►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Dagga gewettig in SA

Suid-Afrika word vandeesmaand die eerste Afrikaland waarin die gebruik van marijuana (kannabis oftewel dagga) wettig word deur die verlaging van die skedulering daarvan van Skedule 7 na Skedule 6 voorskrifmedikasie. Dit beteken dat dagga nou as wettige medikasie voorgeskryf kan word – 'n praktyk wat waarskynlik gaan beteken dat enige gebruik van dagga wetlik moeilik gekeer kan word.
’n Verslag wat in 2013 deur die South African Community Epidemiology Network (SACENDU) oor dwelmmisbruik uitgereik is, dui daarop dat 1 uit elke 10 Suid-Afrikaners sukkel met verslawing, waarvan dagga en alkohol die grootste sondebokke is. In die verslag word voorts gesê: “Alhoewel sommige studies aantoon dat dagga so effektief is soos bestaande pynstillers is en ook ’n effek het op naarheid, angstigheid, eetlus en konvulsies, daar tot op hede geen grensverskuiwende studies gedoen is wat daarop dui dat dagga ’n revolusionêre rol speel in pynbehandeling nie.
Die tendens in die lande waar dagga wel gewettig is, is dat voorskrifte vervals word, wat lei tot ’n volkome epidemie van misbruik - veral onder individue jonger as 18 jaar.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top