►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Positiewe sowel as negatiewe aspekte het uitgekom uit die debat oor plaasmoorde wat gister vir die eerste keer in die Parlement gehou is. Die debat was op aandrang van VF Plus leier Pieter Groenewald, wat dit ingelui het deur daarop te wys dat “waar die wêreld se gemiddelde moordsyfer 7 per 100 000 van die bevolking is, is dit in Suid-Afrika 33 per 100 000.
Wat Polisielede aanbetref is die syfer 54, terwyl 133 boere per 100 000 van die bevolking vermoor word. Syfers wat ek van die polisie self gekry het, wys dat daar sedert 1991 altesame 2 393 moorde en 14 589 aanvalle op plase was. Baie van die aanvalle is so buitengewoon wreed dat daar nie gesê kan word dit is slegs gewone misdaad nie.”
Die DA het by monde van hul skadu-minister van Landbou Annette Steyn sterk uitgekom teen plaasaanvalle en die wreedaardigheid daarvan, terwyl Cope-leier Mosiuoa Lekota die leier van die EFF Julius Malema, wat nie teenwoordig was nie, sterk veroordeel het vir sy rassistiese en opruiende uitsprake jeens blankes.
Lekota het ook gesê pres. Jacob Zuma vererger die situasie in SA as hy voorsing “Bring my masjiengeweer”. Sprekers namens die ANC was gematig t.o.v. die onderwerp, maar aan die negatiewe kant het ‘n ANC-lid oor boere uitgeroep: “Bury them alive!” Voorts het vroulike spreker van die EFF geen simpatie gehad en blanke boere veroordeel vir hul “rassistiese optrede jeens swart werkers”.
Die spreker van die UDM het ook blanke boere vir hul gesindheid en optrede verkwalik. Dit was opvallend dat baie ANC-Parlementslede afwesig was tydens die debat en dat twee Parlementêre komitees afsonderlik voortgegaan het met hul vergaderings terwyl die debat oor plaasmoorde aan die gang was. UDM-leier Bantu Holomisa, IVP-leier Mangosuthu Buthelezi en ACDP-leier Kenneth Meshoe het nie eens self tydens die debat gepraat nie.
Speaker Baleka Mbete was ook nie teenwoordig nie en was 'n junior beampte voorsitter van die vergadering.

Die krisis of SASSA op 1 April wel in staat gaan wees om vir die maand sowat R2,3 miljard aan meer as 17 000 welsynsbegunstigdes te betaal, sleep voort met die bevinding in 2014 van die Grondwethof wat steeds staan dat die kontrak met die diensverskaffer CPS onwettig is. Dit beteken dat CPS op hierdie stadium nie in 'n posisie is om die uitbetalings op 1 April regmatig namens SASSA te doen nie.
Die Tesourie wil nie die geld vrystel alvorens die Grondwethof 'n uitspraak gegee het dat daar wel 'n regmatige wyse is waarop CPS die uitbetalings kan hanteer nie. Daar is geen ander instansie wat enigsins gerat is om die uitbetalings op 1 April 2017 te doen nie. Die verdere kinkel in die kabel is dat CPS 'n verhoogde fooi van sowat R1,3 miljard vra om die uitbetalings weer en op 'n verlengde kontrak te doen.
Intussen verpas Minister van Maatskaplike Ontwikkeling BathabileDlamini die een na die ander afspraak met die Parlementêre Komitee oor Openbare Rekeninge (Skoor) om verslag oor die stand van die situasie te doen.

Die SAA (South African Airways) wat die afgelope jare al R14,5 miljard belastingbetalergeld van die regering moes ontvang ten einde finansieel kop bo water te hou, veral in die laaste paar jaar onder die omstrede raadsvoorsitter Dudu Myeni, het 'n verdere terugslag gekry toe die Gautengse Hooggeregshof ten gunste van Comair beslis het dat die SAA jeens hulle “onmededingend” opgetree het en 'n boete van R1,16 miljard moet betaal.
Dit volg op die onlangse berig dat Myeni namens SAA aan konsultante R21 miljoen betaal het om na korrupsie in SAA te “kyk”, maar waaruit geen aksie nog voortgevloei het nie.

Na die duiselingwekkende berigte dat PetroSA 'n verlies i.t.v. waardedaling van R14,5 miljard gely het in die 2014/15 finansiële jaar, blyk dit nou dat 'n verdere R1,1 miljard waardedaling plaasgevind het by die maatskappy in die finansiële jaar 2016/17. Dit bring die totaal op R15,6 miljard te staan, wat vir alle praktiese doeleindes eenvoudig weg is by PetroSA.
Hierdie berigte toon die ontsaglike verliese wat staatsondernemings ly, met die miljarde rand wat tans by Prasa soek is.

