► MRK besluit om sy hoof van regsdienste Buang Jones te ondersoek en te verbied om weer met media te praat oor sy voortydige en rassistiese kommentaar oor Eben Etzebeth-saak ► Volgens die organisasie ToekomsVonk was daar vanaf 1 Januarie vanjaar tot 30 September 350 plaasaanvalle en 41 plaasmoorde in SA, oudste slagoffer 96 jaar, gemiddeld 4 aanvallers per voorval, met in een geval 20 aanvallers ► Volgens syfers van Minister van Basiese Onderwys Angie Motshekga is daar tans 1 126 openbare enkelmedium Afrikaanse skole in die land, teenoor 1 279 in 2017; 1 112 openbare skole dubbelmedium in Afrikaans en Engels, dus tans 2 238 skole wat onderrig in Afrikaans ► Universiteit van Vrystaat weier om erflating te aanvaar vir ’n “blanke, behoeftige, talentvolle student”; hooggeregshof in Bloemfontein staan aansoek van FNB toe dat “blanke” uit die testament geskrap word ► NG Kerk Algemene Sinode besluit om formulering van beleid oor selfdegeslagverhoudings van heel vooraf te begin ► Terwyl sommige banke takke sluit, kondig FNB aan dat dit vanjaar 7 takke gaan open in Oos-Kaap, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en Wes-Kaap ► Ter viering van 70-jaar van Kommunisme in China vertoon Chinese weermag in Beijing skrikwekkende interkontinentale wapentuig – sien videogreep ► Ditsem Nuus besig om spesiale fokus saam te stel getiteld Tuisskoling: Oplossing vir onderwyskrisis in die land – enige diensverskaffer of rolspeler in die bedryf wat inset wil maak, skakel 082 773 2150 of advertensies@ditsem.net ► Projek VatVyf kry reaksie op beplande projek Operasie Brandhout om blanke Afrikanermeisies en -vroue in Nigeriese seksslawehandel in die land te probeer bevry, nog medewerkers / ondersteuners / finansiering benodig – skakel 053 207 0127 of epos projekvatvyf@gmail.com – sien videogreep ►

Terwyl in SA ‘ n politieke storm woed oor grondhervorming het die Sunday Timesberig Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Gugile Nkwinte het na bewering R2 miljoen “kommissie” ontvang vir die verkoop vn ‘ n plaas in Limpopo ter waarde van R97 miljoen ten gunste van ANC-kaders. Nie een van die twee begunstigdes verskyn glo op die departementele databasis as moontlikebegunstigdes vir grondeiese nie, terwyl hulle glo ook nie beskik oor ‘ n sakeplan of enige landbou-ervaring nie.
Inmiddels is die DG van dieselfde departement, Mdu Shabane, geskors nadat ‘ n forensiese ondersoek aan die lig gebring het dat hy betrokke was by die onregmatige aanskaffing van plase. Verlede jaar is die adjunk-DG van dieselfde departement afgedank vir korrupsie.

Die volgende is ‘ n uittreksel uit die toespraak wat DA-leier Mmusi Maimane in die Parlement gelewer het die dag na die staatsrede van pres. Jacob Zuma:

“We saw a glimpse of this future on Thursday night, and it looked very much like our painful past. South Africa will never forget what happened on Thursday. And we will never forget the reaction of the man at the centre of it all. The President who stands accused of 783 counts of corruption, fraud, money laundering and racketeering.

The President who built his house – his monument of corruption – on the backs of the poor. The President who is selling our country to foreign agents. We will never forget how he laughed. It was the laugh of an enemy of the people. While the connected few gorge themselves on caviar and champagne, the young people of this country are yet to taste the fruits of freedom.

They are our Lost Generation - nearly six million mainly black young South Africans who can’ t find work.
The lost generation is the half a million mainly black children who disappear from our education system each year.
The lost generation is the three million South Africans under the age of 25 who are Not in Education, Employment or Training.The Quarterly Labour Force Survey released today tells us that a further 340,000 youths have joined the ranks of the unemployed in the past year.

