►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Blokkasie by vuurwapenaansoeke

Daar is betroubare getuienis dat tans ‘n groot blokkasie  by die Vuurwapen register-afdeling van die SAPD voorkom wat betref afhandeling van lisensie-aansoeke vir vuurwapens. Volgens ‘n bron is die afgelope tyd sowat 20 000 aansoeke geweier, terwyl min of geen terugvoering op aansoeke ontvang word nie. Een duidelike geval as voorbeeld is waar ‘n aansoek vir verlenging van lisensie geweier is omdat daar, soos dit gestel is, nie bewys is van die woonadres nie, maar nadat sodaninge bewys voorgelê is, het reeds vier maande verloop sonder dat daar enige terugvoering is.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top