuur van wildsplase gesorg word dat die oorgrote meerderheid wildspesies voortdurend natuurlik aangevul word en in goeie getalle bly voortbestaan. Dit is nou afgesien van die tragedie rondom renosters en enkele ander bedreigde spesies.
Hoewel die wild- en jagbedryf basies gesond is, is daar ook wanpraktyke wat voorkom, soos bv. geblikte jag. In hierdie fokus gaan dit egter oor inligting oor die omvang van die bedryf.
Na raming is daar 21-miljoen stuks wild in SA waarvan sowat 16 miljoen in private besit is, d.w.s. drie keer meer as wat in staatsparke en -reservate is.
Volgens die nuuste berekening dra die jag- en wildbedryf jaarliks meer as R9 miljard by tot die SA ekonomie. Daar is ongeveer 12 000 private wildplase in die land en hulle beslaan 13% van alle beskikbare grond, waarvan die meeste marginale grond is wat nie vir ander landbou-aktwiteite geskik is nie. Die wildbedryf het sowat 20 miljoen ha marginale landbougrond omskep in produktiewe eenhede.
'n Tipiese wildplaas se ekonomiese opbrengs is ongeveer R220/ha teenoor die gemiddeld van R80/ha by konvensionele veeboerdery. Die wildbedryf skep drie keer meer werkgeleenthede as konvensionele boerdery.
Dikwels word astronomiese pryse betaal vir wild, veral die groter spesies, bv. die prys 'n buffel kan tot R2,1 miljoen beloop. Na berekening beloop die huidige totale omset van wildveilings in SA sowat R1,05 miljard per jaar.
Die jagbedryf is eweneens florerend en dit kan veral vir buitelandse jagters in die land tot soveel as R157 000 kos om 'n buffel te skiet. Volgens syfers van die Noordwes Universiteit besoek nagenoeg 9 000 buitelandse jagters SA jaarliks en bestee in die proses sowat R1,3 miljard.
In die jaarlikse jagseisoen van Mei tot Augustus, voorsien wildsvleis >10% van rooivleisbenutting in die land. In 2008/2009 was die totale bydrae tot die VPI vanuit die vernaamste landbouprodukte soos volg: Pluimvee (R20 miljard) / Rooivleis (R18 miljard) / Mieliemeel (R18 miljard) / Vrugte (R15 miljard) / Groente (R10 miljard) / Wildbedryf (R7,7 miljard) / Gevolg deur ander landbouprodukte soos melk en suikerriet.
Daar is ongeveer 300,000 jagters in Suid-Afrika waarvan sowat 85,000 lede is van SAPD-geak-krediteerde jagtersverenigings.
Ook in die sentrale deel van SA floreer die wild- en jagbedryf, hoewel afsonderlike statistieke nie beskikbaar is nie. So bv. word algemeen aanvaar dat die Vrystaat die provinsie is met die grootste leeubevolking.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top