► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Philippolis – dorp met ambiance

Die bekoring v an Waterkloof naby Philippolis Waterkloof is 'n gebied van ongeveer 75 ha geleë vyf km buite Philippolis op die pad na Colesberg, is in erwe opgedeel en skakel in munisipale verband nie by Philippolis in nie - dus eintlik 'n soort van niemandsland. Daar is tans slegs drie bewoonde huise in die gebied maar dit is ook waar die gebou geleë is wat die interessante Waterkloof Brouery en padstal huisves. Daar is geen Eskom-krag nie, terwyl die gebied ryk is aan fonteinwater. Dit is 'n gebied met 'n eienaardige bekoring van sy eie en ooglopend besonder geskik vir een of ander tipe verbeeldingryke omvattende ontwikkelingsprojek. Pierre Jacobs is een van die grondeienaars van Waterkloof en hy en sy vrou Corrie bedryf die Waterkloof Brouery met 'n passie. Hul Karoo craft bier, slegs met fonteinwater en natuurlike bestanddele, het twee unieke geure; Karoobossie of Kapokbossie. In dieselfde gebou het Koos en Bettie Retief en Johan en Lena Ferreira 'n padstal geopen met items uit toeka en disse wat op 'n ou Magic houtkoolstoof berei word. Pierre Jacobs kan gekontak word by 084 643 0602.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top