► MRK besluit om sy hoof van regsdienste Buang Jones te ondersoek en te verbied om weer met media te praat oor sy voortydige en rassistiese kommentaar oor Eben Etzebeth-saak ► Volgens die organisasie ToekomsVonk was daar vanaf 1 Januarie vanjaar tot 30 September 350 plaasaanvalle en 41 plaasmoorde in SA, oudste slagoffer 96 jaar, gemiddeld 4 aanvallers per voorval, met in een geval 20 aanvallers ► Volgens syfers van Minister van Basiese Onderwys Angie Motshekga is daar tans 1 126 openbare enkelmedium Afrikaanse skole in die land, teenoor 1 279 in 2017; 1 112 openbare skole dubbelmedium in Afrikaans en Engels, dus tans 2 238 skole wat onderrig in Afrikaans ► Universiteit van Vrystaat weier om erflating te aanvaar vir ’n “blanke, behoeftige, talentvolle student”; hooggeregshof in Bloemfontein staan aansoek van FNB toe dat “blanke” uit die testament geskrap word ► NG Kerk Algemene Sinode besluit om formulering van beleid oor selfdegeslagverhoudings van heel vooraf te begin ► Terwyl sommige banke takke sluit, kondig FNB aan dat dit vanjaar 7 takke gaan open in Oos-Kaap, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en Wes-Kaap ► Ter viering van 70-jaar van Kommunisme in China vertoon Chinese weermag in Beijing skrikwekkende interkontinentale wapentuig – sien videogreep ► Ditsem Nuus besig om spesiale fokus saam te stel getiteld Tuisskoling: Oplossing vir onderwyskrisis in die land – enige diensverskaffer of rolspeler in die bedryf wat inset wil maak, skakel 082 773 2150 of advertensies@ditsem.net ► Projek VatVyf kry reaksie op beplande projek Operasie Brandhout om blanke Afrikanermeisies en -vroue in Nigeriese seksslawehandel in die land te probeer bevry, nog medewerkers / ondersteuners / finansiering benodig – skakel 053 207 0127 of epos projekvatvyf@gmail.com – sien videogreep ►

Die afgelope maand sedert die verkiesing op 8 Mei het aanvalle op plaasmense gepaard met koelbloedige moorde oorhand toegeneem en volgens syfers van TLU SA en AfriForum was daar in SA vanaf 1 Januarie tot en met 31 Mei 2019 184 plaasaanvalle en 20 plaasmoorde. Vir die tydperk sedert 1990 het dit die totaal op 2 453 moorde te staan gebring - 436 plaasmoorde in Gauteng, 381 in KZN, 352 in Mpumalanga, 334 in Noordwes, 311 in die Vrystaat, 233 in Limpopo 209, in die Oos-Kaap, 124 in die Wes-Kaap en 73 in die Noord-Kaap.

Al vir jare word gevra: Waar gaan dit eindig? Wat daaromtrent te doen? Steeds word gesê: So kan dit nie aangaan nie!

Die grusaamheid waarmee die aanvalle en moorde gepleeg word, verstom telkens en lankal word aanvaar dat dit in werklikheid terreur is, rassisme van die eerste graad en dat daar gekoördineerde beplanning agter sit wat nasionaal en internasionaal tot in die hoogste kringe strek. Pas het op ‘n mediakonferensie van AfriForum ‘n blanke vroulike slagoffer getuig: “Ons is gemartel vir vier ure. Ons is daardie nag gejag soos wilde diere. Ons is vasgebind, geskiet en verkrag.”

Dit is teen hierdie agtergrond dat die volgende uittreksel uit ‘n mediaverklaring van Front Nasionaal n.a.v. die sluipmoord op wynboer Stefan Smit van Stellenbosch die waarheid raakvat:

“Pas nadat Cyril Ramaphosa president geword het, in Februarie 2017, lewer hy sy eerste Staatsrede waarin hy onteiening van eiendom sonder vergoeding as regeringsbeleid bekend maak. Minder as ‘n maand daarna, in Maart 2017, begin die EFF met grondbesettings in Gauteng en verklaar sekere gebiede in die land as ‘prioriteitsgebiede’. Stellenbosch Distrik word vermeld. In Oktober van daardie jaar word Joubert Conradie vermoor op sy plaas by Kanonkop, sowat 14 km vanaf Stellenbosch. Dit lei tot die landwye Swart Maandag protesaksie.

