► Pres. Cyril Ramaphosa vra nasionale dialoog oor moontlikheid om pensioenfondse in bankrot staatsondernemings te belê – “Ons finansiële bronne is uitgeput, terwyl ons ontwikkelingsbehoeftes enorm is” ► Vraag op sosiale media: Hoekom kry regering nie die miljarde staatsgeld wat gesteel is terug nie, maar wil nou die pensioengeld vat van mense wat hard gewerk het daarvoor en toegewyd gespaar het? ► Menseregtekommissie oorweeg stappe teen Ernst Roets van AfriForum oor vertoon van vorige landsvlag op sosiale media, word as “verdelend” beskou ► Petroljoggies landswyd dreig om volgende week te staak oor salarisse, eis verhoging van 12%, maar werkgewers bied slegs 5% ► Brian Molefe, voormalige hoof van Eskom, moes gister meer as R10 miljoen aan Eskom pensioenfonds terugbetaal as onwettig ontvang, maar nog geen teken daarvan nie ► Veldbrand wat versprei tot in St. Francisbaai verwoes 12 huise tot die grond toe ► Storm oor aanranding van blanke kleuters deur swart personeel by Myne Maatjies Dagsorg Sentrum in Randfontein, ouers woedend, drie persone gearresteer, MRK swyg soos graf ► Lastereis van oud-minister Derek Hanekom van R500 000 teen oud-pres. Jacob Zuma, vandag in hooggeregshof in Durban aangehoor, eis omdat Zuma Hanekom “apartheidspioen” genoem het ► Curriebekerreeks word hierdie naweek voortgesit, met slegs Griekwas wat verseker is van plek in halfeindstryd ►

Dit is met huiwering dat ons onder redaksionele kommentaar hierdie prentjie inbring, maar ag dit tog nodig om die realiteite van die dag te erken. Dit is naamlik die volgende lys van enkele misdade – tereg bestempel te word as terrorisme – wat die afgelope maand onder aandag van Ditsem Nuus gekom het:

  • Dr Fred Malan van Jakaranda Dierekliniek, Moot, Pretoria, laatmiddag by sy spreekkamer in hart geskiet, op toneel oorlede.
  • Plaasaanval by Rust de Winter, Marcel Crouse (21) ernstige kopbesering opgedoen, hy en twee vriende wat die plaashuis deel, deur gewapende aanvallers aangerand.
  • Gert Burger (65) van Kroonstad op 23 Februarie in sy motorhuis doodgesteek en in seil toegedraai, sy vrou Martie lei aan rumatoïde en was in die bed.
  • Plaasaanval by Kokstad op 23 Februarie , bejaarde vrou erg aangerand deur vier swaargewapende swart mans, sy oorleef en is gehospitaliseerd.
  • Elize Vermeulen (58) op plaas in Makwassie op 19 Februarie deur twee swart aanvallers in huis oorval, wreed verkrag en ontvoer, ontvlug toe aanvallers met bakkie ongeluk maak.
  • Plaasaanval by Vorstershoop, Noordwes – Gesina Bouwer doodgeskiet gevind in hul woonhuis deur eggenoot Pierre toe hy van vee terugkeer.
  • Jaco Louw (57), bekende wingerd- en boneboer, doodgesteek op sy plaas by Lutzville aan die Weskus.
  • Plaasaanval op man en vrou by Patensie deur twee swartes, manlike slagoffer 12 keer in rug gesteek en gekap met kapmes, vroulike slagoffer kon ontvlug.
  • Plaasaanval 16 Februarie te Mamogaleskraal, Brits, Kasper Burger gewond om 02:20 deur drie gewapende aanvallers, hy skiet terug, een aanvaller noodlottig, tweede vlug gewond.
  • Plaasaanval Johan van Niekerk (41) van plaas Franshoek, tussen Senekal en Rosendal, erg aangerand, moontlik skedelbreuk; huishoudelike goedere en 18 skape geroof.
  • Nog vyf plaasaanvalle met wisselende vlak van wreedhede op slagoffers: Tussen Middelburg en Witbank, Mpumalanga / Honingsnestkrans, Gauteng / Hartbeesfontein, Hopefield, Wes-Kaap / Theescombe, PE, Oos-Kaap / Erasmia, Gauteng, een slagoffer in kop gewond, ander kopbesering ná met pistool geslaan; vir meer besonderhede besoek southafricatoday.net.

Besef ons hoeveel trauma, ontwrigting en smart lê agter hierdie aanvalle? Gaan dit maar net by ons verby en hoop ons ons is nie volgende nie?

Al hierdie aanvalle was swart op wit. Ons mag nie haat nie, maar daar is iets soos plig tot regsvergelding.

Die stroom van gewelddadige aanvalle, deur die bank van swart op wit, duur landswyd onverpoosd voort. Hoewel dit meesal gekenmerk word deur buitengewone wreedheid en brutaliteit, kom “haat” as element nooit in die hoofstroommedia ter sprake nie. Terwyl nog gesidder word oor gevalle soos die 21-jarige Alice Maree van Theunissen wat oorlede is nadat sy herhaaldelik verkrag is, die 60-jarige Nicci Simpson van Westonaria wat met 'n elektriese boor gemartel is en Ronel Claassens (46) van Parys wat met 'n plastieksak oor haar kop versmoor is, is 'n jong boer CT Steyn van Warden-distrik in sy slaap oorval en herhaaldelik met 'n mes gesteek, is Nicky Haddad op sy plaas in die Clocolan-distrik in die linker armholte en regterbeen geskiet en is 'n 70-jarige oujongnooi van Griekwastad in haar huis herhaaldelik aangerand, verkrag en besteel.

Go to top