► Volgens SA in Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) toon jongste misdaadstatistiek vir SAPD tesame met vorige statistiek dat sedert 1994 in SA sowat 500 000 moorde gepleeg is en 1 miljoen verkragtings ► Prof. Rudolph Zinn van Unisa sê uit navorsing blyk dit dat van die misdadigers voer tot 107 misdrywe uit voordat hulle gearresteer word ► Solidariteit Netwerk loods nuwe Sol-Tech kampus in Pretoria teen koste van R300 miljoen, sal huidige kampus vir 1 200 studente verdubbel en sal na verwagting deure open in Januarie 2021 ► Kyk by hierdie video hoe top bevelvoerders van SA Vloot en Lugmag in Parlement getuig hoe vloot en lugmag op rand van ineenstorting is ► Vrou (55) in Oos-Vrystaat gisteraand terwyl sy gebad op ‘n plaas aangeval en verkrag, aanvaller vlug en niks gesteel nie ► Op die Economic Freedom of the World (EFW) 2019 verslag val Suid-Afrika 54 plekke na nr. 101 uit 162 lande, vanaf plek 47 in 2000 – volg hierdie skakel vir meer inligting ►Dit lyk of Britse premier Boris Johnson ‘n deurbraak met Brexit kan maak na ooreenkoms oor grensbeheer met Ierse Democratic Unionist Party (DUP) ► Voormalige Bok-afrigter Peter de Villiers sê hy gaan nie Springbokke vanjaar by Wêreldbeker ondersteun nie, omrede vroeëre betrokkenheid van Eben Etzebeth by onderonsie met twee bruin mense in Langebaan ►

In verslag wat adv. Terry Motau SC in opdrag van die SA Reserwebank na die VBS Mutual Bank gedoen het nadat die bank ineengestort het, blyk dit duidelik dat die instansie bloot ʼn geleentheid was om te plunder op mega skaal – 53 “begunstigdes” het “fooie” van R2 miljard uit die fondse van die bank ontvang. Van die verstommende gevalle is dat VBS Mutual Bank R16 miljoen betaal het aan Brian Shivambu, wat maar verlede jaar gegradueer het.

Hy het op sy beurt R10 miljoen betaal aan sy ouboet Floyd, adjunk-leier van die EFF, wat weer R1,3 miljoen oorbetaal het in die rekening van die EFF self.

In antwoord op ʼn parlementêre vraag deur die VF Plus aan Minister van Samewerkende Regering dr. Zweli Mkhize blyk dit dat weens gebrekkige instandhouding en wanbestuurvan infrastruktuur in die Oos-Kaap waterverliese in die vorige boekjaar in die provinsie meer as 113 miljard liter beloop het. Die vermorsing het daagliks meer as 309 miljoen liter water beloop.

Uit die minister se antwoord blyk dit dat die Nelson Mandelabaai Metro (Port Elizabeth, Despatch en Uitenhage) die grootste sondebok was met meer as 48 miljard liter wat in die tydperk verlore gegaan het. Die metro het in die tydperk 131 miljoen liter water per dag aan lekkasies verloor.

Konserwatief geskat, het Nelson Mandelabaai R660 miljoen se water vermors weens gebrekkige instandhouding en swak infrastruktuurbestuur. Wat die situasie des te erger maak, is dat die vermorsing van die miljarde liter water het geskied het gedurende ernstige droogte in die provinsie die afgelope paar jaar.

Oor die ooglopende dubbele standaarde en rassisme wat by die Menseregtekommissie (MRK) sigbaar is, sê die Afrikanerbond in ʼn mediaverklaring o.m.: “In die afgelope paar dae was daar voorvalle waar die MRK nie eers die saak ondersoek het nie, maar spoedeisend gereageer het. Op Dinsdag 2 Oktober het die Hot 91.9 FM-aanbieder Sasha Martinengo 'n sekere mening uitgespreek oor Julius Malema en op Donderdag 4 Oktober het die MRK reeds 'n verklaring uitgereik om dit te veroordeel.

“In die geval van mnr. Kessie Nair wat op 16 September 2018 rassistiese kommentaar teen pres. Cyril Ramaphosa op sosiale media gemaak het, het die MRK op 22 September 2018 gereageer waarin hulle die voorval sterk veroordeel het. Hulle het ook gesê: ‘Ons doen dringend 'n beroep op alle Suid-Afrikaners om dit nie te verdra of om hierdie uitsprake te duld nie.’

“Let op die spoedige hantering van die MRK in hierdie gevalle. Kan dit wees omdat sommige politici aan die ontvangkant was?