Die Volksraad Verkiesingskommissie het bekendgemaak dat 'n vergadering op 8 April 2017 te Belville gehou gaan word om te besin oor die afhandeling van die mandaat van die huidige Volksraad wat in 2011 verkies is en die verkiesing van 'n nuwe Volksraad met 'n nuwe mandaat. Die presiese plek is die Evangelies Gereformeerde Kerk Tygerberg, h/v Uys Krige en JIP de Jagerstraat.

Vir meer inligting kontak Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 012 803 0712.

Die Stad van Kaapstad is geskeduleer om voor die einde van vanjaar 11 elektries-aangedrewe busse vir sy openbare vervoerstelsel aan te koop en in gebruik te stel. Die bestelling ter totale waarde van R126 miljoen is by die Chinese groenenergie maatskappy BYD, wat reeds sodanige elektries-aangedrewe busse wêreldwyd verskaf het, insluitende 51 busse vir die Stad van Londen. Afgesien van die busse, is BYD ook gekontrakteer om aan Kaapstad herlaaistasies vir die busse, databestuurstelsels, onderdele, tegniese ondersteuning en opleiding van personeel insluitende meganiese personeel, te verskaf. BYD oorweeg ook om 'n vervaardigingsaanleg vir elektriese busse in Kaapstad te vestig met 'n 70% plaaslike inhoud.

Die Karoo Mighty Men byeenkoms vind vanjaar 28 – 30 April plaas te Middelburg, Oos-Kaap. Dit begin die 28ste om 18:00 en dan eindig dit Sondag 30 April om 12:00. Besprekings en navrae: 082 8577 839 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of besoek www.karoommc.co.za.

'n Mediaverklaring van die VF Plus lui: “Die ANC se beweerde plan om die regbank radikaal te transformeer, moet op elke wyse moontlik teengestaan word. Luidens 'nberig in die Sunday Times blyk dit dat die ANC meen regters is ‘ teen-revolusionêr’ en dat die Geregtelike Dienstekommissie (GDK) sy werkwyse moet aanpas met die aanstelling van regters. Hierdie voorneme van die ANC moet ten sterkste veroordeel word. Dit is duidelik dat die ANC nie daarvan hou dat die regbank hom tot verantwoording roep soos telkemale in die onlangse verlede gebeur het nie. Dit raak
duidelik dat die ANC nie glo in die oppergesag van die reg nie, maar in die oppergesag van die ANC.”

In 'n mediaverklaring sê die VF Plus dat Minister van Gesondheid dr. Aaron Motsoaledi, wat gereken word as een van die min “beter” ministers in die kabinet, “geen idee het wat die stand van nalatigheid in die hospitale is nie. Dit het aan die lig gekom in antwoord op ‘ n geskrewe Parlementêre vraag. Wat die situasie selfs erger maak, is dat selfs na die landwye verontwaardiging oor die dood van meer as 100 psigiatriese pasiënte, daar steeds geen poging aan die kant van die Minister of sy departement was om nalatigheid in staatshospitale te monitor nie. Die hoofvraag was hoeveel mense elke jaar sedert 2009 weens nalatigheid deur mediese en ander personeel dood is in staatshospitale, in watter hospitale dit gebeur het, en wat die aard van die nalatigheid was. Dit is absoluut skokkend dat die Minister erken hy het geen idee hoeveel mense weens nalatigheid in staatshospitale sterf nie. Dit is tog onmoontlik om so totaal in die duister te wees oor so ‘ n ernstige saak.”

Beide die Wetsontwerp op Onteiening en die Wetsontwerp op die Regulering van Grondbesit spruit uit die bekruipende sug van radikale swartmense om grond en die besittings van blankes sonder vergoeding te mag ontneem. Dit het in Zimbabwe gebeur, maar ANC politici het jare gelede gesê dit sal nooit in Suid-Afrika gebeur nie.

In 2013 het pres. Jacob Zuma egter tydens die verjaardagviering van die ANC gesê dat 'n wet nodig is om grond en eiendom te mag vervreem sonder vergoeding. Hy het ook gesinspeel daarop dat blankes die grond van swartmense in SA “gesteel” het.

