► Op AfriForum Netwerk, aanlyn databasis van ondernemings wat in Afrikaans sake doen, al sowat 2 000 sake-ondernemings geregistreer ► Groep van ondersoekende joernaliste bekend as amaBhungane toon in verslag dat EFF-lede na bewering voordeel getrek het uit brandstoftender van bykans R500 miljoen van Tshwane in Januarie 2019 ► Arvitha Doodnath, jong regsdosent, by Vaal Universiteit van Tegnologie, Saterdagaand in Johannesburg doodgeskiet tydens motorkaping ► Einde Junie 2019 10,2 miljoen verbruikers in SA het skuldprobleme en verswakte kredietgeskiedenis, swakste sedert Junie 2015 ► Eben Etzebeth dien deur sy prokureurs teenaanklag in by MRK en vra dat hul saak by Gelykheidshof in hersiening geneem word ► Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) waarsku in jaarverslag dat 4de-nywerheidsrewolusie (4NR) en tegnologiese outomatisasie in SA kan lei tot derduisende werksverliese regdeur hele ekonomie ► Pres. Xi Jinping waarsku, met verwysings na aanhoudende betogings in Hong Kong, dat “enige pogings om China te verdeel sal lei tot gebreekte liggame en beendere tot poeier gemaal” ► Siriese weermag span kordon soldate en wapentuig oor hele linie tussen Turkse invalsmag en Koerdiese gebied; pres. Trump dreig Turkye met sanksies wat hul “ekonomie kan breek” ► Spaanse hof lê tronkstraf op vir 9 leiers van afskeidingsbeweging in Katalonië, vra vir uitlewering van hoofleier Carles Puigdemont wat in 2017 na België gevlug het ►

René Lombard

Min vroue het so ‘n lang en besondere rekord van diens in belang van die Christelike kerk en Afrikaner, soos René Lombard. Vandag 89 jaar oud, maar verstandelik nog so skerp soos ‘n els en met dieselfde onblusbare gees, is dit vir Ditsem Nuus ‘n voorreg om op eie inisiatief en ondanks haar teëstribbeling ‘n kort hulde-oorsig oor hierdie merkwaardige vrou te publiseer. Dit kan die beste gedoen word deur in ‘n enkele oogopslag haar lewensreis kronologies tot dusver aan die orde te stel. Gebore in 1926, as ‘n nooi Van Reyneveld, het sy aan Eunice Hoërskool gematrikuleer. Sy sê dit is een van die vrae wat haar pa nooit vir haar kon beantwoord het nie – hoekom haar twee susters op Oranje was en sy Eunice toe gestuur is. Al wat hy daarop gesê het, was: “Lyk my ek het daarmee van jou ‘n rebel gemaak!” In 1943 het sy op Kovsies Maatskaplik begin swot en haar man, Koos Lombard, ‘n tokkelok en wat toe SR-voorsitter was, ontmoet en hulle is in 1948 getroud. Sy eerste gemeente was te Nelspruit. In 1953 het René die landswye Van Niekerksfees by Maselspoort gereël. Ds. Koos het verlof geneem en in Holland vir sy doktorsgraad in dogmatiek gaan studeer en die gesin met hul twee kinders soontoe verhuis. Met hul terugkeer na SA is dr. Koos eers in diens van die VCHO en het daarna NG Noordhoek bedien. In hierdie gemeente het René die vrouediens begin en dit is hoe uiteindelik die Vrouediens van die NG Kerk in die Vrystaat sy beslag gekry het. Die egpaar het drie seuns en ‘n dogter. Dr. Koos het ‘n aanstelling gekry by die Universiteit van die Vrystaat as dosent in Bybelkunde en later sy professoraat verwerf. Hy was ’n internasionaal-erkende gesaghebbende oor die leer van Calvyn. In die tagtigerjare het die egpaar betrokke geraak by die Konserwatiewe Party en ‘n leiersrol in die Vrystaat gespeel. Die organisasie Dames Perspektief is in 1984 by die Lombards aan huis gestig. Die organisasie met René as stigtingsvoorsitter het diep spore in die Afrikaner-kultuurlewe nie net in Bloemfontein nie, maar ook in die Vrystaat en nasionaal, getrap. Dit geld ook die kerklike lewe en René vir jare gedien as voorsitter van die NG Vroue-aksie in die Vrystaat sowel as nasionaal. Sy sê dit was ‘n voorreg om met vroue te kon werk en hulle te bemagtig. Prof. Koos is in 2010 oorlede en René woon steeds in die woonhuis te Besselsenstraat, Universitas, Bloemfontein, waar sy haar huishouding met ‘n ferm hand bestuur. Sy sê dat sy saam met haar oorlede man ‘n ryk en vol lewe gehad het, wat alles net genade was. Sy het tot op 80 jaar nog tennis gespeel. René sê sy is nog nie gereed vir stoepsit in die aftree-oord nie. Sy hou nog daarvan om die tuin te onderhou, lees baie, bestuur nog self gedurende stil tye haar motor en doen twee keer per week akwa-oefeninge by Anna Swanepoel Fisioterapeute in ‘n verhitte swembad.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top