► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Alternatiewe leefstyl wen al meer veld

Daar is al meer getuienis dat die leefstyl van 'n mens tot 'n groot mate jou kwaliteit van lewe bepaal. Kwaliteit van lewe word dan gedefinieër deur die mate van jou gesondheid, jou produktiwiteit, jou beweeglikheid, jou selfbeeld en jou verhouding met mense.
Die realiteit van die hedendaagse lewe is egter dat die aard daarvan gewoonlik juis lei tot 'n lewenstyl wat allerlei siektes, stres en algemene daling in lewenskwaliteit tot gevolg het. Die moderne voedsel- en drankbedryf, die farmaseutiese en mediese bedrywe, die geriefsvoordele van die ongekende gemotoriseerde en tegnologiese era en 'n algemene vervlakking in lewenswaardes veroorsaak 'n vloedgety teen 'n persoonlike gesonde leefstyl.
Dit is dus geen wonder dat al meer stemme opgaan ten gunste van 'n alternatiewe leefstyl wat by werklike lewenskwaliteit uitkom. Hierdie stemme word gevind onder bepaalde wetenskaplikes, fiksheidskundiges en oor 'n breë spektrum van die denkende mens in die straat.
Dit moet beklemtoon word dat hierdie siening van 'n alternatiewe leefstyl in die minderheid is en eintlik indruis teen 'n magtige algemene stroom in die wêreld vandag. Desnieteenstaande groei die ondersteuning van 'n alternatiewe leefstyl bestendig, omdat die praktiese bewyse ten gunste daarvan onomstootlik is.
Die uitgangspunt vir 'n alternatiewe leefstyl is dat dit in die eerste plek gebalanseerd moet wees tussen al die volgende noodsaaklike elemente:
Gelukkige gesinslewe
Die innerlike vrede wat net die Christelike geloof kan bring
Godsdiensbeoefening
Gesonde eetgewoontes
Harde werk, maar net tot 'n punt
Doelgerigte fisiese oefening
Tyd vir ontspanning
Genoeg slaap
Werklike omgee vir ander
Rook slegs as jy 'n lang selfmoord verkies
Respek vir die natuur
'n Volhoubare persoonlike waardestelsel
Oor elk van hierdie elemente kan natuurlik in detail uitgewei word, maar daar word vir doeleindes van hierdie artikel volstaan met die volgende tersaaklike opmerkings:
Wat ons eet en drink, het 'n geweldige invloed op ons lewens. Dit beïnvloed nie net ons gesondheid op die kort-, medium- en langtermyn nie, maar ook hoe ons funksioneer in die lewe.
Die kort en die lank van die storie is dat baie van die voedselprodukte wat vandag vir kos deurgaan, geensins voedsaam is nie, maar fabrieksvervaardigde chemiese samestellings is. Dit is dus eerder "vulsels" as "kos". Die groot riglyn is om absoluut sover as moontlik kleurmiddels, geurmiddels en preserveermiddels te vermy.
Nog 'n punt wat ruimte hier toelaat, is om kitsdiëte en kunsmatige aanvullings te vermy. Dit wat die Skepper oorspronklik vir die mens gegee het om te eet, maak nie vet nie, net versadig.
Wanvoeding - verkeerd eet - is 'n groot probleem in omdat mense te min minerale en vitamiene inkry. Volgens 'n verslag van die SA Akademie vir Wetenskap (Asaf) word vertraagde groei by tot 25% van kinders in die land aangetref, regstreeks a.g.v. wanvoeding. In hierdie verband is oormatige verwerkte suiker in talle "voedselprodukte" die groot sondebok.
Doelgerigte fisiese oefening is nog 'n noodsaaklikheid waarby kortliks stilgestaan word. In 'n Kanadese video op Youtube getiteld 23½ hours: What is the single best thing we can do for our health? word wetenskaplik getoon dat 'n halfuur se oefening elke dag die beste teenvoeter is vir moegheid, diabetes, hoë bloeddruk, Alzheimers, ens. Voorts word bewys dat onaktiwiteit die grootste bydraende faktor is tot sterftes, hoë bloedruk en hoë cholesterol.
'n Pragtige voorbeeld van reg eet en oefening is die huidige Mej. Suid-Afrika, Rolene Strauss, wat met die kompetisie vroeër vanjaar in die Sun City Superbowl eenvoudig uitgestaan het tussen die ander deelnemers. Agterna is berig dat 'n gesonde leefstyl van reg eet en hoë-intensiteitsoefeninge haar gehelp het tot die voorkoms, sprankel en selfvertroue wat sy openbaar.
'n Verdere leefstylfaktor: Wat ons aan ons liggame smeer - sg. velmiddels, sjampoes, kosmetiek, ens - kan vanweë inherente skadelike bestanddele gesondheid en natuurlike vermoëns verbasend nadelig beïnvloed.
Kyk gerus mooi op die die etiket van elke produk wat aangekoop word!
Weereens, is goeie advies om sover moontlik by natuurlike produkte en bestanddele te bly.
Wat baie mense mag verbaas, is die kwessie van medikasie en inentings. Terwyl aanvaar word dat ons die mediese wetenskap nodig het, besef al meer mense dat talle medikasies en entstowwe gevaarlike bestanddele bevat, veral vir kinders. Doen gerus self navorsing en, sonder om mislei te word, let op onweerlegbare feite in hierdie verband.
Daar is ook navorsingsresultate wat betroubaar daarop dui dat baie van die skadelike chemiese stowwe wat vandag in kos en ander preparate voorkom, 'n fisiese geestelike apatiese effek op die menslike psige het. Dit takel geestelike weerstand af, bestry onafhanklike denke en maak mense meer geneë om met die breë samelewingstroom saam te gaan.
Nog dieper navorsing oor wat in die verbruikersera waarin ons leef, skadelik is vir menslike gesondheid, bring aan die lig dat daar 'n doelbewuste kwaadwillige beweging onder multinasionale maatskappye in die wêreld is om mense siek te maak, want siek mense is groot geld - miljarde der miljarde rand.
Dit is in 'n sekere sin 'n gevaarlike ding om te sê, maar dit is ook deel van die alternatiewe leefstylsiening wat besig is om teen die algemene stroom in te swem.
Hiermee is slegs enkele verfhale op die doek getrek om 'n prentjie te skets van 'n alternatiewe leefstyl wat besig is om in toenemende mate gevolg te word.
Die punt is, God het die mens oorspronklik gesond geskape, hom kos gegee wat die beste met hom akkordeer en hom in 'n natuurlike omgewing geplaas wat die mees heilsame vir hom is. Dit is steeds op hierdie spore, hoewel soms dof of selfs verdwene, waar steeds die beste pad te vind is.

 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top