► Pres. Cyril Ramaphosa vra nasionale dialoog oor moontlikheid om pensioenfondse in bankrot staatsondernemings te belê – “Ons finansiële bronne is uitgeput, terwyl ons ontwikkelingsbehoeftes enorm is” ► Vraag op sosiale media: Hoekom kry regering nie die miljarde staatsgeld wat gesteel is terug nie, maar wil nou die pensioengeld vat van mense wat hard gewerk het daarvoor en toegewyd gespaar het? ► Menseregtekommissie oorweeg stappe teen Ernst Roets van AfriForum oor vertoon van vorige landsvlag op sosiale media, word as “verdelend” beskou ► Petroljoggies landswyd dreig om volgende week te staak oor salarisse, eis verhoging van 12%, maar werkgewers bied slegs 5% ► Brian Molefe, voormalige hoof van Eskom, moes gister meer as R10 miljoen aan Eskom pensioenfonds terugbetaal as onwettig ontvang, maar nog geen teken daarvan nie ► Veldbrand wat versprei tot in St. Francisbaai verwoes 12 huise tot die grond toe ► Storm oor aanranding van blanke kleuters deur swart personeel by Myne Maatjies Dagsorg Sentrum in Randfontein, ouers woedend, drie persone gearresteer, MRK swyg soos graf ► Lastereis van oud-minister Derek Hanekom van R500 000 teen oud-pres. Jacob Zuma, vandag in hooggeregshof in Durban aangehoor, eis omdat Zuma Hanekom “apartheidspioen” genoem het ► Curriebekerreeks word hierdie naweek voortgesit, met slegs Griekwas wat verseker is van plek in halfeindstryd ►

Daar is gister op ‘n mediakonferensie bekendgemaak dat die bekende staatsaanklaer by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), adv. Gerrie Nel, met 24 uur kennisgewing bedank het en by AfriForum aangesluit het waar hy ‘n nuwe private vervolgingseenheid op die been gaan bring. Nel, wat bekendstaan as “die bulhond” vanweë suksesvolle vervolgings in verskeie hoëprofielsake, sê dat daar geen politieke oogmerke is met sy skuif nie, maar dat sy nuwe eenheid binne wetlike riglyne gaan fokus op sake waarin die NVG besluit het om nie te vervolg nie. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê: “Korrupte mense moet weet niemand is bo die reg verhewe nie – selfs nie die land se president nie.” Die nuus van Nel se aansluiting by AfriForum het skokgolwe deur die radikale swart politieke spektrum gestuur en word dit volgens kommentaar as ‘n groot bedreiging gesien. 

Veral twee wetsontwerpe bedreig vryheid van die gewone burger in SA soos nooit tevore nie, nl. die Wetsontwerp op Haatspraak en die Wetsontwerp op Kubermisdade en –sekuriteit. Dit is veral eersgenoemde wetsontwerp wat ‘n ongekende gevaar vir godsdiensvryheid inhou in die sin dat die definisie van haatspraak so wyd is dat dit bv. ‘n uitlating deur iemand dat volgens die Bybel homoseksualisme verkeerd is, dit as haatspraak geklassifiseer en gekriminaliseer kan word met selfs tronkstraf in geval van skuldigbevinding.  

Die wetsontwerp tas godsdiensvryheid soos in die SA Grondwet verskans, wesentlik aan. Dit is benewens die ooglopende agterliggende verdere doel van die Wetsontwerp om kritiek van blankes teenoor swart mense as haatspraak te klassifiseer. Openbare kommentaar en besware kon gelewer word tot en met 31 Januarie 2017 en vir doeleindes daarvan kan gerus www.forsa.org.za besoek word.

Die wetsontwerp op kubermisdaad en-sekuriteit beoog om “kwaadwillige kommunikasie soos ‘n data-boodskap waarvan die verspreiding skade kan aanhits of veroorsaak aan ‘n persoon of groep of sy / hul eiendom wat sonder die betrokke persoon of groep se toestemming aanlyn versprei word. Weereens is die formulering baie wyd en dus oop vir skadelike subjektiewe vertolking en toepassing. Vir meer besonderhede besoek www.justice.gov.za

AfriForum en die SA Polisiediens (SAPD) het verlede maand ʼn geskiedkundige en betekenisvolle samewerkingsooreenkoms onderteken met die doel om misdaad te bekamp en gemeenskappe meer betrokke te kry by die voorkoming van misdaad. Die waarnemende nasionale Polisiekommissaris, lt.genl. Khomotso Phahlane, het die memorandum namens die SAPD onderteken en Ian Cameron, AfriForum hoof van Gemeenskapsveiligheid namens AfriForum. Kragtens die ooreenkoms onderneem die partye om mekaar wanneer nodig en waar toepaslik behulpsaam te wees, om met mekaar te skakel oor hoe AfriForum sy aktiwiteite met die strategiese doelwitte van die SAPD kan belyn en om te verseker dat inligting deur die AfriForum-strukture verkry, wat die SAPD behulpsaam kan wees om misdaad te bestry, gedeel word. In die praktyk behaal die AfriForum-buurtwagstelsel dwarsdeur die land groot sukses en word dit as ‘n deurbraak beskou dat die SAPD onder lt.genl. Phahlane, formeel daaraan gekoppel word.

