► “’n Monument van grootskaalse korrupsie” is hoe Noord-Kaapse premier dr. Zamani Saul nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley geopen het 13 jaar nadat konstruksie begin is @ R290 miljoen, maar nou eers voltooi is teen R2 miljard ►Appèlhof handhaaf beslissing van Noord-Gauteng hooggeregshof dat Cash Paymaster Services (CPS) R316 miljoen aan Sassa moet terugbetaal ►Transnet toon wins van R6 miljard vir finansiële jaar 2018/19; eerste staatsonderneming in baie lank tyd wat wins toon ►Plaasterreur 30 September, Malmesbury, twee aanvallers in plaashuis, huiseienaar skiet een dood ►Groot dele van die land vanaf Limpopo tot in die Wes-Kaap ondervind erge droogtetoestand met minder as 50% van die gemiddelde reënval in 2018/19 seisoen – sien by hierdie skakel hoe in Steytlerville-distrik droogte ervaar word; aan die ander kant sien by hierdie video hoe gejuig word oor goeie reën in distrik Beaufort-Wes ►Kampioen Boran stoetbul genaamd Mr. Million, gekoop vir R1 miljoen, se hakskeensenings deur veediewe op plaas by Brits afgekap, moes vankant gemaak word ►Intensiewe driedaagse-kursus oor in- en uitvoer en internasionale handel aangebied te Midrand, Kaapstad en Durban, kontak Ronell 073 291 0450 of events@norcaz.biz►

Die jongste omsetsyfers en finansiële resultate van Facebook as maatskappy, weerspieël die ongelooflike pas waarteen digitale kommunikasie tans uitbrei en hoe dit inderdaad ‘n leefstylrewolusie in die samelewing teweegbring. In ‘n geglobaliseerde samelewing geskied dit nie net binne plaaslike gemeenskappe en lande nie, maar wentel dit om die aardbol en laat geen land dieselfde nie. Die digitale platforms waarop mense in hul massas kommunikeer, het ook ongekende adverteringsgeleenthede vir besighede geskep, wat blitsvinnig in ‘n multimiljard dollar bedryf ontwikkel het en wat steeds sneeubal. Die resultate wat Facebook pas vir die 4de kwartaal van 2016 en dus vir verlede jaar vrygestel het, toon dat die aantal aktiewe maandelikse gebruikers van Facebook gegroei het na 1,86 miljard mense, terwyl die aktiewe daaglikse gebruikers staan op 1,23 miljard – ‘n toename van 17% teenoor 2015 en ‘n rekord vir enige sosiale media ter wêreld. Inkomste van Facebook vir die 4de kwartaal van 2016 het opgeskiet na $8,81 miljard (sowat R119 miljard) teenoor $5,84 miljard vir die 4de kwartaal van 2015 – ‘n toename van 51%. Die totale inkomste van Facebook vir 2016 was $27.6 miljard (sowat R372,6 miljard). Hierdie inkomste is hoofsaaklik advertensie-inkomste, waarvan 84% selfoonadvertensies is en dus toon watter groeiende en kragtige mark slimfoongebruikers geword het. 

Die jongste omsetsyfers en finansiële resultate van Facebook as maatskappy, weerspieël die ongelooflike pas waarteen digitale kommunikasie tans uitbrei en hoe dit inderdaad ‘n leefstylrewolusie in die samelewing teweegbring. In ‘n geglobaliseerde samelewing geskied dit nie net binne plaaslike gemeenskappe en lande nie, maar wentel dit om die aardbol en laat geen land dieselfde nie.

Afgesien daarvan dat die Internet op sigself ‘n rewolusie in menslike kommunikasie veroorsaak het, het die ontploffing van sosiale media soos Facebook, Twitter, Instagram, WhatsApp en vele ander, veral onder die jeug van die wêreld ingrypend verander hoe mense leef, wat hulle dink, wat hulle koop en waarna hulle streef. Hierdie platforms waarop mense in hul massas kommunikeer, het ook ongekende adverteringsgeleenthede vir besighede geskep, wat blitsvinnig in ‘n multimiljard dollar bedryf ontwikkel het en wat steeds sneeubal.

Die resultate wat Facebook pas vir die 4de kwartaal van 2016 en dus vir verlede jaar vrygestel het, toon dat die aantal aktiewe maandelikse gebruikers van Facebook gegroei het na 1,86 miljard mense, terwyl die aktiewe daaglikse gebruikers staan op 1,23 miljard – ‘n toename van 17% teenoor 2015 en ‘n rekord vir enige sosiale media ter wêreld.