“Tussen Maart en Augustus 2018 begin inwoners van Kayamandi digby Stellenbosch om onwettig hulle plakkershutte op te slaan in die wingerde van Louisenhof, die plaas van Stefan Smit. Hy moet hom herhaaldelik na die hof wend om die hutte te laat verwyder.

“In Junie 2018, dieselfde periode waarin die onwettige besetting van Stefan Smit se grond plaasvind, word Jeff Zettler, die aarbeiboer, aan die ander kant van Stellenbosch, minder as 20 km van Louisenhof af, vermoor. Op 25 Augustus 2018, te midde van Stefan Smit se stryd om die plakkers van sy grond af te hou, berig IOL en ander nuusagentskappe dat baie grond in Stellenbosch skielik in die mark is en dat grondpryse skerp gedaal het.

“Op 9 April 2019 nooi die boere van Stellenbosch vir pres. Cyril Ramaphosa om hulle toe te spreek op die landgoed, Beyerskloof. Dié gesprek word afgesluit deur ʼn emosionele verklaring waarin Ramaphosa bestempel word as die ‘gesalfde leier’ en ʼn man wat ten volle vertrou en gerespekteer moet word. Die vergadering is stapfastand van die woonhuis op Louisenhof.

“En by daardie woonhuis word Stefan Smit op ʼn soel Bolandse Sondagaand koelbloedig om die lewe gebring.

“Die skuld van sy dood kan voor die deur van veel meer as drie gemaskerde mans gelê word.

Die president en regering van Suid-Afrika moet ook in die bank staan. Dis hulle wat die duiwel losgelaat het met hulle beleid van onteiening sonder vergoeding, wat elke rondloper en geweldenaar laat dink dat daar maar gevat kan word na hartelus.

“Die radikale politici in Suid-Afrika wat links en regs uitlatings maak oor watter grond geprioritiseer moet word vir onteiening en met haargevulde uitsprake hulle volgelinge aanhits teen blankes, staan ook met Stefan Smit se bloed aan hulle hande. Hulle wie se uitsprake volgens die MRK nie haatspraak is nie.

“Die Afrikanerpolitici wat nog steeds die volk mislei met valse ondernemings en beloftes oor hoe die Nuwe Suid-Afrika verbeter kan word om minderhede te beskerm. Ons is slim genoeg om te weet dat dit in der ewigheid nie kan gebeur nie, maar hulle is slim genoeg om te weet dat jy die breë massa so maklik mislei met die gesigte en stemme van celebrities en soetklinkende ondernemings.

“Die mede-boere van Stefan Smit, wat ʼn Kommunis en oud-terroris om die nek geval het, wel wetende wat sy beleid is en hom tot ‘gesalfde’ verklaar het. Wat het hulle van hierdie kruiperige vertroue gekry anders as om hulself af te vra: Wie van ons is die volgende? Ook hulle moet in die bank verskyn.

“Ook ek moet myself afvra: As ek kyk na my keuses en my gebrek aan betrokkenheid… staan ek nie ook in die beskuldigdebank nie?”

In aansluiting by hierdie mediaverklaring dien die volgende grafiese vertelling op sosiale media hier herhaal te word, in omtrent die formaat van ʼn eietydse profesie:

“Van ons wou vlieëniers word. Party polisiemanne, brandweermanne, dokters, maanreisigers... Ag, noem maar op. Ons het met sterre in ons oë gedagdroom. Alhoewel ons verskillende drome gehad het, was daar ʼn gemeenskaplike faktor: Óm belangrik en beroemd te wees en eendag ’n verskil te maak.

