►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Bespotting van Parlement

Die SA Parlement was gisteraand in wat veronderstel was om ‘n gesamentlike sitting van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies te wees ten einde die Staatsrede van staatspresident Jacob Zuma aan te hoor, presies die teenoorgestelde van wat demokrasie volgens die Westminster-model veronderstel is om te wees. Klassieke demokrasie is waar die verkose verteenwoordigers van die kieserspubliek veronderstel is om met waardigheid voor die nasie beleid te debatteer, wetgewing aan te neem en die verslag van die staatspresident as uitvoerende gesag aan te hoor. In plaas hiervan het die EFF gisteraand met tipiese terroristiese optrede die verrigtinge so ontwrig dat daar geen keuse was as om hulle met geweld deur die veiligheidspersoneel te laat verwyder nie – met die gevolg ‘n barbaarse bakleiery soos wat die SA Parlement nog nooit gesien het nie en wat ‘n skandvlek is op die tradisie van die Parlement. Daarby is dit so dat die misdadige en korruptiewe reputasie van pres. Zuma so erg is dat hy nie toegelaat word om in sy eie Parlement te praat nie. A.g.v. van die chaos het partye soos die DA en VF Plus ook uitgestap, met die gevolg dat Zuma inderwaarheid nie ‘n staatsrede gelewer het nie, maar ‘n toespraak voor die ANC-koukus gemaak het.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top