►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Konsepwet vir toelating van pornografie

Wetgewing in die vorm van die Films en Publikasies Wysigingswet, of sg. Internet Sensorskap Konsepwet, dien tans in die Portefeuljekomitee vir Kommunikasie van die Parlement waarin voorsiening gemaak word dat vir alle praktiese doeleindes pornografie op die Internet gewettig en feitlik vrylik beskikbaar gestel kan word. In die voorgestelde bepalings word voorsiening gemaak dat instansies buite die bevoegdhede van die Onafhanklike Uitsaai-owerheid van SA(Okosa) materiaal op die Internet mag stroom (“stream”), dat beheer oor eksplisiete materiaal van seksuele aard feitlik afgeskaf word en dat ouderdomsbeheer ook feitlik opgehef word. Daar is voorts op spesifieke regspunte besware dat die konsepwetgewing ongrondwetlik is. Instansies soos MultiChoice, eNCA, eTV, Right2Know, Media Monitoring Africa, die SOS Coalition, SANEF, die Nasionale Vereniging vir Uitsaaiers, die SABC en selfs Google het almal in wisselende opsigte beswaar gemaak teen die voorgestelde wetgewing. Politieke partye soos o.a. die DA en VF Plus is ook hewiglik gekant teen die konsepwet. As sulks is dit een van die potensieel mees skadelike stukke wetgewing wat nog ooit in die SA Parlement gedien het en het dit die potensiaal om ‘n verwoestende effek op morele waardes en sedelike peil in die land te hê, veral wat kinders betref. Daar word gehoop dat die wetgewing nie die portefeuljestadium van die Parlement sal oorleef nie. Christelike groepe doen ‘n beroep op ernstige voorbidding teen hierdie konsepwetgewing. Vir meer besonderhede, volg hierdie skakel.       

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top