► MRK besluit om sy hoof van regsdienste Buang Jones te ondersoek en te verbied om weer met media te praat oor sy voortydige en rassistiese kommentaar oor Eben Etzebeth-saak ► Volgens die organisasie ToekomsVonk was daar vanaf 1 Januarie vanjaar tot 30 September 350 plaasaanvalle en 41 plaasmoorde in SA, oudste slagoffer 96 jaar, gemiddeld 4 aanvallers per voorval, met in een geval 20 aanvallers ► Volgens syfers van Minister van Basiese Onderwys Angie Motshekga is daar tans 1 126 openbare enkelmedium Afrikaanse skole in die land, teenoor 1 279 in 2017; 1 112 openbare skole dubbelmedium in Afrikaans en Engels, dus tans 2 238 skole wat onderrig in Afrikaans ► Universiteit van Vrystaat weier om erflating te aanvaar vir ’n “blanke, behoeftige, talentvolle student”; hooggeregshof in Bloemfontein staan aansoek van FNB toe dat “blanke” uit die testament geskrap word ► NG Kerk Algemene Sinode besluit om formulering van beleid oor selfdegeslagverhoudings van heel vooraf te begin ► Terwyl sommige banke takke sluit, kondig FNB aan dat dit vanjaar 7 takke gaan open in Oos-Kaap, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en Wes-Kaap ► Ter viering van 70-jaar van Kommunisme in China vertoon Chinese weermag in Beijing skrikwekkende interkontinentale wapentuig – sien videogreep ► Ditsem Nuus besig om spesiale fokus saam te stel getiteld Tuisskoling: Oplossing vir onderwyskrisis in die land – enige diensverskaffer of rolspeler in die bedryf wat inset wil maak, skakel 082 773 2150 of advertensies@ditsem.net ► Projek VatVyf kry reaksie op beplande projek Operasie Brandhout om blanke Afrikanermeisies en -vroue in Nigeriese seksslawehandel in die land te probeer bevry, nog medewerkers / ondersteuners / finansiering benodig – skakel 053 207 0127 of epos projekvatvyf@gmail.com – sien videogreep ►

Gedwonge velkleurkwotas in sport, in besonder in rugby, krieket, atletiek en netbal, word op 6 Maart 2019 in die Arbeidshof deur Solidariteit betwis. In die aanloop tot die saak het Solidariteit en AfriForum spesifieke kwotapersentasies vir verskeie sportsoorte ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) bekom.

Hierdie inligting het ontbloot dat die bedoeling met kwotas veel verder strek as spankeuses en dat dit selfs die rassesamestelling van afrigters, raads- en komiteelede en  ondersteuningspersoneel behels. Opsommend kom dit voor of die sportowerhede op ʼn sentrale wyse die rassesamestelling van alle werknemers in die werksomgewing van sport wil reguleer.

Die respondente in die hofsaak is die SA Rugbyunie (SARU), Krieket SA (KSA), Atletiek SA (ASA) en Netbal SA (NSA), asook die Minister van Sport. In hul hofstukke voer Solidariteit aan dat indien die beplande Transformasiehandves van die regering goedgekeur sou word, dit die Minister van Sport, Tokozile Xasa, bykans onbeperkte mag oor sport sal gee. As voorbeeld hiervan is die moontlikheid dat indien ʼn sportsoort nie aan kwotavereiste voldoen nie, die befondsing van die betrokke sportsoort opgeskort kan word


Solidariteit sê indien hul hofsaansoek slaag, sal dit ʼn einde bring aan die politisering van sport en sal die fokus kan verskuif na die ontwikkeling en ontginning van die talente van alle atlete en spelers.

Volgens 'n nuwe opdrag van SA Skole-atletiek (Sasa) in 'n omsendbrief aan skole-afrigters moet minstens 40% van alle skole-atletiekspanne voortaan uit atlete van sg. voorheen benadeelde gebiede oftewel bruin en swart leerlinge, bestaan. Dit geld vir elke item op distriks-, provinsiale en nasionale vlak en is ondanks meriete of tye en afstande behaal.

Volgens hierdie vereistes mag slegs 'n maksimum van drie atlete in hoërskoolspanne op meriete gekies word, met minstens een atleet wat swart of bruin moet wees, op welke atleet kwalifiserende standaarde nie van toepassing sal wees nie. 'n Maksimum van ses atlete per item per provinsie (insluitende 'n bruin of swart atleet) mag deur provinsies ingeskryf word en in gevalle waar daar minder as ses atlete is, moet minstens een aan die kwotavereiste voldoen.

Vir laerskole mag slegs 'n maksimum van twee atlete per item op meriete gekies word, nadat hulle gekwalifiseer het, met een wat 'n kwota-atleet moet wees, op wie die kwalifiserende vereistes ook nie van toepassing sal wees nie.

Hierdie nuwe voorskrif kom ondanks die feit dat van die 108 goue medaljes wat verlede jaar by die nasionale hoërskolebyeenkoms toegeken is, 34 medaljes deur swart of bruin atlete verower is.

In kommentaar op die nuwe voorskrif sê dr. Danie Brink, uitvoerende hoof van die Skole-Ondersteuningsentrum (SOS), die nuwe kwotas gaan veral in Afrikaanse skole atletiek doodwurg. Hy sê Afrikaanse skole het ontsettende talentvolle atlete en dat skole groot moeite doen om atletiekbyeenkomste van hoë standaard aan te bied, maar dat die nuwe kunsmatigheid hulle hul aptyt vir atletiek van wêreldgehalte gaan doodsmoor.

Die nasionale Laerskole-atletiekkampioenskappe word 14-16 Maart te Germiston gehou, terwyl die Hoërskole-atletiekkampieoskappe 21-23 Maart te Port Elizabeth is.

Interessant genoeg, was op die afgelope Vrystaatse Hoërskole-atletiekkampioenskappe 1-2 Maart in Bloemfontein 'n plattelandse skool, Hoërskool Voortrekker van Bethlehem, die topskool met 44 medaljes, met Grey Kollege in die tweede plek met 36 medaljes. Hoe moet nou so 'n plattelandse skool met wit en swart leerlinge geskoei op meriete, die kwota-opdrag van Sasa verwerk?

Go to top