Inkomste van Facebook vir die 4de kwartaal van 2016 het opgeskiet na $8,81 miljard (sowat R119 miljard) teenoor $5,84 miljard vir die 4de kwartaal van 2015 – ‘n toename van 51%. Die totale inkomste van Facebook vir 2016 was $27.6 miljard (sowat R372,6 miljard).

Hierdie inkomste is hoofsaaklik advertensie-inkomste, waarvan 84% selfoonadvertensies is en dus toon watter groeiende en kragtige mark slimfoongebruikers geword het. Interessant is dat volgens die Facebook-resultate die gemiddelde inkomste per Facebook-gebruiker in Noord-Amerika ongeveer $20 (sowat R270) in alleenlik die 4de kwartaal van 2016 was – op met 68,5% vanaf $13.70 in die ooreenstemmende kwartaal in 2015.

Volgens die stigter van Facebook, die veelbesproke Mark Zuckerberg wat die onderneming in 2004 saam met voormalige vennote begin het, is die kapasiteit vir Facebook op hierdie stadium om veel meer advertensies te dra, feitlik versadig en moet na ander vorme van inkomste-generering gekyk word, soos die videomark wat groot onderontginde potensiaal het. Zuckerberg het sy oog op China, mits die streng sentrale beheer van die Kommunistiese regering aanvaarbaar geakkommodeer kan word.

Van die digitale era – ook genoem die vierde industriële rewolusie – word gesê dat tegnologie elke 18 maande verdubbel in krag en halveer in koste. Wat die digitale rewolusie massiewe momentum gee, is die digitale koppeling van verskillende komponente soos Google met al sy fasette, webwerwe, forums, e-handel, allerlei toeps, notifikasies en vele meer - te veel om in hierdie beperkte ruimte te noem.

Daar word beraam dat daar in 2020, 80 miljard gekonnekteerde digitale apparate in die wêreld sal wees en dat die waarde van die globale Internet-ekonomie $14,7 triljard sal beloop.

Die punt is dat dit vir die gewone intelligente Internet-gebruiker en besighede wat by die digitale era aangepas het, moontlik geword het om sonder groot koste selfs miljoene mense te bereik vir bemarkingsdoeleindes.

Ook natuurlik die media is meegesleur deur die digitale era en is vandag die meeste tradisionele media soos koerante, tydskrifte, radiostasies, TV-kanale, ens. getransformeer in geïntegreerde multimedia-ondernemings. Dit is dus ook die voorhandliggende rigting vir Ditsem Nuus – ‘n pad wat die koerant reeds besig is om te loop. 

Wat met hierdie digitale rewolusie ook opmerklik bly, is dat, soos huidige politieke en ekonomiese gebeure in die wêreld wys, behoudende lewenswaardes, koestering van eie identiteit en nasionalisme ononderdrukbaar hul plek behou. 

Word feitelik gelet op die ampstermyn van vorige Amerikaanse president Barack Obama blyk dit asof die VSA op ‘n pad van selfvernietiging was. Daar is bv. begin om Islam in skole te leer, terwyl Christenskap en die Bybel al meer uit skole verban is; hofsake is in Amerika aanhangig gemaak deur Moslems wat op een of ander wyse aanstoot neem teen die Amerikaanse kultuur; en die dra van burkas is oraloor toegelaat, sonder om te weet wat daaronder weggesteek is.

Voorts het Moslems begin om werkgewers aan te vat wat hulle aanspreek indien hulle weier om werk te doen wat hulle persoonlik in botsing ag met Sharia-wet; die destydse Amerikaanse prokureur-generaal het gedreig om enige een te vervolg wat “anti-Moslem-spraak” beoefen; en ‘n buitelandse beleid is gevolg om sekulêre Midde Oosterse diktators vriendelik teenoor die Weste, te vervang met Moslem-ekstremiste, soos in Libië, Egipte en wat gepoog is in Sirië. Verder het die onttrekking van Amerikaanse troepe uit Irak en die Midde Ooste ‘n vakuum geskep vir ISIS; het die Pentagon en faksies van die CIA terroristegroepe in Irak en Sirië en wat in alliansie is en was met ISIS, gesteun teen die wettige Siriese regering; en ‘n ooreenkoms met Iran is ten alle koste aangegaan waardeur daardie land militêre kernkrag kan ontwikkel en terselfdertyd is miljarde dollar vir verwante programme beskikbaar gestel.