“Op 7 Augustus het die Afrikanerbond 'n klag by die SAMRK aanhangig gemaak teen die Vrystaatse LUR, Mathabo Leeto, wat in die Vrystaat Wetgewer gesê het. ‘Wit Suid-Afrikaners is verkragters sedert Jan van Riebeeck aangekom het.’ En ook ‘die grafte van wit Suid-Afrikaners moet opgegrawe word sodat hulle liggame aanspreeklik gehou kan word.’

“Dit is nou amper twee maande later en die MRK skitter in hulle afwesigheid. Nie 'n woord van hulle nie, behalwe 'n ontvangserkenning.”

Volgens berekeninge van die DA toon 2017/18 jaar verslae van staatsdepartemente en staatsmaatskappye dat minstens sowat R75 miljard gedurende die die boekjaar 2017/18 ongemagtig, vrugteloos en vermors uitgegee is. Die grootste sondebokke is Eskom met R19,6 miljard, Sanral met ʼn R10,5 miljard, Transnet met R8,1 miljard en die Dept. van Water en Sanitasie met R5 miljard.

Oorhoofs gesien dui dit daarop dat die staatsfinansies op ʼn afgrond huiwer, met verskeie staatsondernemings wat tegnies bankrot is.

Die volgende is ʼn selfverduidelikende twiet van nuut aangestelde Min. van Finansies Tito Mboweni gedateer 27 April 2018: “Three urgent tasks for the National Democratic Revolution in South Africa: 1. The state must own 40% of all mining companies this is easy to do. 2. The state must create a Sovereign Wealth Fund for future generations from mining dividends. 3. A state bank must be created urgently.”

Die tydskrif Mining Weekly berig dat ʼn hoëvlak afvaardiging van China komende Maandag in SA aankom vir ʼn drieweke lange navorsingsbesoek oor die minerale opset van die land en hoe dit geadministreer word. Die afvaardiging kom ook navorsing doen oor die registrasiestelsel van boorgate in SA, iets waarop die SA regering baie trots is.

Die afvaardiging van die Mineral Resources Reserves Evaluation Centre van die Ministry of Land and Natural Resources (MRREC) in Beijing gaan plaaslik opgelei word in die praktiese toepassing en bestuur van die nougesette verslagdoening van eksplorasieresultate en minerale neerslae, asook die toegang tot ontwikkelingskapitaal op aandelemarkte.

ʼn Storm van kritiek en negatiwiteit het los gebars oor die die kop van pres. Cyril Ramaphosa en sy afvaardiging tydens hul besoek aan New York by geleentheid van die 73ste Sitting van die Algemene Vergadering van die VN. Dit was ʼn besondere geleentheid met staats- en regeringshoofde vanoor die wêreld wat saam getrek het en elkeen ʼn geleentheid gekry het om op die podium hul saak te stel.

Pres. Ramaphosa het ook sy kans gehad en hy het die haglike situasie in SA so rooskleurig moontlik gestel, maar na die tyd het hy ʼn storm ontketen toe hy op ʼn vraag van ʼn joernalis gese het: “There is no killing of white farmers in SA. There is no land grabs in SA. Pres. Trump is misinformed.” In SA was die vloed van kritiek op hierdie uitlating eenparig met selfs Dan Kriek van Agri SA wat saamgestem het dat Ramaphosa dat Ramaphosa blatant lieg oor moorde op blanke plaasboere. Kyk die videogreep hier

Die Ironie is dat ook die Amerikaanse regering en ander buitelanders deeglik ingelig is oor die ware feite in SA. Reeds op 23 Augustus 2018 het pres. Trump het in ʼn Twitter boodskap laat weet dat hy sy minister van buitelandse sake Mike Pompeo gevra het om plaasbesettings en onteiening, asook die grootskaalse moord op boere, noukeurig te bestudeer.

Voorts het die organisasie ToekomsVonk op 14 September 2018 ʼn volledige verslag met statistieke rondom aanvalle en moord op plaasboere aan die Amerikaanse ambassade in Pretoria oorhandig. Daarin o.m. aangetoon dat ʼn plaasaanval elke 1.4 dae gemiddeld voorkom en ʼn boer vermoor word elke 5 dae gemiddeld.

