►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

'n Nuwe en verbeterde jy

Ek wil begin met die basiese, want soos enige iets in die lewe is dit om die basiese dinge reg te doen, wat sukses verseker dit geld ook oefening en voeding ("nutrition").
In hierdie reeks artikels wil ek stap vir stap met julle deel wat volgens die Woord en daaruit volgens gesonde verstand 'n gesonde gees en 'n gesonde liggaam behels.
Om egter daarby uit te kom, is dit nodig om 'n paar mites en valse veronderstellings wat vandag as "waarheid" en "normaal" aanvaar word, aan die lig te stel. Dit alles kom daarop neer dat verkeerd eet vandag dié siekte van ons tyd is. Soveel siektes vandag en ander probleme waarmee ons worstel spruit uit verkeerde eetgewoontes en kosse - en voeg sommer daarby verkeerde tipes vloeistowwe wat ons drink.
'n Paar dinge wat jy nie moet doen nie:

  • Val vir die sg. vetvrye en lae GI produkte
  • Gaan vir 'n erge kaloriebeperkte dieet
  • Daardie gesondheidskosse eet wat met 'n advertensie kom
  • Gebruik aptyt onderdrukkende middels, dieet inspuitings en dieetstrope

Die basiese probleem met hierdie middels is dat dit feitlik totaal kunsmatig is en bitter min natuurlike voedsame koselemente bevat en die feit is dat ons liggame geskape is om die beste te reageer op kos in so natuurlike vorm as moontlik. Kunsmatige middels is vreemd vir ons liggame en daarom reageer dit gewoonlik negatief. Daardeur ontstaan allerlei wanbalanse en sodoende 'n eskalerende negatiewe situasie, wat dan ook feitlik sonder uitsondering omsit in verskilende siektetoestande en dikwels obesiteit.
Van hierdie siektes is kanker, diabetes, metaboliese sindroom, Alzheimer's, Parkinsons, hartsiektes, aandagafleibaarheid en vele meer.
Ek wil in die opvolgende artikels meer besonderhede hieroor verskaf en ook aandui dat verwerkte suiker een van die grootste sondebokke en oorsaak van siektes is. Nog 'n groot sondebok is te veel suur in ons liggame, maar meer besonderhede hieroor en oor ander faktore in opvolgende artikels.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top