Don’ t be fooled by the language in President Zuma’ s speech. His project, and that of the ANC, is the accumulation of personal wealth. When the President talks about accelerating land reform, what he really means is more dodgy deals for ANC cronies. He’ s talking about narrow-based land deals like the Limpopo farm that Minister Nkwinti lined up for his ANC friends. R130 million rand of public money went to enriching two ANC cronies while 31 farm workers went unpaid and a productive farm fell into disrepair. When the President talks about BEE and the Black Industrialists Programme, what he really means is a scheme to make 100 of his closest friends and family very rich.The President said nothing about the government’ s plans for a trillion Rand nuclear build. We all know the ANC is forging ahead with a nuclear plan that will enrich the President and his friends on a scale of looting not seen in our country before.

President Zuma wants us to believe the MPRDA Bill and proposed State Mining Company will benefit the people. But we all know these are just moves to line ANC cronies up with lucrative mine deals – moves that will scare off investors and threaten thousands of jobs.”

Daar is bekendgemaak dat die Preller Plein winkel- en sakesentrum in Dan Pienaar, Bloemfontein, oor die volgende 14 maande opgegradeer gaan word deur die toevoeging van agt nuwe groot winkels in die parkeerterrein voor Standard Bank, ‘ n binnehof vir kinderpret in die huidige parkeergebied voor Caramello’ s, ‘ n Woolworths Cafe langs die bestaande Woolworths, FNB wat verskuif na langs ABSA, vier nuwe parkeervlakke waarvan drie oor Prellerstraat na die Preller Walk sentrum sal wees en 10 tot 12 kiosks vir kleiner besighede.
Volgens die beplanning sal daar in totaal 850 parkeerplekke beskikbaar wees. Die totale opgraderingskoste word op R100 miljoen geraam.

In die sage rondom politieke beheer oor die Tesourie en die pogings van pres. Zuma en sy meelopers om van Minister van Finansies Pravin Gordhan ontslae te raak, het Oakbay Investments hofstukke by die Gautengse Hooggeregshof ingedien waarin bepaalde finansiële state noodwendig blootgelê moes word. Daaruit blyk dit dat die Gupta-maatskappy Tegeta op 28 Februarie 2015 R2 208 947 verdien het – alles uit die private sektor – maar teen 29 Februarie 2016 het Tegeta R496 263 141 verdien, waarvan R493 474 166 uit staatskontrakte was.
Dit blyk dat hierdie inkomste hoofsaaklik was uit verkope van steenkool aan Eskom.

In die sage rondom politieke beheer oor die Tesourie en die pogings van pres. Zuma en sy meelopers om van Minister van Finansies Pravin Gordhan ontslae te raak, het Oakbay Investments hofstukke by die Gautengse Hooggeregshof ingedien waarin bepaalde finansiële state noodwendig blootgelê moes word. Daaruit blyk dit dat die Gupta-maatskappy Tegeta op 28 Februarie 2015 R2 208 947 verdien het – alles uit die private sektor – maar teen 29 Februarie 2016 het Tegeta R496 263 141 verdien, waarvan R493 474 166 uit staatskontrakte was.
Dit blyk dat hierdie inkomste hoofsaaklik was uit verkope van steenkool aan Eskom.

Verskeie berigte uit verskillende oorde toon hoe die dierelewe van Afrika deur buitestaanders gestroop word. So bv. het die omgewingsorganisasie Namibian Chamber of Environment (NCE) in ‘ n ope brief die Chinese ambassadeur in Windhoek gevra om in te gryp in die Chinese plundering van wild en die omgewing in Namibië.


In die brief word gedetailleer hoedat namate meer Chinese in alle gebiede in Namibië gevestig het en klein ondernemings begin het en prospekteerlisensies verkry het, stropery en die uitvoer van wildprodukte die hoogte in geskiet het. Die NCE beweer dat die omgewingskade wat Chinese tot dusver in Namibië aangerig het, konserwatierf sowat R811 miljoen beloop terwyl renosters en olifante in Namibië toenemend gestroop word, die hoogsbedreigde ietermagog gevang en uitgevoer word en visnette op nywerheidskaal vanaf Zambië ingebring word om die visbevolkings in die Zambezi-, Chobe-, Kwando- en Okavangorivier te vernietig.


Vroeër is berig hoedat China wild uit Zimbabwe met Boeings gevlieg het as betaling van skuld deur Robert Mugabe, o.a. 35 jong olifante, 8 leeus en 12 hiënas. Verder noord word na raming 150 000 primate van 16 spesies jaarliks op markte in net Nigerië en Kameroen verkoop en staar baie van hierdie spesies uitwissing in die gesig.


