► MRK besluit om sy hoof van regsdienste Buang Jones te ondersoek en te verbied om weer met media te praat oor sy voortydige en rassistiese kommentaar oor Eben Etzebeth-saak ► Volgens die organisasie ToekomsVonk was daar vanaf 1 Januarie vanjaar tot 30 September 350 plaasaanvalle en 41 plaasmoorde in SA, oudste slagoffer 96 jaar, gemiddeld 4 aanvallers per voorval, met in een geval 20 aanvallers ► Volgens syfers van Minister van Basiese Onderwys Angie Motshekga is daar tans 1 126 openbare enkelmedium Afrikaanse skole in die land, teenoor 1 279 in 2017; 1 112 openbare skole dubbelmedium in Afrikaans en Engels, dus tans 2 238 skole wat onderrig in Afrikaans ► Universiteit van Vrystaat weier om erflating te aanvaar vir ’n “blanke, behoeftige, talentvolle student”; hooggeregshof in Bloemfontein staan aansoek van FNB toe dat “blanke” uit die testament geskrap word ► NG Kerk Algemene Sinode besluit om formulering van beleid oor selfdegeslagverhoudings van heel vooraf te begin ► Terwyl sommige banke takke sluit, kondig FNB aan dat dit vanjaar 7 takke gaan open in Oos-Kaap, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en Wes-Kaap ► Ter viering van 70-jaar van Kommunisme in China vertoon Chinese weermag in Beijing skrikwekkende interkontinentale wapentuig – sien videogreep ► Ditsem Nuus besig om spesiale fokus saam te stel getiteld Tuisskoling: Oplossing vir onderwyskrisis in die land – enige diensverskaffer of rolspeler in die bedryf wat inset wil maak, skakel 082 773 2150 of advertensies@ditsem.net ► Projek VatVyf kry reaksie op beplande projek Operasie Brandhout om blanke Afrikanermeisies en -vroue in Nigeriese seksslawehandel in die land te probeer bevry, nog medewerkers / ondersteuners / finansiering benodig – skakel 053 207 0127 of epos projekvatvyf@gmail.com – sien videogreep ►

Steyn City – selfstandige gemeenskap

Daar is ‘n tendens om te midde van onstabiele lands- of streeksomstandighede d.m.v. massiewe eiendomsontwikkeling ‘n veilige gemeenskapstuiste te vestig – sekuriteitstad as’t ware. Voorbeelde van sulke ontwikkelings is ….. Hoewel die konsepte wyd verskil en die motiverings vir die ontwikkeling van sulke sekuriteitsdorpe of dan –stede uiteenlopend is, het hulle in gemeen dat ‘n gemeenskaplike leefareas geskep word waarbinne, met fisiese sekuriteit en toegangsbeheer omring, daar gewoon, gewerk, gekoop, ontspan en sosiaal verkeer kan word. Die Woodland Hills landgoed by Bloemfontein, hoewel relatief groot, is in die kleine tot ‘n mate so ‘n voorbeeld. Nog ‘n ontwikkeling in dieselfde rigting is Steyn City, tussen Kyalami en Fourways in Johannesburg. Dit is die breinkind van Douw Steyn, eienaar van Auto & General en wat eintlik in London woon. Steyn City strek oor 809 ha, het ‘n veiligheidsmuur van 20 km, maak voorsiening vir uiteindelik sowat 10 000 residensiële opsies, het sy eie sakesentrum en ontspanningsgeriewe waaronder ‘n 100 km lange hardloop roete, onder andere. Die kompleks is ses keer groter as die Sandton sakekern, vier keer groter as Monaco en bykans drie keer groter as Central Park in New York. Fase 1 van Steyn City, wat o.m. 93 wooneenhede, 19 vrystaande huise en 220 erwe, tesame met ander volledige infrastruktuur behels, is pas voltooi teen ‘n totale bedrag van R6,5 miljard. Dit wil voorkom of al die residensiële eiendomme onmiddellik uitverkoop is. Hoewel hier van groot dink gepraat word, wys die praktyk dat binne die kompleksiteit van Suid-Afrika sulke ontwikkelings nie onhaalbaar is nie. Foto: www.farquharson.co.za

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top