Sedert pres. Jacob Zuma met die ASNC 105-jarige viering in Soweto op 8 Januarie aangekondig het dat die ANC deur die regering vanjaar radikale ekonomiese transformasie gaan versnel deur die aanvaarding en toepassing van die Wetsontwerp op Onteiening, is daar opvallende angstigheid onder talle swartmense dat die tyd vir grondgryp en uitdrywing van blankes uit die hoofstroom ekonomie aangebreek het. Zuma het sy aandrang herhaal by ‘n verdere ANC-viering te Burgersfort, Limpopo, op 22 Januarie en bygevoeg: “Die ANC is aan die mense se kant en God aan die ANC se kant. Ons kan nie verloor nie.” Wat duidelik hierdeur aangeblaas word, is ‘n haatveldtog teen blankes en in effek propagering van die beweerde regverdiging vir ‘n burgeroorlog.

Dit is ongelooflik om te ervaar hoe DStv kanaal 405 van ANN7 wat onder eienaarskap van die veelbesproke Gupta-familie is, feitlik 24/7 haatspraak teen blankes pomp. In nuus en kommentaar word voortdurend gewys op die sg. immoraliteit van “white monopolistic capitalism” wat die rede sou wees vir die verontregting van swart mense in die land ook veral oor die afgelope 22 jaar. Dit word uitgesaai aan die hand van onderhoude wat TV-aanbieder Sindy Mabe met paneellede voer en waar ‘n paneellid dikwels tot 15 minute per spreekbeurt kry om erge haatspraak teen blankes uit te rammel, soos dat swart mense onmiddellik grond en eiendom van blankes moet oorneem sonder vergoeding en die blankes uit die land verdryf. Een van die paneellede wat gereeld gebruik word, is die verbete swart aktivis Andile Mngxitana, wat deur en deur kwalifiseer om vir haatspraak aangekla te word. 

In SA en in die VSA word tans ‘n hernude veldtog teen aborsies van stapel gestuur, met plaaslik die Christian Action Network wat daarop wys dat aborsie-op-aanvraag op 1 Februarie 1979 in SA gewettig is en dat die afgelope 20 jaar ‘n geskatte 1 400 000 babas geaborteer is. Dit is slegs wettige aborsies, met belastingbetalergeld en dek nie die groot aantal onwettige aborsies nie. In die VSA word die 44ste viering van die berugte Roe vs. Wade hofsaak herdenk waardeur aborsies gewettig is. Vise-president Mike Pence het ‘n skare van meer as 500 000 Pro Life ondersteuners toegespreek, terwyl pres. Donald Trump getwiet het: “To all of you marching – you have my full support.” In SA word gedurende Februarie ‘n hele program in verskillende stede van stapel gestuur teen aborsies – vir meer besonderhede besoek www.christianaction.org.za.  

AfriForum het die Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane versoek om die leefstyl van die omstrede president van die ANC Jeugliga Collen Maine te ondersoek nadat dit an die lig gekom het dat hy in 2015 glo hulp van die Guptas ontvang het om ‘n spogwoning ter waarde van meer as R5 miljoen in die gesoekte Woodhill-landgoed in Pretoria te koop. Na bewering beloop die huisverband van Maine, ‘n stoere Zuma-ondersteuner, sowat R140 000 per maand, terwyl hy glo net tussen R30 000 en R50 000 per maand verdien.

AfriForum het die Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane versoek om die leefstyl van die omstrede president van die ANC Jeugliga Collen Maine te ondersoek nadat dit an die lig gekom het dat hy in 2015 glo hulp van die Guptas ontvang het om ‘n spogwoning ter waarde van meer as R5 miljoen in die gesoekte Woodhill-landgoed in Pretoria te koop. Na bewering beloop die huisverband van Maine, ‘n stoere Zuma-ondersteuner, sowat R140 000 per maand, terwyl hy glo net tussen R30 000 en R50 000 per maand verdien

Drie feeste vind vanjaar binne die volgende twee maande in sentraal SA plaas: Eerstens, die Hopetown Landbouskou 16-18 Februarie te Hopetown (tel. 082 550 5130); tweedens die Quennafees te Gariepdam 24-26 Februarie (tel. 071 8975 995) en die Karoofees te De Aar 23-25 Maart (tel. 071 689 0938).