Mettertyd het hierdie wekroep al sterker geword en het Zuma openlik begin verklaar “dat blankes die grond van swartmense in die land gesteel het en dat dit sonder vergoeding aan die regmatige eienaars terugbesorg moet word.” Hy het ook gesê dat al die moeilikheid in SA het begin die dag in 1652 toe Jan van Riebeeck voet aan wal gesit het.

Spoedig het 'n koor van radikale swart aktiviste vir Zuma al sterker begin steun, met Julius Malema en sy EFF die voorsangers. Vir laasgenoemde het blatante grondgryp sonder vergoeding formele beleid geword en sê hulle “blankes is besoekers wat op hul plek gesit moet word.”

Die gevolg was dat die Wetsontwerp op Onteiening in 2013 die lig gesien het as monsterwet wat die Wet op Onteiening van 1975 moes vervang. Laasgenoemde wet was bedoel om te help om openbare infrastruktuur te bestuur en het markverwante vergoeding in die geval van onteiening voorgeskryf.

Die nuwe wetsontwerp verander die bepaling van vergoeding volgens markwaarde na “billike en regverdige” vergoeding soos dit in artikel 25 van die Grondwet uiteengesit word. Verder bekragtig die huidige wetsontwerp ook die vermoë van die staat om in die “openbare belang” te onteien. In dié opsig sluit die openbare belang grondhervorming en gelyke toegang tot die land se hulpbronne in – dus duidelik polities-gedrewe.

Die reg op private besit van grond en eiendom, regmatig verkry op die basis van gewillige-verkoper-gewillige-koper en gedokumenteer in die aktekantoor, vorm sedert die vroegste beskaafde tye in SA en in die res van die vrye wêreld die hoeksteen van 'n vrye markekonomie. Dit is dan ook uitdruklik verskans in die huidige Grondwet van SA, 108/1996, artikel 25, wat soos volg lui: “25 (1) Niemand mag eiendom ontneem word nie behalwe ingevolge 'n algemeen geldende regsvoorskrif, en geen regsvoorskrif mag arbitrêre ontneming van eiendom veroorloof nie. (2) Eiendom mag slegs ingevolge 'n algemeen geldende regsvoorskrif onteien word – (a) vir 'n openbare doel of in die openbare belang; en (b) onderworpe aan vergoeding, waarvan die bedrag en die tyd en wyse van betaling òf deur diegene wat geraak word aanvaar is of deur 'n hof bepaal of goedgekeur is.”

Die wetsontwerp van 2015 is dus in stryd met die Grondwet en boonop word in die wetsontwerp gesê: “Property is not limited to land and includes a right to such property.” Die Wetsontwerp op Onteiening bevat dus 'n sluwe, verreikende voorsiening dat enige eiendom – ook persoonlike besittings, huisinhoud, voertuie, aandele, ens. – sonder vergoeding ontneem kan word.

Daarenteen voer die regering aan dat die nuwe wet nodig is om onteiening landwyd op 'n eenvormige, prosedureel korrekte en nie-arbitrêre wyse te bestuur. Daar word voorts aangevoer die doelwitte van grondhervorming en gelyke toegang tot hulpbronne, as deel van die sogenaamde openbare belang, word ook sterk nagestreef. Die regering ag dus die regverdiging om te onteien breër as bloot net die bou van openbare infrastruktuur.

Volgens kritici van die wetsontwerp, soos verskeie opposisiepartye, Agri SA, Solidariteit, die Instituut vir Rasseverhoudinge, ens., is die bewoording van die teks so wyd dat dit inderdaad 'n Trojaanse perd vir onteiening van eiendom is sonder vergoeding. Hulle sê 'n gevolglike verswakking van private besitregte van ekonomiese hulpbronne en bates sal katastrofale gevolge vir die ekonomie inhou.

Sonder eiendomsekerheid sal plaaslike belegging en kapitaalaanwending ernstig gestrem word en kan kapitaalwaardes van eiendom intuimel. Verder bestaan die moontlikheid natuurlik ook dat die onteiening met korrupsie vervleg sal word.

Inmiddels word die gedreun uit radikale politieke geledere al harder dat “blankes die grond gesteel het en dat dit sonder vergoeding teruggevat moet word. "Dit word gestel as sleutel tot “radikale ekonomiese transformasie, volvoering van die Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) en kitsoplossing vir grootskaalse swart armoede in die land.”