Wat sy militêre slaankrag betref, het die VSA sy kernvermoë afgeskaal na 1950-vlakke in lyn met die ideaal van ‘n kernvrye Amerika; die Amerikaanse vloot is verklein na die omvang wat dit was voor Wêreldoorlog I, die leër is na voor-1940 vlak gebring, die lugmag het honderde vliegtuie geskrap en ‘n ontslagproses van 40 000 weermagpersoneel is in werking gstel. Tydens die Obama-termyn was daar skielik nie meer geld vir arm gestremde militêre veterane, werklose Amerikaners en ontwortelde Amerikaners nie, maar “Siriese vlugteling- en hervestigingsprogramme” is ryklik befonds.

Obama het die jaarlikse Christelike gebedsgeleentheid by die Withuis afgeskaf, kon nie Christelike begrafnisse van ‘n voormalige Amerikaanse eerste dame, ‘n hooggeregshofregter en ‘n weermagsgeneraal in aksie gesterf, bywoon nie, a.g.v. ander skynbare onbelangrike afsprake. Hy het ‘n groot afvaardiging na die begrafnis van Michael Brown gestuur, maar ‘n klein een na die begrafnis van Margaret Thatcher en terwyl hy nie iets gemaak het van die moord op weermagslegende Chris Kyle nie, het hy die Amerikaanse vlag halfmas laat hang vir Whitney Houston.

Hierbo is onder kommentare op die “staatsrede” van pres. Zuma o.a. dié van president van Agri SA Johannes Moller aangehaal wat gesê het dat Zuma goed gedoen het, visionêre leierskap getoon het en beginsels vir transformasie neergelê het waarmee die private sektor ‘n pad kan loop.

Hierdie kommentaar is in teenstelling met so vele wat die gebeure in die Parlement as ‘n sirkus beskryf, om dit sag te stel, terwyl die baanrekord van Zuma met sy staatskaping bedenklik is, om dit weereens sag te stel. Zuma het herhaaldelik verklaar dat hy van plan is om die plase van blankes af te vat, ongeag of ‘n boer sy grond wil verkoop of nie, teen ‘n bedrag wat die staat pas. ‘n Verontregte boer sal die staat nie kan hof toe vat nie.

In die aanskyn van hierdie verklaarde radikale bedreiging, is dit regtig die siening van Agri SA en sy president, soos hierbo aangehaal?

Op ‘n ligter noot, sê iemand dat die vroulike Ikey-student wat op TV so rondborstig gepropageer het dat “Westerse” wetenskap, insluitend die wet van Newton, afgeskaf en vervang moet word deur sg. inheemse leerstellinge, gerus vanaf die derde verdieping van die hoofgebou van die Universiteit van Kaapstad kan gaan afspring en kyk of sy óp of áf gaan trek. 

Tydens die tydsduur van hierdie uitgawe gaan die Amerikaners besluit wie hul volgende president - deur uiters kritieke tye - gaan wees. Op hierdie stadium ry die stryd tussen Clinton en Trump wipplank, maar wat vir ons duidelik is, is dat met Clinton as wenner dit nag vir die VSA gaan wees.

Die getuienis van haar dubbelslagtigheid en van haar as deel van die NWO is oorweldigend. Trump aan die ander kant staan, met sy foute, vir radikale verandering en om “Amerika weer groot te maak”.

Op die keper beskou, is Trump eintlik die enigste opsie en ook die beste moontlikheid vir die Vrye Wêreld en vir die Afrikaner in SA.

Te midde van volgehoue betogings in verskeie Amerikaanse stede het Donald Trump begin om sy regering saam te stel vir wanneer hy op 20 Januarie 2017 formeel die 45ste president van die VSA word. Hy het as stafhoof van die Withuis vir  Reince Priebus aangestel in ‘n pos wat nie-amptelik beskou word as die eerste minister van die VSA. In hierdie pos word al die reëlings m.b.t. die Withuis as sentrum van mag beheer en selfs Amerikaane kabinetslede moet hierby inval. Priebus het voorheen gedien as hoof van die Republikeinse Nasionale Komitee.