Op hul beurt het AfriForum aangekondig dat hulle slagoffers wie se geliefdes tydens plaasaanvalle vermoor is, na die VSA gaan stuur tydens die volgende fase van AfriForum se bewusmakingsveldtog. Die organisasie is ook van voorneme om ’n bekendstelling van die boek Kill the Boer deur Ernst Roets, in Washington D.C. te reël. AfriForum wil aan plaasaanvalslagoffers en hul geliefdes die geleentheid gee om hul verhale aan meningsvormers, politici, regeringsverteenwoordigers en die media in Washington te vertel.

Roets wys daarop dat daar in die afgelope twee dekades volgens die SAPD se eie syfers gemiddeld byna twee plaasaanvalle per dag en twee plaasmoorde per week voorgekom het. “Net sedert Januarie vanjaar was daar 320 plaasaanvalle en 43 plaasmoorde op plase wat deur AfriForum bevestig kon word,” sê Roets.

Die tweede storm om die kop van Ramaphosa en die regering kom van die feit dat Trump het tydens sy VN toespraak aangekondig het dat minister van buitelandse sake Mike Pompeo opdrag gegee is om ondersoek in te stel of lande wat geldelike hulp ontvang, ook die belange van die VSA op die hart dra. In hierdie verband is Suid-Afrika is reeds vroeër die jaar gelys as een van die top 10 lande wat anti-VSA sentimente toon as dit by stemming kom rondom VSA resolusies by die VN.

Dit is dus duidelik die VSA besig is om SA na die kantlyn te skuif en dat die Trump-administrasie die ANC bewind polities, ekonomies en diplomatiek die koue skouer gee. In SA self is dit duidelik dat Ramaphosa met sy terugkeer gaan sukkel om al die vure doodgeslaan te kry.

Met Erfenisdag 24 September 2018 het die VF Plus Jeug landswyd onbekende en verwaarloosde erfenisterreine, -gebiede en -monumente in elke provinsie besoek en skoongemaak. O.a. is die Kroonstad Konsentrasiekampkerkhof besoek en skoongemaak. Aldaar het tydens Anglo-Boere-oorlog 1899-1902 ongeveer 2 000 vroue en kinders gedurende die tydperk gesterf. 

Verder is die Burgershoop konsentrasiekamp-begraafplaas by Krugersdorp ook skoongemaak en so ook die Moorddrift Monument in by Potgietersrus en die Magersfontein Slagveldterrein naby Kimberley. Vir meer besonderhede kontak Tammy Wessels by 082 490 6663.

Met die ondersoek na die SA Inkomstediens deur die Nugent-kommissie word ʼn behoorlike katnes oopgevlek met wat aangegaan het onder die bestuurskap van die geskorste kommissaris Tom Moyane. Wat dit op neerkom, is dat Moyane deur voormalige pres. Jacob Zuma en die Guptas gebruik is om korrupsie en misdaad op massiewe skaal te fasiliteer.

Moyane het nie net kanale vir grootskaalse ongerymdhede geskep nie, maar ook spesialiseenhede binne die SAID wat spesifieke misdadige bedrywighede moes ondersoek, gestop of hokgeslaan. Senior amptenare wat nie met hom wou saamwerk nie is geskors, selfs soms met 24-uur kennisgewing.

Dit is dus duidelik uit getuienis voor die kommissie dat in dien Moyane nie sowat drie maande gelede deur Ramaphosa geskors sou gewes het nie die staatsfinansies en in besonder die staatskas onberekenbare skade sou gely het.

Terwyl die waterkrane in die munisipale gebied van Mogale City met hoofkantoor te Krugersdorp droog bly, steier inwoners elke maand onder die druk van astronomiese waterrekeninge. Wat opvallend is, is dat die rekeninge met dieselfde bedrae, gewoonlik òf R17 000 òf R18 000, bokant die normale bedrag is.

Wat verswarend in die situasie is, is dat die munisipaliteit heelwat ontwikkelingsprojekte goedkeur waarvoor daar nie voldoende grootmaatdienste soos vir watervoorsiening is nie. Daarby beskik die munisipaliteit nie oor die dienste van 'n gekwalifiseerde wateringenieur nie. Vir meer besonderhede besoek www.gemeenskappe.co.za/red-mogale-city.

Volgens die SA Vuurwapen- en Ammunisie Handelaarsvereniging is die Vuurwapenafdeling van die SAPD tans in chaos, hoofsaaklik omdat die lisensies vir rekenaarprogrammatuur nie instand gehou word nie en toegelaat word om te verval. Intussen duur die verwarring voort omtrent die hernuwing van vuurwapenlisensies van eienaars wat verval het.

Reaksie op die bewering wou die woordvoerder van die SAPD brig. Vishnu Naidoo geen kommentaar lewer nie en het bloot gesê dat nuwe wetgewing op pad is.