Betroubaar word geraam dat 35 000 olifante in Afrika jaarliks gedood word –ongeveer een elke 15 minute. In Suid-Afrika is die afgelope 10 jaar meer as 8 000 renosters gestroop, terwyl onlangs die absurditeit aan die lig gekom het dat Chinese duisende donkies jaarliks afslag vir hul velle en die velle uitvoer – in slegs een geval is in Benoni op 5 000 donkievelle afgekom bestem vir die Chinese uitvoermark.

Verskeie berigte uit verskillende oorde toon hoe die dierelewe van Afrika deur buitestaanders gestroop word. So bv. het die omgewingsorganisasie Namibian Chamber of Environment (NCE) in ‘ n ope brief die Chinese ambassadeur in Windhoek gevra om in te gryp in die Chinese plundering van wild en die omgewing in Namibië.


In die brief word gedetailleer hoedat namate meer Chinese in alle gebiede in Namibië gevestig het en klein ondernemings begin het en prospekteerlisensies verkry het, stropery en die uitvoer van wildprodukte die hoogte in geskiet het. Die NCE beweer dat die omgewingskade wat Chinese tot dusver in Namibië aangerig het, konserwatierf sowat R811 miljoen beloop terwyl renosters en olifante in Namibië toenemend gestroop word, die hoogsbedreigde ietermagog gevang en uitgevoer word en visnette op nywerheidskaal vanaf Zambië ingebring word om die visbevolkings in die Zambezi-, Chobe-, Kwando- en Okavangorivier te vernietig.


Vroeër is berig hoedat China wild uit Zimbabwe met Boeings gevlieg het as betaling van skuld deur Robert Mugabe, o.a. 35 jong olifante, 8 leeus en 12 hiënas. Verder noord word na raming 150 000 primate van 16 spesies jaarliks op markte in net Nigerië en Kameroen verkoop en staar baie van hierdie spesies uitwissing in die gesig.


Betroubaar word geraam dat 35 000 olifante in Afrika jaarliks gedood word –ongeveer een elke 15 minute. In Suid-Afrika is die afgelope 10 jaar meer as 8 000 renosters gestroop, terwyl onlangs die absurditeit aan die lig gekom het dat Chinese duisende donkies jaarliks afslag vir hul velle en die velle uitvoer – in slegs een geval is in Benoni op 5 000 donkievelle afgekom bestem vir die Chinese uitvoermark.

Soos hierbo aangedui word letterlik burgeroorlog teen blankes op eskalerende skaal aangeblaas en word gekyk na die wetgewing wat deur die Parlement geloods word en probeer geloods word, dan sit die land voorwaar met ‘ n krisis.m Hoe kan ‘ n land in homself so haat aanblaas teen ‘ n deel van sy eie bevolking?
Hoe kan jy van mense wat saam met hul voorgeslagte vir eeue in hierdie land gewoon en gewerk het, eenvoudig al hulle eiendom en bestaansvermoë wegneem en dan verwag hulle moet dit met gevoude hande aanvaar?
Wat as die staat nie sy plig nakom deur die eiendom en lewe van mense beskerm nie en hulle hul op die laaste opsie beroep om self met geweld hul lewe en eiendom te verdedig?
Dit is waarop die feitelike situasie tans in SA afstuur, soos ook blyk uit die stroom plaasteregstellings en is die noodwendige vraag wat gaan blankes en in besonder Afrikaners as ‘ n volk in eie reg hieromtrent doen?
Het die tyd vir regmatige terugveg gebaseer op morele hoëgrond aangebreek?

Verskeie nasionale en internasionale sportgeleenthede is geskeduleer om vanjaar in Bloemfontein plaas te vind.

Op 8 Maart is die Rosestad die gasheer vir een van vier nasionale atletiekbyeenkomste van die nuwe Speed-reeks, terwyl verskeie wedstryde in die nasionale Premierliga-netbalreeks in Bloemfontein beslis word. Dit sluit in al die uitspeelwedstryde en ook geleentheid vir die Vrystaat-Crinums om hul nasionale titel te verdedig.

Op 30 September pak die Springbokke die Wallabies in 'n toets in die Rugbykampioen-skap in die Toyota Vrystaat Stadion, terwyl op 6 Oktober 'n kriekettoets tussen die Proteas en Bangladesj in die Rosestad plaasvind. Op 26 Oktober is die Proteas ook teen Bangladesj in 'n T-20 wedstryd in die stad in aksie.