Zuma is die voorbok in hierdie verband en wil nou hê dat 'n splinternuwe wet aanvaar moet word wat grondonteiening sonder vergoeding maklik maak en dat die Grondwet dienooreenkomstig gewysig word. Hierin word hy gesteun deur die feitlik 24/7 stroom propaganda uit DStv kanaal 405 van ANN7 van die Guptas.

Inmiddels is die Wetsontwerp op Onteiening in 2016 deur die Parlement goedgekeur en na pres. Zuma verwys vir ondertekening en bekragtiging as wet. Zuma het dit egter, eienaardig genoeg, nie geteken nie en dit terugverwys na die Parlement met die kommentaar dat iets van die wetsontwerp of iets prosedureels strydig met die Grondwet is en dat die wetsontwerp weer hersien moet word. Vir die volle teks van hierdie wetsontwerp, kliek hier.

Met die debat oor hierdie wetsontwerp in die Parlement het Malema van die EFF 'n mosie ingedien dat alle swart Parlementslede, insluitende die ANC, moet saamstaan en goedkeur dat 'n wet geformuleer en aanvaar word wat grond- en eiendomsontneming magtig. Die mosie is egter met 261 teen 33 stemme verwerp.

Dit was 'n wonderbaarlike slag vir voorgenome grondgryp en het bewys dat daar 'n formidabele element van swartes in die land is wat grondontneming sonder vergoeding afwys – 'n bemoedigende teken. Desondanks word die eise om grond in blanke besit al skerper en is as gevolg hiervan is die Wetsontwerp op die Regulering van Grondbesit in Maart 2017 deur Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Gugile Nkwinti in die Staatskoerant gepubliseer vir openbare kommentaar - slegs tot en met 17 April 2017. Hierdie wetsontwerp het duidelik ten doel om grond van blankes met 'n steelhou in te palm, inderwaarheid om blankes te ontneem van die reg om grond te besit.

Volgens die wetsontwerp sal, indien dit aangeneem word, geen blanke meer eerste die keuse hê om grond te koop nie en sal blanke boere eers wanneer die minister en moontlike swart grondkopers nie belangstel nie, landbougrond kan koop. Selfs landbougrond uit bestorwe boedels word ook aan die beoogde wet onderwerp en moet dit eerste aan die minister en potensiële swart kopers aangebied word voordat dit deur blanke erfgename of ander blankes uit die boedel aangekoop kan word.

Die minister sal ook ingevolge die wetsontwerp landbougrond kan onteien in gevalle waar nie op 'n bedrag tussen die departement en die grondeienaar ooreengekom kan word nie. Vir die volle teks van die wetsontwerp, in Engels, kliek hier.

 http://www.gov.za/documents/regulation-agricultural-land-holdings-bill-draft-17-mar-2017-0000

Midde-in die rumoer oor grond en die kontroversie rondom die Wetsontwerp op Onteiening en die Wetsontwerp op die Regulering van Grondbesit staan die feite van die breë aangeleentheid kortliks soos volg:

  • Volgens historiese vestigingspatrone in wat later Suid-Afrika sou word sedert die 17de eeu, het blankes op onbewoonde grondgebiede gevestig en nêrens grond onregmatig beset nie.
  • Blankes het beskawing in SA ingebring deur wet en orde toe te pas, die wiel bekend te stel, plase en dorpe op te meet, geboue op te rig, paaie, brûe en spoorlyne te bou, mynbou toe te pas en 'n Christelike staatstruktuur te vestig.
  • Die vermoë om grond produktief te benut in die algemene belang, is 'n sleutelfaktor.
  • Sowat 33 000 kommersiële, meesal blanke, boere maak dat SA 'n netto uitvoerder van voedsel is - die enigste op die vasteland.
  • Die mislukkingskoers van grond wat ingevolge “grondhervorming” aan swart boere gegee is, is nagenoeg 95%. Boonop verkies swart begunstigdes meesal geldelike uitbetaling bo grond as sulks.
  • Daar is baie meer grond in staatsbesit en gereserveer vir tradisionele swart gebiede soos die Transkei, QwaQwa, ens., ens. as wat die aanvraag huidiglik onder swart mense is vir produktiewe benutting. Dit op sigself maak dit oorbodig dat grond by blankes gevat moet word om aan sg. “grondhonger” swartes te gee.
  • Sedert die nuwe SA bedeling na 1994 het almal toegang tot grond in SA wat nie vir swart en bruin mense gereserveer is nie, d.m.v. die vrye mark meganisme van vrywillige-verkoper-vrywilige-koper.