Die 2017 Majubafees word vanaf 24-26 Februarie aangebied aan die voet van Majuba net buite Volksrust. Dit is die 33ste agtereenvolgende jaar wat die Slag van Majuba van 27 Februarie 1881 op ‘n besondere wyse herdenk word. Die fees in sy huidige formaat het in 1985 begin en dit is nou reeds ’n instelling vir Afrikaners om jaarliks op Majubadag, 27 Februarie, of die naaste naweek daarvoor of daarna die oorwinning van die Boere te herdenk. Groot moeite word gedoen met die spesiale program wat oor die drie dae strek – vir meer besonderhede besoek www.apa.ac.za of skakel Claudia Beyers by 072 528 9655 of epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Na berig word, is Vodacom van plan om aandele ter waarde van sowat R15 miljard van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) oor te koop en dit in ‘n afsonderlike swart bemagtigingsmaatskappy te noteer. Vodacom wil blykbaar ‘n gedeelte van die belang van die OBK van 12,4% in homself terugkoop en word onderhandelinge daaroor tans gevoer. Indien die transaksie realiseer, kan dit een van die grootste SEB-transaksies nóg in SA wees. Die markwaarde van Vodacom op die JSE word op sowat R225 miljard geraam. Verlede jaar het MTN ‘n SEB transaksie geloods ter waarde van R9,9 miljard. In reaksie op die jongste Vodacom-aankondiging, sê Solidariteit dit het ʼn skrywe aan Vodacom gerig waarin meer duidelikheid gevra word oor die voorgenome transaksie, een van die grootstes van sy soort in die SA geskiedenis en wys dan daarop dat Vodacom reeds in 2008 ʼn SEB-transaksie ten bedrae van R7,5 miljard aangegaan het t.b.v. YeboYethu Limited. Volgens Solidariteit “sluit hierdie tipe transaksies klaarblyklik persone wat nie as swart geklassifiseer word nie, uit sekere SEB-aandeleskemas uit en dit kan met die oneweredige toekenning van aandele volgens ras in werknemersaandeleskemas (ESOPs) gepaard gaan - iets waaroor Solidariteit bekommerd is.”

‘n Stryd woed tans oor beplande uraanontginning in die Karoo in ‘n streek tussen Beaufort-Wes en Rietbron wat sdeur skaap- en sybokhaarboerdery gekenmerk word. Van die grootste besware is dat die Australiese maatskappy Peninsula Energy nie behoorlike omgewingsimpakstudies en ‘n openbare deelnameproses gedoen het nie en dat uraanontginning skadelike radio-aktiewe materiaal kan vrystel vir mens, dier en omgewing. Reeds in die sestigerjare is Uraan in die Karoo deur die oliemaatskappy Soekor ontdek, maar daar is nog nooit tot ontginning oorgegaan nie. Verskeie belanghebbende instansies vanaf Agri Oos-Kaap tot Earth Life Africa staan die voorgenome ontginning teen in ‘n aansoek in die Kaapstadse Hooggeregshof, wat vandeesmaand verhoor sal word.  

Anglo American het bekendgemaak dat De Beers Mining in die eerste verkoopsiklus vir 2017 ‘n inkomste van $720 miljoen oftewel sowat R9,7 miljard uit ongeslypte diamante gegenereer het. Dit is aansienklik meer as die $470 miljoen wat in die vorige verkoopsiklus einde 2016 gegenereer is en word toegeskryf aan sterk aanvraag uit veral Indië. 

Volgens die Lesotho Highlands Development Authority (LHDA) sal die kontrakte vir die ingenieursontwerpe van die Lesotho Hoogland Waterprojek Fase II teen die middel van vanjaar toegeken word, met konstruksie om te begin 18 maande later. Die 23 miljard bi-nasionale projek word gefinansier deur die Trans-Caledon Authority, soos opgedra deur die SA regering en sal vergrote watervoorsiening meebring vanaf Lesotho na Gauteng as die ekonomiese hartland van SA. Fase II sluit ook in ‘n hidrokragkomponent wat gebou staan te word gelyktydig met die watertoevoerskema en sal deur Lesotho gefinansier word. Die projek sal na beplanning teen 2025 ten volle operasioneel wees.

Nog selde in die geskiedenis het een man in vredestyd so ‘n praktiese impak in die wêreld gemaak as Amerikaanse president Donald Trump sedert sy inhuldiging op 20 Januarie vanjaar. Die inhuldiging self is letterlik wêreldwyd op TV gevolg en is gekenmerk deur die besliste Christelike inslag daarvan. Hoewel verskil word oor die presiese grootte van die skare wat die inhuldiging bygewoon het – in die omgewing van een miljoen – het anti-Trump gewelddadige betogings in verskeie Amerikaanse stede voorgekom en selfs ook in talle lande. Trump het geen gras onder sy voete laat groei nie en reeds ‘n hele reeks uitvoerende opdragte (executive orders) uitgereik ter uitvoering van sy verkiesingsbeloftes en wat ingrypende invloed het, nie net in die VSA nie, maar ook wêreldwyd. Die eerste buitelandse leier om Trump te besoek, was Britse eerste minister Theresa May, terwyl Trump ook reeds telefonies gesprek gevoer het met pres. Vladimir Putin van Rusland. Oor die algemeen is dit duidelik dat Trump ‘n nuwe era van behoudendheid en nasionalisme inlui.

Bladsy 91 van 96
Go to top