 

Radio Rosestad as Afrikaanse gemeenskapsradiostasie gestig in 1994 en wat op 100.6 FM in Bloemfontein en omgewing uitsaai, het tans ʼn vakature vir Stasiebestuurder. Volgens spesifikasies vir die pos moet die suksesvolle kandidaat bydrae om d.m.v. die stasie die Afrikaanse taal sowel as die kultuur, tradisies, belange en gemeenskapsbehoeftes van die Christen-Afrikaner uit te dra.

Voorts word as vereistes vir die pos gestel die nodige kwalifikasies, kundigheid en ervaring ten einde leiding te gee met programme, musiek, advertensies, bemarking, promosies en tegniese aspekte. Vir meer besonderhede kontak dr. Jann Schlebusch by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 072 959 3214.

Die koalisie regering wat tans in beheer is van die Johannesburgse Metro Munisipaliteit o.l.v. die DA span saam op innoverende wyse om 14 geleentheidsentrums oor die volgende drie jaar in die stad op te rig. Die projek het reeds suksesvol afgeskop te Marshallstraat, Johannesburg, by die Roodepoort Burgersentrum en te Diepsloot-Noord Sosiale Sentrum. By die sentrums kry voornemende entrepreneurs die geleentheid kry om hul klein- en medium-besighede  te ontwikkel.

Private en regeringsorganisasies is ook by die projek betrokke, soos Absa en die Dept. van Handel en Nywerheid, asook die SAID en CIPC (Maatskappye en Intellektuele Eiendomsregistrasiekantoor). Johannesburg is ingedeel in sewe substreke en elke streek sal teen 2021 twee geleentheidsentrums huisves. ʼn Program is ook begin om jong ambagsmanne en -vroue by die sentrums op te lei. Hulle sal ook ʼn diensleweringsonderrig- en opleidingsgesag-akkreditasie ontvang.

Vir meer besonderhede skakel 082 358 3882.

 

In die orkaan van woorde wat in en oor Suid-Afrika woed oor die grond wat blankes kwansuis van swart mense sou gesteel het, wil ons net een eenvoudige vraag vra – dit eintlik vir die soveelste keer herhaal: waar is die bewyse dat blankes grond in SA van swartes gesteel het? Dit is een ding om te beweer, maar dit is ʼn heel ander ding om die konkrete bewys op die tafel te plaas.

Ons sê die geskiedenis kan dag vir dag sedert 1652 nagegaan word ten einde te kan probeer uit wys waar grond betekenis vol van swart mense gesteel is. Daarom sê ons hierdie infame leuen moet nooit geglo word nie en daar moet nooit daaraan toegegee word nie.

Soos die geval met alle ander mense en bevolkings ter wêreld, is die blankes van SA nie sonder foute nie, maar grond geroof van andere – aikôna! Enige grondgryp in SA as sg. restitusie moet met alle reg en mag teen gestaan en beveg word.

Skep moed ook uit die kort liedjie by hierdie videogreep!

Groot belangstelling heers vir die 2018 Laver Tennisbeker spankompetisie tussen Europa en die res van die wêreld wat vandag in Chicago begin en Sondag eindig wat. Van die wêreld se beste mansspelers en legendariese oud-spelers is betrokke.

Span Europa bestaan uit Roger Federer, Alexander Zverev, Grigor Dimitrov, Novak Djokovic, David Goffin, Kyle Edmund en Jérémy Chardy, terwyl die Wêreldspan opgemaak word uit Kevin Anderson, John Isner, Diego Schwartzman, Jack Sock, Nick Kyrgios, Frances Tiafoe en Nicolás Jarry. Die kaptein van die Europeërs is Björn Borg en die van die Wêreldspan John McEnroe.

Die maatskappy AVBOB wat in 1918 gestig is as ʼn Afrikaner-onderneming in die begrafnis bedryf, vier vanjaar sy eeufees, maar as ʼn gediversifiseerde maatskappy met verspreide belange in die huidige SA. Die motivering vir die stigting van AVBOB 100 jaar gelede was die dodelike Spaanse griep ná die Eerste Wêreldoorlog wat gemaai het onder soldate en ook mense in SA.

Vandag is AVBOB ook in die besigheid van doodskisvervaardiging, ander begrafnisgoedere soos handgeverfde kranse en in begrafnisversekering. Voorts is AVBOB betrokke in verskeie maatskaplike opheffingsprojekte hoofsaaklik in sg. agtergeblewe gebiede.

Bladsy 12 van 96
Go to top