► Pres. Cyril Ramaphosa vra nasionale dialoog oor moontlikheid om pensioenfondse in bankrot staatsondernemings te belê – “Ons finansiële bronne is uitgeput, terwyl ons ontwikkelingsbehoeftes enorm is” ► Vraag op sosiale media: Hoekom kry regering nie die miljarde staatsgeld wat gesteel is terug nie, maar wil nou die pensioengeld vat van mense wat hard gewerk het daarvoor en toegewyd gespaar het? ► Menseregtekommissie oorweeg stappe teen Ernst Roets van AfriForum oor vertoon van vorige landsvlag op sosiale media, word as “verdelend” beskou ► Petroljoggies landswyd dreig om volgende week te staak oor salarisse, eis verhoging van 12%, maar werkgewers bied slegs 5% ► Brian Molefe, voormalige hoof van Eskom, moes gister meer as R10 miljoen aan Eskom pensioenfonds terugbetaal as onwettig ontvang, maar nog geen teken daarvan nie ► Veldbrand wat versprei tot in St. Francisbaai verwoes 12 huise tot die grond toe ► Storm oor aanranding van blanke kleuters deur swart personeel by Myne Maatjies Dagsorg Sentrum in Randfontein, ouers woedend, drie persone gearresteer, MRK swyg soos graf ► Lastereis van oud-minister Derek Hanekom van R500 000 teen oud-pres. Jacob Zuma, vandag in hooggeregshof in Durban aangehoor, eis omdat Zuma Hanekom “apartheidspioen” genoem het ► Curriebekerreeks word hierdie naweek voortgesit, met slegs Griekwas wat verseker is van plek in halfeindstryd ►

Enkele hoogtepunte van die kruin van sukses wat die land gedurende die ampstermyn van dr. Verwoerd beleef het, fel buitelandse teenkanting en boikotte ten spyt, was die volgende:

In 1960 antwoord Verwoerd meesterlik en uit die vuis op die onverwagse “Winds of change”-toespraak van besoekende Britse eerste minister Harold Macmillan in die SA Parlement.

In dieselfde jaar oorleef dr. Verwoerd wonderbaarlik die eerste van twee sluipmoord-aanslae met herstelling van die skietwonde toegedien deur David Pratt.

Na 'n suksesvolle referendum kom die langgekoesterde Republiek van Suid-Afrika op 31 Mei 1961 tot stand.

Toe Verwoerd hieroor ondanks sy beste pogings in Londen nie met die Statebond kon ooreenkom nie, lei hy SA uit hierdie internasionale liggaam, met van meet af die gevolg dat die land al sterker word as ooit.

Ekonomies het die BBP in die sestigerjare jaarliks gegroei teen 'n koers van 6%, terwyl die inflasiekoers 2% was. Die land was selfversorgend vir sy voedsel, terwyl hy 'n vername uitvoerder van vrugte en graanprodukte geword het. Met die ontwikkeling van Sasol het die land beweeg na gespeen te raak van die buitelandse oliemark. As voorste goudprodusent ter wêreld is die ekonomie geanker en het nuwe nywerhede opgeskiet.

Die verdedigingsmag word die doeltreffendste op die vasteland, terwyl op die gebiede van wetenskap en kernnavorsing SA 'n toonaangewende rol begin speel.

Maatskaplik was teen 1966 slegs 5% van die swart bevolking werkloos, terwyl daar nie 'n enkele plakkershut in SA was nie. Swartmense in SA het toe al meer motors besit as wat die geval was in die hele res van Afrika.

In die vroeë sestigs besoek verskeie diplomatieke sendings SA om die land te laat afsien van sy beleidsrigtings, soos VN Sekretaris-generaal Dag Hammarskjöld en De Alva en Carpo oor SWA. Verwoerd hanteer almal met opmerklike finesse en nie een het met 'n werklike skadelike verslag teen SA uitgekom nie.

In 1962 breek die SA Veiligheidspolisie die rug van 'n grootskaalse Kommunistiese komplot teen die regering met die Rivonia-arrestasies en en die lang gevangenisstrawwe in 1964 vir die veroordeeldes waaronder Nelson Mandela.

Oor SWA behaal die Verwoerd-regering in Julie 1966 in die Internasionale Geregshof, na nougesette regsvoorbereidings in 'n uitgerekte saak, 'n gedenkwaardige oorwinning toe die hof ten gunste van SA beslis.

In dieselfde maand in die algemene verkiesing wen die Nasionale Party 'n rekordaantal 126 setels uit 166 in die Volksraad.

Sonder om te verval in verglansde heldeverering, is dit duidelik uit die feite dat die buitelandse en binnelandse teenstanders van Verwoerd teen hom skaak gespeel het – en verloor het – totdat ...

Go to top