► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Porno: Pes van ons tyd

Dit is oral sigbaar - die vloedgolf van pornografie wat die koms van die Internet en digitale kommunikasie oor die wêreld, ook oor Suid-Afrika, losgelaat het.
Die verwoesende gevolge is eweneens daar om te sien - talle huwelike en gesinne breek op as gevolg daarvan, kinders word prematuur aan die sedeverdorwenheid blootgestel, pornografieverslawing, eskalasie van seksuele wanpraktyke, vervlakking van lewenswaardes, bevordering van dwelmgebruik en alkoholmisbruik, ens.
Pornografie oftewel porno word op Wikipedia gedefinieer as "in sy breedste omskrywing die eksplisiete voorstelling van die menslike liggaam of seksuele aktiwiteit met die doel om die kyker seksueel te stimuleer of prikkel."
Die Internet is letterlik vrot van pornografie - die intik op Google of enige ander soekenjins van die meeste sleutelwoorde gaan minstens ook 'n eksplisiete beeld of beelde oplewer. Dan word daar nie eens gepraat van spesifieke uitlokkende sleutelwoorde nie.
Pornografiese materiaal op selfone vlieg die hele wêreld vol, met kinders ewe bedrywig in hierdie verband. Skottel-TV en selfs SABC-TV is propvol pornografiese slaggate, terwyl dvd-winkels kwalik iets meer geword het as fonteine van pornografie.
Publikasies met pornografie wemel natuurlik ook.
Oor en oor praktiese ervaring sowel as wetenskaplike en mediese studies toon dat pornografie geestelik sowel as fisies uiters verslawend is - maklik om by in te kom, uiters moeilik om by uit te kom.
Enige pornografiese blootstelling - om nie eens van volgehoue praktyke te praat nie - werk vandag ooglopend verwoestend in op gesonde samelewingstrukture, veral op huwelike en gesinne. Tereg kan pornografie bestempel word as die pes van ons tyd.
Enkele statistieke:
Die aantal doelgerigte soeke op Internet na pornografie word deur die anti-porno webwerf www.covenanteyes.com gemonitor en beloop net vir vanjaar al meer as 1,3 miljard.
Teen 2015 sal besteding op pornografie en sg. volwasse materiaal op slegs selfone sowat R30 miljard per jaar beloop.
9 uit 10 pornosoekers gebruik hoofsaaklik materiaal gratis beskikbaar.
Terwyl syfers vir SA nie geredelik beskikbaar is nie, is goeie navorsing oor pornografie in die VSA gedoen en toon dit dat sowat 60% van mans en 20% van vroue verslaaf is aan pornografie. 9 uit 10 seuns het ervaring van pornografie voor die ouderdom van 18 en 6 uit 10 meisies. Die gemiddelde manlike ouderdom vir eerste keer blootstelling aan pornografie is 12 jaar. Meer as 70% van tieners steek hul aanlyngedrag weg vir hul ouers.
Die totale inkomste per jaar in die VSA uit seksverwante besigheid, insluitende dvd- en videohuur, Internet-verkope, foonseks en sekswinkels, ens., beloop na raming meer as R300 miljard - dus mega besigheid wêreldwyd.
Pornografie behels ontsettende uitbuiting van diegene wat dit voordra ("perform") - 90% gebruik dwelms, twee-derdes het seksueel-oordraagbare siektes en 90% van tonele bevat fisiese geweld.
In Bybelse terme staan dit vas dat pornografie gelyk is aan hoerery en dus 'n erge sonde in die oë van God. Die menslike liggaam word beskryf as die tempel van God en dan word in 1 Kor. 6:18 verklaar: "Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat 'n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf, sondig teen sy eie liggaam."
Christus self het gesê: "En as jou oog jou laat struikel, ruk dit uit en werp dit weg van jou af. Dit is vir jou beter om met een oog in die lewe te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word."
Die Spreukdigter sê in effek, as jy regtig teëspoed in die lewe wil hê, raak net aan 'n slegte vrou of aan die vrou van jou naaste. (Spr. 6:20)
Pornografie is dus niks anders nie as geestelike en fisiese riool wat oor en deur mense spoel.
Wat is die oplossing?
Dit help nie om 'n plaag met suikerwater te probeer dokter nie. Ingrypende, effektiewe medisyne is nodig en dit alleen is by Christus te vind en wel om Hom as persoonlike Verlosser te aanvaar. "As iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie." (Joh. 3:3). Eenmaal weergebore, altyd gered.
"Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikheid gekruisig." (Gal. 5:24)
Met die basis in plek, kan verder op 'n praktiese vlak die volgende genoem word:
Daar is is baie, uitstekende anti-porno materiaal en hulpmiddels beskikbaar, soos bv. die webwerf www.covenanteyes.com of by CUM Boeke, om enkeles te noem.
Maak seker die biologiese vaderfiguur is sterk aanwesig in die lewe van 'n dogter. Na raming het sowat 90% van meisies/vroue betrokke in pornografie 'n afwesige vader. Die anti-pornobediening by webwerf www.shessomebodysdaughter.org verwys.
Keer terug na jou huweliksmaat en gesin - dit is die baste bastion teen porno.
Moenie met pornografie speel of selfs daarmee 'onderhandel' nie. Vlug, sê die Woord.
Seks buite die huwelik is taboe. Punt.
Die stryd teen pornografie is 'n opdraande een, "maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het."(Rom. 8:37)

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top