► “’n Monument van grootskaalse korrupsie” is hoe Noord-Kaapse premier dr. Zamani Saul nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley geopen het 13 jaar nadat konstruksie begin is @ R290 miljoen, maar nou eers voltooi is teen R2 miljard ►Appèlhof handhaaf beslissing van Noord-Gauteng hooggeregshof dat Cash Paymaster Services (CPS) R316 miljoen aan Sassa moet terugbetaal ►Transnet toon wins van R6 miljard vir finansiële jaar 2018/19; eerste staatsonderneming in baie lank tyd wat wins toon ►Plaasterreur 30 September, Malmesbury, twee aanvallers in plaashuis, huiseienaar skiet een dood ►Groot dele van die land vanaf Limpopo tot in die Wes-Kaap ondervind erge droogtetoestand met minder as 50% van die gemiddelde reënval in 2018/19 seisoen – sien by hierdie skakel hoe in Steytlerville-distrik droogte ervaar word; aan die ander kant sien by hierdie video hoe gejuig word oor goeie reën in distrik Beaufort-Wes ►Kampioen Boran stoetbul genaamd Mr. Million, gekoop vir R1 miljoen, se hakskeensenings deur veediewe op plaas by Brits afgekap, moes vankant gemaak word ►Intensiewe driedaagse-kursus oor in- en uitvoer en internasionale handel aangebied te Midrand, Kaapstad en Durban, kontak Ronell 073 291 0450 of events@norcaz.biz►

DitsemBlits intekenpakket

Ditsem Nuus stuur ‘n weeklikse elektroniese nuusbrief DitsemBlits uit aan intekenare @ die tarief van R240 per jaar vooruitbetaalbaar. Soos gesien kan word, bevat die nuusbrief nuus in Afrikaans wat vir die Afrikaner saakmaak en hom / haar moontlik kan help om ingeligte persoonlike besluite te neem, veral in die kritieke tye wat tans beleef word.

Inteken is maklik: Konvensionele elektroniese inbetaling in bankrekening: DitsemBlits, Standard Bank, rekeningnommer 140 320 105, takkode 05-55-34 - met bewys van betaling gestuur te word na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees., tesame met die naam en van van die intekenaar.

Dit word vertrou dat u hierdie goeie-waarde-vir-geld geleentheid sal insien, benut en ondersteun.

Vir enige navrae skakel Retha by 051 436 0552.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top