►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Digitale vloedgolf duur voort

Digitale transformasie in SA en wêreldwyd neem die omvang van ‘n vloedgolf aan met na voorspel word dat daar teen 2020, 80 miljard opgekoppelde kommunikasie-apparate wêreldwyd sal wees wat ‘n globale internet-ekonomie ter waarde van sowat $14,7 triljard sal behels. Algemeen word aanvaar dat die tegnologie elke drie maande verdubbel en met die helfte goedkoper word. 90% van die data in die wêreld is geskep die afgelope twee jaar. Die nuwe slagspreuk is Konnektiwiteit. Wat apparate betref, is die migrasie vanaf persoonlike rekenaars en TV-stelle toenemend na slimfone en dit het ‘n aardskuddende impak op leefstyl, verbruikerspatrone en die media, met gevolglike dienooreenkomstige aanpassing. 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top