“Toe ons hoërskool toe is, het baie hul drome tydelik opsygeskuif vir die groot roeping in ons lewe: Die Army. Ek onthou hoe ons met jeugweerbaarheidsperiodes toegespreek is deur manne in uniform met stukke gechroomde voëlmis en selfs ʼn piksteel of twee op hul skouers. Ek onthou die video’s wat ons gewys is van die rooi gevaar en van nonne wat eers verkrag en toe keelafgesny is.

“Almal wou dadelik recces of 32 Bataljon of bats join. Ons is vertel as die kommuniste, terroriste en geel mannetjies oorvat, gaan hulle dieselfde met ons ma's, meisies en sussies doen. Geen Boerseun sou so iets ooit toelaat nie. Baie van ons het aktiewe diens gaan doen en ek het seker van my beste buddies gemaak in die Weermag en later in die Polisie.

“Ek onthou nog as ons vir ʼn pas huistoe was en ʼn ou oom en tannie laai jou by die belenryna af, het die oom gewoonlik gevra net voor hy wegry: Boetie, skiet tog vir my ʼn tir wanneer jy weer kontak slaan.

“Ons het ons deel gedoen, maar ek het dag vir dag gesien hoe verdof die liggies van drome en ideale uit blanke jong soldate se oë - oë wat nie meer aan ʼn 18- of 19-jarige behoort het nie, maar aan ’n ou afgeleefde man. ʼn Jagter, ʼn realis...

“Ek het ook die glasige oë gesien van menige jongman wat die hoogste prys betaal het. Ek het die oë gesien van jongmanne wat vuur getrek het. Ek het die oë van ʼn bang kind daar gesien. Ek het die oë van ʼn malman daar gesien.

“Ek het die oë van helde gesien, maar ook die oë van manne wat eenvoudig nie verder kon nie. Dan het ek die oë gesien van manne wat ʼn uur of wat later ʼn einde aan hul lewens gemaak het. Hulle oë is die vensters na ʼn mens se siel. Dis waar. Tot op ʼn punt waar daar nie meer ʼn siel was om te sien nie.... daai duisend voet staar....

“Drank was daar volop en ekself het my skeefgesuip om te probeer cope. Ek was op baie begrafnisse in die laat 80s, vroeë 90s. Te veel! Vader hoor my. Ek het gesien hoe ma's, meisies, vrouens en pa's inmekaar sak by ʼn oop graf. Ek het gesien hoe klein kindertjies na hul pappas roep en agter die kiste in die graf wil afspring.

“Dit breek ʼn man en doof die laaste lig in jou oë. Ek onthou die absolute verslaentheid en woede toe ons land verkoop is in 94 aan die kommuniste, terroriste, barbare en die geel skreefoë.

“Vandag 20 jaar later bly ons in die Nuwe Suid-Afrika. Dit wat daai offisiere met die pikstele en gechroomde voëlmis op die skouers destyds voorspel het, het waar geword. Ons vrouens, meisies, sussies word verkrag en gemartel. Jong babas word in die kop geskiet.

“Die demone van gister lê nog in baie van ons mans se oë. By van die mans het daar nooit weer ʼn liggie begin flonker nie. Ek sien weer oral oor die land begrafnisse. Hierdie keer staan baie van ons mans langs oop grafte en kyk hoe sak vermoorde geliefdes se kiste weg in ʼn gat.

“Die witman was nog nooit die terroris en die aanstoker nie. Maar ek sien weer in baie van die pa's, broers, mans en seuns se oë daai selfde uitdrukking wat jy gesien het kort voor ʼn kontak. Haat, afsku, woede. En ek weet uit ondervinding: Pasop barbare! Julle maak ʼn monster wakker wat julle nooit kan stop nie.... Die vensters na die siel lieg nooit nie....

“Daar is niks so gevaarlik soos ʼn gewonde buffelbul, of ʼn man wat niks het om te verloor nie…..”

Go to top