►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Vanderkloof hengelparadys

‘n Span hengelaars van Kunsaashengel SA o.l.v. Francois Claassen het Vanderkloofdam onlangs vir 'n week besoek ten einde die potensiaal van die dam vir die hou van nasionale hengel-kompetisies te ondersoek. In 'n verslag aan Ditsem Nuus het Claassen gesê dat hulle baie beïndruk is met die dam asook met die aantal en grootte van vis in die dam.
Volgens Claassen was hulle oorweldig deur die fisiese grootte van die dam wat in totaal sowat 133 km² in oppervlakte beslaan en het hulle bevind dat veral die inhamme in die dam besonder ryk aan vis is. Die span het met hul kunsaas-hengel geelvis van 5 kg met reëlmaat uitgetrek, terwyl meterlange babers ook aan die orde van die dag was. Soos dit natuurbewuste mense betaam, het die span die meeste van hierdie vis weer teruggeplaas in die dam.
Die vangs van grootbek-baars het die span ook verras, terwyl hulle sê wat ook opmerklik was, is die gesondheid van die visse wat uitgetrek is. Geen letsels of siektes is waar-geneem nie. Volgens die kunsaashengelaars was hul besoek aan Vanderkloof in die wintertyd en sal hulle in die somer 'n beter beoordeling van die hengelpotensiaal van die dam kan maak.
Die gevolgtrekking van die span was dat Vander-kloofdam uitstekend sal wees om bekende spesies-toernooie aan te bied, omdat hierdie formaat toernooie gewoonlik net 'n dag of twee duur. Vir kampioenskappe wat sewe dae duur, moet seker gemaak word dat die dam die hengeldruk van so baie bote oor die tydperk sal kan hanteer, maar hulle is positief in hierdie verband.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

  • Janacift - Saterdag, 28 Maart 2020

    Cialis Sample Pack [url=http://cialibuy.com/#]cheapest place to buy cialis[/url] Viagra Precio Farmacia order cialis online Forum Cialis 10mg Ou 20mg

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Go to top