► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Kreukel

  • Gewete: Iets wat pla as alles baie lekker gaan.
  • Dieet: 'n Manier van maer word waarvoor jy gou dik word
  • Etenstyd: Die enigste tyd wanneer 'n kind nie wil eet nie.
  • Vleisbraai: 'n Partytjie waar die kos so 'n bietjie rou en die gaste so 'n bietjie gaar is.
  • Baba: 'n soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene langer word.
  • Babawaentjie: Verlede jaar se pret op wiele.
  • Kredietkaart: Iets waarvan die limiet ook die mikpunt is.
  • Begroting: Iets wat jou laat wakker lê nog voordat jou geld bestee is.
  • Universiteitsgraad: Kwitansie wat 'n kind ontvang vir die rekening wat pa betaal het.
  • Middeljare: Wanneer jy jou emosies vir simptome verruil.
  • Predikant: Ses dae is hy onsigbaar en die sewende dag dag is hy onverstaanbaar.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top