Nog ‘n aanstelling was dié van Steve Bannon as die hoofstrateeg en senior raadsgewer van Trump. Hy het in die pylvlak van die presidentsverkiesing die Trump-veldtog beplan en gelei. Sleutelkabinetsaanstellings word binnekort verwag.

Insiggewende videogrepe is beskikbaar waarop Donald Trump enersyds sy Christelike oriëntering verklaar en waarin hy ook die hande opgelê word deur ‘n aantal Amerikaanse Christen pastore en geestelikes – vir toegang daartoe, volg hierdie skakel. Andersyds is daar ‘n videogreep van aangewese vise-president Mike Pence waarin hy sy getuienis as wedergebore Christen lewer – volg hierdie skakel

Nadat hy uitdruklik geïmpliseer is in die staatskapingsverslag van voormalige OB Thuli Madonsela, het Eskom uitvoerende hoof Brian Molefe onverwags aangekondig dat hy bedank met effek einde van die jaar. Hoewel hy gesê het dat dit nie as ‘n skulderkentenis gesien moet word nie, is opposisiepartye en sakelui redelik eenstemmig dat die bedanking die geleentheid vir Eskom bied om uit die skadu van die Gupta-skandaal te tree. Die bedanking is verwelkom deur o.a. die organisasie Corruption Watch, terwyl die DA ‘n kriminele aanklag teen Molefe gelê het vir sy beweerde aandeel in die staatskaping.

Gebeure in SA maak aanhoudend die gebruik van die byvoeglike naamwoord “verstommend” noodsaaklik – soos nou weer met die vandalisering van die Pretoria Stadsaal, ‘n nasionale gedenkwaardigheid wat aan die lig gekom het ná die bewindsaanvaarding van die DA in die metroraad. Die DA het die media op ‘n toer geneem van die gebou om aan te toon hoe grootskaals dit eintlik opgemors is deur ‘n sg. restourasieprojek van die vorige ANC-bewind in die metro.

Van wat gebeur het, sluit in: Die mure is geverf lank voordat verbeteringe aan die saal aangebring is / Onkapabele tegnici het misluk in hul poging om rookverklikkers en kameras te installeer / Sementoppervlakte is aangebring op ’n houtvloer / Die orrel, die grootste van sy soort in die suidelike halfrond, is so verniel dat dit uitmekaar gehaal en verskeep moet word na Chicago in die VSA vir herstelwerk teen ‘n koste van ongeveer R18 miljoen / Die sitplekke op die balkon en die meeste deurhandvatsels van koper is gesteel / Op die tweede vloer is rekenaarbedieners direk in sonlig geplaas, terwyl gate na willekeur deur die mure geboor is om bekabeling aan te lê / In die mooiste vertrek in die gebou, die ou Pretoria Raadskamer het werkers geverf bo-oor onvervangbare erfenisskilderye / Buitensporige koste is aangegaan, bv. R100 000 vir teëls in die badkamer van die burgemeester, R8 000 per lopende meter vir muurpapier, R60 000 vir ‘n glastafel met ‘n houtvoetstuk, ens. En so gaan die lys aan. 

Volgens Vrystaat Landbou (VL) is ’n totaal van 35 arrestasies aangeteken na ’n provinsiale blou/witlig operasie in die Vrystaat op 27 Oktober 2016. Tydens die operasie is ook 11 boetes uitgereik, terwyl verskeie voornemende diefstalle van vee en koperkabel in die Clocolan- en Excelsior-distrikte voorkom is. Boere van die Vredefort-distrik het ook aangedui dat by hulle geen diefstalle voorgekom het nie, waar die koers gewoonlik die laaste week van die maand hoog is.

Volgens VL het 1 007 landbouers met 705 voertuie aan die operasie deelgeneem in kombinasie met 181 Polisiebeamptes met 89 voertuie en getuig dit van die goeie samewerking tussen die boere en die Polisie.

Die oefening het getoon dat die Polisie alleen onvoldoende is om misdaad hok te slaan en watter verskil dit maak as meesal blankes aktief help.   

n Wetsontwerp wat in wese kritiek deur blankes op swartmense krimineel strafbaar maak, doen tans die rondte vir openbare kommentaar, maar net vir ‘n beperkte tyd tot en met 1 Desember 2016. Die kontroversiële wetsontwerp wat al oor ‘n kwessie van jare verskeie kere legalisties getimmer is, maak tans voorsiening vir twee nuwe kriminele oortredings in die SA reg, nl. “haatmisdade” en “haatspraak”.