Dit is waar die saak tans staan en voel Ditsem Nuus as Afrikaanse koerant dat 'n petisie teen beplande grondgryp soos vervat in die Wetsontwerp op Onteiening en die Wetsontwerp op die Regulering van Grondbesit, so sterk as moontlik ondersteun moet word en by die Parlement ingedien behoort te word ter ondersteuning van Parlementslede wat albei wetsontwerpe geskrap wil hê. Sonder om reaksionêr te wees, meen ons dat die 1975 Wet steeds voldoende voorsiening maak vir die kwessie van onteiening in die openbare belang.

Derhalwe vra ons ons lesers drie sake:

Met entrepreneurskap wat die sleutel is vir ontwikkeling van die kleinsakesektor in enige ekonomie en wat weer op sy beurt die grootste stimuleerder van ekonomiese groei en die grootste werkverskaffer is, is dit wetenswaardig dat 'n bedryfsregseminaar (franchise seminar) op 9 Maart 2017 deur die Franchise Association of South Africa (FASA) in Bloemfontein aangebied word. Daar is tans in SA sowat 40 000 bedryfsregondernemings wat gesamentlik meer as 10% tot die BNP bydra. Die sukseskoers van bedryfsregte (franchises) word op 90% gestel, terwyl navorsing toon dat 80% van bedryfsregondernemings gelukkig is met hul bedryfsreghouers en dat 72% van berdyfsregondernemings optimisties is oor die toekoms van hul besighede.
Dit is teen hierdie agtergrond dat FASA 'n reeks seminare in die groot stede van die land aanbied. Die geleentheid in Bloemfontein vind plaas te Nelson Mandelarylaan 108 vanaf 11:30 tot 14:00. Die koste beloop R100 per persoon en sluit in 'n eksemplaar van die 2017 FASA Bedryfsreghandleiding en 'n komplementêre toegangskaartjie vir die FASA Franchise Business Festival30 Junie – 2 Julie 2017 te Kayalami.Meer besonderhede by Giuli Osso by 011 615 0359 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of besoek www.fasa.co.za.

Die volgende is 'n ledeverklaring wat dr. Pieter Mulder van die VF Plus in die Parlement gemaak het oor die betekenis van die Slag van Majuba op 27 Februarie 1881:Die tweede helfte van die 19de eeu in Suider-Afrika is gekenmerk en oorheers deur Britse imperialisme en Britse kolonialisme. Cecil John Rhodes het die simbool van hierdie Britse imperialisme in Suidelike Afrika geword en in n toespraak by Oxford in 1877 het hy gesê: I think that what God would like me to do is to paint as much of the map of Africa British Red as possible.
As gevolg van hierdie benadering volg die Anglo-Zoeloe oorlog in 1879 tussen die Britse Ryk en die Zoeloe Koninkryk. Dit word in 1881 gevolg deur die eerste Anglo-Boereoorlog tussen die Britse Ryk en die Afrikaner Boere burgers van die Zuid-Afrikaansche Republiek. Gister was dit presies 136 jaar na die slag van Majuba waar die Britte oortuigend deur die Boere verslaan is. Die Britse genl. Colley het die berg Amajuba beset as deel van sy veldtog om die ZAR in te val en vir Brittanje te annekseer.
Die Boere o.l.v. van genl. Piet Joubert en Nicolaas Smit het die Britte egter oortuigend verslaan in wat ek graag die Eerste Vryheidsoorlog noem. Colley is tydens die geveg gedood. Hierdie oorlog was die enigste oorlog wat die Britte in die 19de eeu en tot vandag toe verloor het. Hulle het ook alvier die veldslae tydens die oorlog verloor. Ons bring graag hulde aan daardie Boere wat bereid was om te veg teen Britse imperialisme."