Die toepassing van rassekwotas het SA sport al ontsaglike skade berokken, soos dat ‘n blanke sportman of –vrou nie vir ‘n span gekies kan word nie, al is hy / sy op meriete die beste keuse. Ook weet ‘n sportpersoon van kleur dikwels dat hy / sy nie werklik die eer verdien om in ‘n span te speel nie.

Dit geld veral vir nasionale spanne. So gaan baie talentvolle sportlui verlore en groot getalle van hulle gaan dan inderdaad hul heil oorsee soek aan die hand van aanloklike finansiële aanbiedinge.

Nog ‘n tragiek is dat SA spanne dikwels die onderspit moet delf teen buitelandse spanne in gevalle waar hulle, indien hulle op vol meriete sterkte was, bo kon uitgekom het.

Dit is egter nie net op deelname vlak waar sport in die land benadeel word nie, maar ook op afrigters-, keurder- en administrateursvlak. So kom dikwels nie die beste mense in die uitvoerende posisies nie en word sodoende die sportstruktuur verder verswak.

Kwotas in sport is afgesien van die blote onregverdigheid daarvan, ook blatante rassediskriminasie, is dit strydig met die SA Grondwet en is dit strydig met die bepalings van alle internasionale sportkodes. Desondanks sportkodes kom die ANC-regering weg met feitlik moord en is die vraag hoe lank blanke sportgeesdriftiges nog genoeë gaan neem met hierdie skreiende onreg.

Een van die klassieke voorbeelde was die Krieket Wêreldbeker in Maart 2015 toe Minister van Sport Fikile Mbalula op die laaste nippertjie ingemeng het met ‘n wennende Proteaspan en aangedring het dat opvorm snelbouler Kyle Abbott (blank) vervang moet word met herstel-van-besering Vernon Philander vir die halfeindstryd teen Nieu-Zeeland – ‘ n wedstryd wat ‘n gedisoriënteerde Proteaspan met 4 paaltjies verloor het.

Die emosionele trauma wat dit vir die spelers veroorsaak het, het lank gevat om verwerk te word. Steeds loop die kwota spook sterk en hoe dit bv. al Springbokrugby gepootjie het en toetswedstryde gekos het, het nie verdere verduideliking nodig nie. Die ANC het reeds aangedui dat vir die Rugby Wêreldbeker in 2019 die helfte van die span gekleurd moet wees. Tans hang uitsluitsel oor Allister Coetzee as afrigter met sy swak rekord in die lig omdat Mbalula nie ‘n blanke kandidaat soos Johan Ackerman, Jake White of Franco Smith wil goedkeur nie.

Ook in ander sportsoorte en natuurlik ook op skole- en studentevlak bly die kwotadeuntjie dieselfde en steeds bly die vraag hoelank regdenkende Suid-Afrkaners nog met hierdie situasie gaan saamleef?

Dit is die grootste ultramarathon ter wêreld, dit strek oor bykans 90 km deur die Vallei van 1 000 Heuwels en dit gryp reeds sedert 1921 die verbeelding van mense aan.

Dit is die beroemde Comrades Marathon wat vanjaar vir Sondag, 4 Junie 2017, op die program is. Die geleentheid, wat vanjaar vir die 92ste keer aangebied word, begin om 05:30 by die Durban Stadsaal en eindig by die Scotsville Renbaan in Pietermaritzburg.

Deelnemers kry 12 ure om die wedloop te voltooi, met goue medaljes vir onderskeidelik die eerste 10 mans en eerste 10 dames, silwer vir almal onder 7½ uur, brons vir onder 11 ure en die Bill Rowan-medalje vir binne 12 ure. Die Comrades is só dat net die eerste 20 000 inskrywings aanvaar word – vir vanjaar se geleentheid het die inskrywings op 1 September 2016 geopen en op 29 November

gesluit met 20 000 inskrywings ontvang. Hiervan is 7 000 nuwelinge. Om te kwalifiseer, moet jy ‘n standaardmarathon (42,2 km) binne 5 ure voltooi het. Die inskrywings vir vanjaar is afkomstig uit 90 lande.

