► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Publikasie oor Skoon & Groen Vrystaat Veldtog

'n 64-bladsye volkleur publikasie oor die Clean & Green Free State Campaign, oftewel Skoon & Groen Vrystaat Veldtog, het pas die lig gesien. Die publikasie dek die ontstaan en verloop van die Veldtog sedert 2010 tot op datum. As 'n openbare-private vennootskap is die basiese doel van die Veldtog om die Vrystaatse publiek aan te moedig om hul besoedelde plaaslike omgewing te rehabiliteer en dit as sodanig in stand te hou. Deur dit te doen, word die ingesteldheid bevorder om nie rommel te strooi nie, rondom jou eie woon- en werkplek skoon te maak, afval by die bron te herwin, jou natuurlike habitat te versorg en jou koolstof-voetspoor te verminder. Die publikasie lig suksesvolle projekte uit wat deur die veldtog geloods is en dié wat tans bedryf word, soos die Happy Valley stedelike vernuwingsprojek in Bloemfontein. In die publikasie bepleit die Stuurkomitee van die Veldtog groter betrokkenheid, samewerking en sinergie van elke Vrystaatse inwoner wat die plaaslike omgewing op die hart dra. Die werkskeppings- en entrepreneurs-geleenthede wat deur die Veldtog moontlik is, word ook bespreek. Die inisieerder van die Veldtog is die Vrystaat Sake Bulletin, terwyl die SA-kantoor van die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO), sleutelborgskap vir die Veldtog verskaf.  Persone wat ernstig belangstel om 'n eksemplaar van die publikasie gratis te bekom, kan Jacolet Cilliers bel by (051) 436 0550 of e-pos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Meer inligting oor die veldtog ook by www.cleangreenfs.co.za.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top