►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Ongebreidelde haatspraak

Terwyl suiwer haatspraak teen blankes voortstroom uit DStv kanaal 405 van ANN7 en ander bronne, sê pres. Zuma dat teenkanting teen “radical economic transformation” is rassisties (“racist”) en dat diesulkes swartmense misgun wat hulle weens “verontregting” gemis het. Inmiddels het Adjunk-minister van Staatsdiens en Administrasie Ayanda Dlodlo by ʼn grondberaad van die Universiteit van KwaZulu-Natal in Durban gesê dat die ANC sy meerderheid moet gebruik om grond te onteien sonder vergoeding, want “dit was in die eerste plek gesteel”.
Sy het die toespraak namens die ANC gelewer. In reaksie hierop sê TLU SA in 'n mediaverklaring: “Ons boere is moeg daarvoor dat ons as misdadigers uitgeskel word wat die grond gesteel het. Almal van ons het transportaktes en het vir die grond betaal. Vir elke grondtransaksie kry die regering bowendien sy deel in hereregte en belastings, terwyl die dikwels korrupte plaaslike owerhede die boere bly melk vir die grondbelasting. Daarom hoef die boere nie verder enige van hierdie valse beskuldigings te duld nie en dring ons in die eerste plek aan op Dlodlo se oneervolle ontslag.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top