Die Comrades het ‘n ongeëwenaarde rekord van uitstekende organisasie, terwyl wat die geleentheid sy unieke atmosfeer gee, is die entoesiastiese bystand van verversings- en mediese punte op die roete, asook die aanmoediging van duisende toeskouers die hele dag langs die hele roete.

Comrades beteken jaarliks ‘n instroming van besoekers in KZN in en dit word beraam dat dit sowat R600 miljoen inbring vir die provinsiale ekonomie. Een jammerte is dat Comrades die afgelope aantal jare op ‘n Sondag gehou word, maar dit is om logistiese redes. Nietemin kan Sondagsport goedgepraat word?

In Kimberley as die hoofstad van die Noord-Kaap is tans verskeie groot bouprojekte aan die gang, maar swak dienslewering van die Sol Plaatje munisipaliteit veroorsaak dat water in die stad 'n probleem is, dat rommel en afval ophoop en dat die sakekern as 'n misdaadnes bestempel word.

Bouprojekte in die stad wat onlangs voltooi is en/of tans uitgevoer word, sluit in die Sol Plaatje Universiteit onder verdere konstruksie; die nuwe Lenmed Harthospitaal agter die North Cape Mall teen 'n koste van R600 miljoen en vir ingebruikneming Julie vanjaar; die nuwe Day Clinic daghospitaal in Du Toitspanweg onlangs voltooi; die Kim Med daghospitaal ook in Du Toitspanweg, met 'n satellietfasiliteit in Galeshewe; 'n reuse sakekompleks in Memorialweg oorkant North Cape Mall; 'n nuwe DIY sakekompleks in Fabriciaweg; die opgradering van Kimberley Lughawe deur Acsa – fasiliteite, ingang en parkering; die onlangse voltooiing van die vyfster Hotel Kimberley Ann in MacDougallweg; en die Giftly Surprize Sakesentrum ook in MacDougallweg.

Daarenteen het 'n woordvoerder van die Noord-Kaap Kamer van Handel en Nywerheid aan Ditsem Nuus gesê dat swak dienslewering en gebrekkige instandhouding van infrastruktuur deur die munisipaliteit 'n sakeklimaat veroorsaak waarin dit moeilik is vir besighede om behoorlik te funksioneer. Die sekuriteitskameras in die middestad is bv. buite werking en dra daartoe by dat gesê kan word dat misdaad verdriedubbel het.

Desnieteenstaande die probleme blyk dit dat besighede in die stad deur innoverende entrepreneurskap en volharding vooruitgaan en 'n sleutelrol vervul t.o.v. ekonomiese groei, maatskaplike vooruitgang en werkskepping, nie net vir die stad nie, maar ook wyd in die omliggende streek.

Agt besighede onder een dak.
‘n Lankgekoesterde ideal is verwesenlik toe Francois en Annatjie Joubert in Desember 2016 die eerste fase van hul nuwe nywerheidsgebou amptelik geop en het.

Die oorspronklike baksteengebou, wat nou omskep is in ‘n ligte nywerheid-sentrum, was een van die eerste geboue wat die Dept. van Waterwese opgerig het toe die dorp Orania in die tagtigerjare aangelê is.

Dit is dus ‘n geskiedkundige gebou in Orania wat nou opgegradeer en uitgebrei is in gesofistikeerde ligtenywerheidskorwe en dit lui ‘n nuwe tydvak in die nywerheids-ontwikkeling van die dorp in.

Geleë te Olienhoutrylaan in die Nywerheids-gebied van Orania, bestaan die eerste fase van die nuwe ontwikkeling, bekend as Karooland Nywerhede, uit drie straatfront winkels / kantore en vier fabrieksruimtes van 60 m 2 gekombineer met ‘n winkelfront van 25 m 2 elk.

‘n Argitekskantoor beslaan ‘n enkelvoudige kantoorruimte en sodoende word in totaal sewe verskillende besighede in die sentrum onder een dak gehuisves.

Agt besighede onder een dak.
‘n Lankgekoesterde ideal is verwesenlik toe Francois en Annatjie Joubert in Desember 2016 die eerste fase van hul nuwe nywerheidsgebou amptelik geop en het.

Die oorspronklike baksteengebou, wat nou omskep is in ‘n ligte nywerheid-sentrum, was een van die eerste geboue wat die Dept. van Waterwese opgerig het toe die dorp Orania in die tagtigerjare aangelê is.