Vir ‘n skuldigbevinding an haatspraak kan tronkstraf vir drie jaar opgelê word vir ‘n eerste oortreding en 10 jaar vir herhaalde oortredings. In die wetsontwerp is die definisie van “haatspraak” wyd en laat dit ruimte om selfs in godsdienstige verband negatief ingespan te word. Voorts word as die wese van ‘n oortreding gestel die “gevoelens van die slagoffer”, wat egter ‘n totale subjektiewe kriterium is. Kritici van die wetsontwerp sê dat dit die potensiaal het dat Bybelse uitsprake deur liberale teenstanders uit verband geruk kan word, soos in die afgelope jare bv. in die VSA gebeur het.

Om teenstand teen die wet en kommentaar te registreer, stuur epos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. met cc aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. en Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. ‘n Petisie teen die wetsontwerp kan geteken word by hierdie skakel

Die voormalige studenteraadsvoorsitter van Wits Mcebo Dlamini het ook die hofverskyning van Malema gister in Bloemfontein bygewoon ter ondersteuning. Nadat hy vir meer as ‘n week inJohannesburg in Polisie-aanhouding was op aanklag van aanstigting van geweld en beskadiging van eiendom tydens studentebetogings, is hy verlede week op R2 000 borgtog vrygelaat en moet môre weer in Johannesburg in die hof verskyn.

Hy het in Bloemfontein aan die skare wat Malema getrek het, gesê: “As black people, we remain native, landless, we remain fugitives in our own country, without land, with the degrees that we have, we are nothing without land. Where are you going to stay when you are a professor, in the sky? So we need the land. The whites must know that the honeymoon since 1994 is over and that we are going to complete the revolution.”

 Vir ‘n videogreep kliek hier

Nadat hy op 7 November 2016 in die landdroshof op Newcastle verskyn het op aanklag van haatspraak en die aanblaas van geweld, het Malema buite die hof sy tirade voortgesit en uitgevaar teen blankes. Op 13 November het hy in ‘n ander saak op dieselfde aanklagte in die landdroshof in Bloemfontein verskyn. Die volgende is uittreksels in Engels van die retoriek wat Malema tydens die twee hofverskynings voor honderde, moontlik selfs duisende EFF-ondersteuners en lede van die publiek kwytgeraak het:

“Whites have no claim to land in South Africa, because they brought no land with them when they colonised the tip of the continent. We are going to occupy the unoccupied land because we need the land. For us to eat‚ we must have the land. For us to work‚ we must have the land. I come from Seshego. If there is unoccupied land‚ we will go and occupy the land with my branch. You must go and do the same in the branch where you come from. I'm here to disturb the white man's peace. We cannot be scared of persecution. So you can be guaranteed that we will never retreat. So when you leave here and you see a beautiful piece of land, occupy it, it is your land, it belongs to your forefathers, it is a land that was taken from us by white people, by force, through genocide. Afrikaner boys, die poppe sal dans, the EFF is coming for you boys, Afrikaner boys, the ANC made you believe that this is still Orange Free State, this is Free State. When we take over power, Afrikaner males, you will know your place. Pray to your ancestors, Verwoerd, Malan, for the EFF not to be in power, because when we come to power Afrikaner males, are going to behave.”

‘n Bekende Vrystaatse vrou wat haar lewe aan liefdadigheid gewy het, Annatjie du Preez (89) van Heilbron, is vermoor in haar huis aangetref. Twee kluissleutels, ‘n bankkaart en die huurgeld wat sy onlangs vir ‘n plaas naby Senekal ontvang het, is vermis. Du Preez is vermoedelik dood aan verwurging en daar was kneusings aan haar gesig en agterkop.

Sy was die weduwee van Tienie du Preez, voormalige direkteur van onderwys in die Noord-Vrystaat en burgemeester van Heilbron, wat in 2008 oorlede is. Annatjie du Preez was 58 jaar ‘n bestuurslid van die OVV (later die VVA) en het 40 jaar in die hoofbestuur gedien. Sy het onlangs gehelp om die Hervormde kerk in die dorp te restoureer en was ‘n ondersteuner van Die Voortrekkers. 