Daar heers groot omstredenheid rondom Brian Molefe wat deur pres. Jacob Zuma na die Parlement ontplooi is, na gespekuleer word om in 'n invloedryke pos t.o.v. die Dept. van Finansies aangestel te word. In die eerste plek het Molefe einde verlede jaar homself genoop gevoel om te bedank as uitvoerende hoof van Eskom nadat die Openbare Beskermer hom met klinkklare bewyse geïmpliseer het as 'n meeloper van die Gupta-familie en hul staatskaping-verbintenis met Zuma.
Tweedens, vóór Eskom was Molefe uitvoerende hoof van Transnet waar hy vyandiggesind was t.o.v. die kontroversiële terughouding van pensioengeld ter waarde van sowat R79 miljard aan 67000 verarmde, afgetrede Transnet werknemers en het Molefe gesê dat hulle begunstigdes van apartheid is wat op geen vergoeding aanspraak kan maak nie. As die pensioenarisse die rewolusie in die strate verder wil voer, moet hulle net so sê. Derdens het Molefe tydens sy termyn by Eskom 'n borgskap van R840 000 skynbaar onregmatig toegeken aan die verbete anti-blanke aktivis Jimmy Manye vir sy sg.
Progressive Professionals Forum, wat aktief 'n stryd voer om van Pravin Gordhan as Minister van Finansies ontslae te raak. Vierdens het dit aan die lig gekom dat Molefe 'n paleis van 'n woning in die luukse landgoed Cornwall Hill in Pretoria, as 'n tweede woning by 'n mede-ANC kader gekoop het vir R10 miljoen, terwyl die markwaardasie van die eiendom op R18 miljoen geraam word.

‘n Sanral-projek om die N12 tussen Kimberley en Hopetown, veral die gedeelte vanaf Ritchie na Hopetown, te herseël, veroorsaak tans groot oponthoude vir verkeer en is daar bv. tussen Ritchie en Hopetown minstens agt stop-ry-punte. Die brug oor die Oranjerivier by Hopetown word ook tans breër gemaak met nog 'n baan met pilare in die rivier wat bygebou word. Hierdie is 'n projek op sy eie wat deur die firma Botes & Kennedy Manyano gehanteer word. Na verneem word, behoort die herseëlprojek van Sanral binne die eersvolgende twee maande afgehandel te word, maar die brugprojek sal na verwagting eers teen middel 2018 voltooi word.
Die verkeersvertragings op die pad veroorsaak dat talle mense eerder die roete via Douglas tussen Kimberley en Hopetown volg, maar dit is ‘n ongeveer 70 km draai. Andere reis vanaf Ritchie oor Jacobsdal, Koffiefontein en Luckhoff, maar dit is 'n nog groter draai. In die proses gaan tallose besigheidsure verlore.

Verskeie groot konstruksieprojekte tans onderweg in Kimberley, soos die voltooiing van die Sol Plaatje Universiteit-kampus, die nuwe Lenmed Harthospitaal, die nuwe Fabricia Trading Post DIY-sakekompleks, ens., toon dat daar groot potensiaal vir sake-uitbreiding en entrepreneuriese inisiatiewe in Kimberley is, maar bepaalde knelpunte ondermyn sakevertroue in die stad. Die eerste is gebrekkige dienslewering en instandhouding van infrastruktuur deur die Sol Plaatje Munisipaliteit, in besonder wat betref water en elektrisiteit. A.g.v. onvoldoende vooruitbeplanning in die verlede is opgaarfasiliteite nie behoorlik ontwikkel nie en gevolglik kom onderbrekings in watertoevoer gereeld voor, 'n probleem wat vererger word deur voortdurende pyplekkasies en defektiewe waterpompe.
Waterbeperkings vir inwoners geld steeds ondanks die afgelope goeie reëns. Kragonderbrekings a.g.v. defekte in die munisipale netwerk kom eweneens gereeld voor, met gebiede in die stad wat sporadies sonder krag is en lyk dit soms selfs of beurtkrag aan die orde van die dag is. Nog 'n knelpunt is onwettige sakebedrywighede wat in die stad op redelike algemene skaal voorkom, soos sypaadjiestalletjies wat soos paddastoele opskiet, meesalongelisensieerd is en dikwels besigheid bedryf met produkte onder vals handelsname. Veral in die middestad van Kimberley is dit 'n bydraende faktor tot toenemende misdaad.
Voorts het die Valke en die SAPD onlangs op talle voedselprodukte met verstreke rakleeftyd toegeslaan en dit gekonfiskeer. Vrae word ook gevra in watter mate handelaars soos van Chinese, Pakistani, Bangladesji en Nigeriese oorsprong enigsins belasting, veral BTW, betaal. Ondanks die knelpunte blyk dit volgens 'n ondersoek wat Ditsem Nuus gedoen het, dat dit veral die dienste- en kleinhandelsektor in die stad is wat groei toon, terwyl toerisme in verskillende aspekte ook goed deurkom. Daar is egter nie veel tekens van vervaardiging as die sektor wat die sterkste stimuleerder vir ekonomiese groei is nie en is daar bv. weinig nuwe besighede wat in 'n nywerheidsgebied soos Kimdustria oopmaak.

Bladsy 87 van 99
Go to top