Dit is dus ‘n geskiedkundige gebou in Orania wat nou opgegradeer en uitgebrei is in gesofistikeerde ligtenywerheidskorwe en dit lui ‘n nuwe tydvak in die nywerheids-ontwikkeling van die dorp in.

Geleë te Olienhoutrylaan in die Nywerheids-gebied van Orania, bestaan die eerste fase van die nuwe ontwikkeling, bekend as Karooland Nywerhede, uit drie straatfront winkels / kantore en vier fabrieksruimtes van 60 m 2 gekombineer met ‘n winkelfront van 25 m 2 elk.

‘n Argitekskantoor beslaan ‘n enkelvoudige kantoorruimte en sodoende word in totaal sewe verskillende besighede in die sentrum onder een dak gehuisves.

In hierdie fokus stel ses van hierdie besighede hulself bekend – die sewende, ‘n vervaardigingsnywerheid, is nog besig om vanaf Gauteng na Orania te verhuis en beplan om in Maart vanjaar operasioneel te wees. Die agtste eenheid sal tydens die volgende fase ontwikkel word.

Orania is een van die min plattelandse dorpe wat progressiewe groei toon en waar daar voortdurend nuwe geboue besig is om op te gaan. Tans is verskeie nuwe woonhuise in aanbou, ‘n nuwe nywerheidskorf is pas in gebruik geneem en nog nywerheidsgeboue is onder konstruksie, terwyl nog behuisings-projekte in die pyplyn is.

Kenmerkend hiervan is dat dit alles met eie kapitaal geskied en dat geensins van staatsgeld gebruik gemaak word nie. Dit alles bring mee dat die Afrikaner-bevolking van die dorp geleidelik toeneem, maar dit is ook so dat om in Orania te vestig en volhoubaar te bestaan, ‘n mens jouself finansieël moet kan dra, hetsy deur ‘n werk met voldoende salaris, of deur ‘n eie winsgewende besigheid.

Hoe dit ookal sy, die gemeenskap van Orania staan nie onaangeraak deur maatskaplike probleme wat oral in die land en trouens in die wêreld voorkom nie, soos emosionele gebreke, sedelike verval, drankmisbruik, dwelmgebruik, ens.

In Orania word die uitdagings in hierdie verband daadwerklik deur bestaande instellings aangespreek, maar die toenemende dinamika van die dorp vereis dat nog meer gestruktureerde maat-skaplike opheffing nodig is. As sodanig kan pionierswerk gedoen word om die verval wat ook in die Afrikaner-gemeenskap ingetree het, effektief aan te spreek.

Hopetown is vir ‘n wye streek die hoofdorp met die aard en verskeidenheid van besighede en dienste beskikbaar. So bv. is daar op die dorp ‘n hospitaal, ‘n sterk gekombineerde laer- en hoërskool, ‘n landdroskantoor, ‘n sterk Polisiestasie, ‘n gevangenis, ‘n provinsiale verkeerskantoor, ens., terwyl ‘n verbasende verskeidenheid van besighede te vind is.

In hierdie promosie kan ‘n kykie gekry word op die relatiewe sterk besigheidskrag van Hopetown.
Die Hopetown Landbouskou beteken vir Hopetown en omgewing jaarliks ‘n sterk ekonomiese inspuiting want baie mense kom na die dorp en omgewing, betaal vir verblyf, etes en ander verbruiks-benodigdhede. Dit is benewens die saketransaksies wat uit Skou en sy bedrywighede voortspruit.

‘n Knelpunt vir plaaslike ekonomiese groei en dus ook maatskaplike vooruitgang is gebrekkige dienslewering en instandhouding van infrastruktuur deur die Thembelihle Munisipaliteit, wat op die dorp gesetel is. ‘n Nuwe raad het egter met die verkiesings verlede jaar aan bewind gekom en daar word gehoop dat samesprekings met die sakegemeenskap en gemeenskapsleiers tot ‘n beter diensbedeling sal lei.
Die feit van die saak is dat ‘n groot projek soos die Hopetown Landbouskou ‘n spanpoging van al die plaaslike rolspelers vereis, want die skou en dit wat die meebring is in belang van alle inwoners.