In ‘n mediaverklaring sê die DA in die Vrystaat dat die provinsie ook gestaatskaap is – eintlik nog voor die OB-verslag bekendgemaak is – in die volgende opsigte: ‘n Kontrak met Estina as Gupta-maatskappy is onregmatig deur premier Ace Magashule aangegaan en ‘n bedrag van R184 miljoen is onregmatig direk in hul rekening inbetaal deur die provinsiale regering / Atul Gupta het ‘n eiendom in Vrede gekoop vir die bestuurder van die Estina-projek, wat voorheen in diens was van die hoofminister van die Indiese deelstaat Uttar Pradesh, die tuisstaat van die Guptas /Die Guptas enMosebenzi Zwane, voorheen Vrystaatse LUR vir Ekonomiese Sake en voor dit vir Landbou en tans Minister van Minerale Bronne het saam die Estina-projek by Vrede begin / Die genoemde hoofminister was betrokke in die veelbesproke onwettige landing van ‘n Indiese private vliegtuig op Waterkloof Lugbasis en ook hierin het Zwane ‘n sleutelrol gespeel / Daar is noue bande tussen die Estina-projek, JIC Mining en Sahara Systems – almal Gupta-beheerde maatskappye / Premier Magashule en die seuns van pres. Zuma het belange in nog ‘n Gupta-maatskappy in Sandton, Mabengela Investments.

 

Op die driejaarlikse verkiesingskongres van die VF Plus het dr. Pieter Mulder homself nie weer as leier verkiesbaar gestel nie ná 15 jaar in die stoel. In ‘n verklaring sê Mulder dat hy nie van plan is om aan die 2019-verkiesing deel te neem nie en dat dit net billik is om ʼn nuwe leier geleentheid te gee om hom of haar voor 2019 te vestig. Mulder gaan wel vir ‘n oorgangstydperk as VF Plus-parlementslid aanbly. Op die kongres is dr. Pieter Groenewald, voormalige voorsitter van die VF Plus, aangewys as nuwe leier, met adv. Anton Alberts in sy plek as voorsitter van die party.

‘n Buitengewone Algemene Sinode van die NG Kerk het te Centurion besluit dat om regstegniese redes die vorige besluite oor die voorwaardelike aanvaarding van die Belhar-belydenis en die toelating van homoseksuele predikante tot die amp onwettig was en derhalwe nie langer geldig is nie. Die Sinode het beslis dat ‘n huwelik ‘n lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou is en dat enige seksuele dade buite so ‘n huwelik sonde is.

In kommentaar op hierdie jongste besluite het die moderator ds. Nelis Janse van Rensburg gesê “die Kerk is nou op ‘n ander plek,” terwyl die Vrystaatse moderator ds. Helgaard Janse van Rensburg gesê het “uiteindelik is die Woord en belydenis in ag geneem.” Daar is egter ‘n kontingent, minderheid in die Kerk wat in hierdie stadium die twee besluite betreur en selfs met regstappe dreig.  

SA Spioenbaas na bewering deel van renosterstropery

In ‘n dokumentêre program getiteld The Poachers Pipeline het die internasionale TV-nuuskanaal Al Jazeera verstommende getuienis voorgelê dat die SA Minister van Staatsveiligheid David Mahlobo ‘n sleutelskakel is in sindikate wat renosterstropery in die land uitvoer. In die program spog ‘n “sakeman” en eienaar van ‘n masseersalon in Mbombela (Nelspruit), Guan Jiang Guang, oor hoe hy immigrasie- en wetstoepassingsbeamptes omkoop en sê dat dit maklik is omdat hy op goeie voet is met Mahlobo, wat hy sê sy masseersalon op ‘n ongeveer weeklikse basis besoek.

In die program word ook ‘n onderhoud gevoer met ‘n bestuurder van ‘n Chinese restaurant in Pretoria wat sê dat met die besoek van Chinese president Xi Jinping aan SA verlede Desember het hy pres. Jacob Zuma versoek om te help met inkopies van onwettige renoster-, ivoor- en ander diereprodukte vir sy afvaardiging. Hierdie koopveldtog het na bewering wel plaasgevind en is dit ook deur ‘n tweede bron bevestig. Die Al Jazeera program kan by hierdie skakel besigtig word.

Inmiddels blyk dit dat vanjaar vanaf Januarie tot Oktober ‘n totaal van 702 renosters in SA gestroop is. Daar is tans net meer as 25 000 renosters oor, waarvan die meeste in die Kruger Nasionale Wildtuin is, maar wat gestroop word teen ‘n koers van gemiddeld twee per nag. 

Bladsy 93 van 96
Go to top