Reeds vir jare is die Hopetown Landbouskou die mees suksesvolle plattelandse skou met ‘n sterk landbou-inslag in die Bo-Karoostreek. Vanjaar word die skou vanaf 16 tot 18 Februarie aangebied en steeds is die ingesteldheid van die Skoukomitee dat die identiteit dié van ‘n skou is en nie ‘n fees nie, omrede spesifiek erkenning gegee word aan die landbougemeenskap.

As sulks bied die Skou ‘n spieëlbeeld van die landbou in die streek – besproeiing, droëland en veebedryf – terwyl verskeie streeks- en nasionale perdekampioen-skappe vanjaar weer by die Skou aangebied word.

Daar is ook talle landbou-uitstallings van o.m. trekkers en implemente, asook van aspekte soos lamdosering, planttoerusting en skaapskeertegnieke.

Heel gepas is OVK as die grootste landboumaatskappy in die streek vanjaar weer die hoofborg met finansiële ondersteuning wat onontbeerlik vir suksesvolle aanbieding van die Skou is. ‘n Woordvoerder van OVK het aan Ditsem Nuus gesê dat dit vir hulle ‘n voorreg is om ook op hierdie wyse terug te ploeg in die gemeenskap wat hulle ondersteun.

Op die Skou is daar ook talle kleiner stalletjies van alles en nog wat, terwyl daar kosstalletjies in oorvloed is, o.a. met beroemde Karoolam en topgehalte steaks hoog op die spyskaart. Die Vrydag- en Saterdagaand word ‘n opwindende vermaaklikheidsprogram vir jonk en oud aangebied.

Die Skoukomitee het vanjaar ook ‘n nuwe voorsitter in die persoon van Marius van Rooyen, wat Neil Strauss ná 10 jaar in die amp opgevolg het. Vir die gefinaliseerde Skouprogram kan Poy Coetzee by 082 550 5130 of Sarel Venter by 082 593 7852 geskakel word.

‘n “Onafhanklike ondersoekspan” van die Universiteit van die Vrystaat het ‘n verslag uitgebring oor die “Shimlapark-voorval en verwante gebeure op die kampus in Februarie 2016” waarin die skuld feitlik vierkantig op die skouers van blanke studente geplaas word. Tydens die betrokke gebeure is o.a. die standbeeld van oud pres. CR Swart afgebreek en in ‘n visdam gegooi, terwyl gewelddadige botsings tussen wit en swart studente plaasgevind het.

Die ondersoekspan is gelei deur regter Johann van der Westhuizen bygestaan deur ‘n paneel van drie, waarvan twee swart is. In die verslag, getiteld People not stones, word die optrede van blanke toeskouers teenoor swart betogers wat die Varsity Cup wedstryd op Shimlapark gewelddadig ontwrig het, as “ rassisties en barbaars” beskryf, terwyl die optrede van die swart studente wat die CR Swart-standbeeld gevandaliseer het, as verskoonbaar bestempel word, omdat dit “hulle die geleentheid gegee het om af te koel".

Uitlatings deur SR-voorsitter Lindokuhle Ntuli soos “white bastards” op Facebook was in die konteks aanvaarbaar, maar die optrede van vroulike studente lede van AfriForum word as verdag voorgestel. Die omstrede Reitz-voorval van jare gelede word ook weer bygesleep en word die opvolgerkoshuis Heimat, wat nou buite die kampus is, aan “volkstaat en Nazïsme”gekoppel.

In reaksie op die verslag het die UV Raad dit as “’n goeie aanduiding” bevind en die UV-bestuur versoek om ‘n bloudruk vir transformasie en uitwissing van rassisme op te stel.

Die verslag het ook aan die lig gebring dat tydens die ontwrigting op Shimlapark was voormalige rektor prof. Jonathan Jansen in die BBP-losie, maar hy het so paniekerig geraak dat hy nie kon onthou waar sy selfoon is nie ten einde die UV sekuriteitsdiens te kon bel nie. Hy het ook nie tussenbeide getree tydens die konfrontasie tussen die betogers en toeskouers op die veld nie.

In die verslag het die deurlopende rol van prof. André Keet en JC van der Merwe van die UV Instituut vir Versoening en Maatskaplike Geregtigheid ten gunste van swart studente op die kampus vanaf lank voor die onluste, tydens die onluste en in die afloop daarvan aan die lig gekom. Dit blyk dat hulle betogende studente konsekwent ondersteun het, terwyl hul gesindheid deur blanke studente as ondermynend ervaar is.

Bladsy 88 van 96
Go to top