Aletheim 1

► Pres. Trump van VSA en pres. Vladimir Putin van Rusland vandag kritieke beraad in Helsinki, Finland; Illuminati vrees goeie verstandhouding en bevordering van nasionalisme ► Pres. Cyril Ramaphosa sê R150 miljard beleggings van Saoedi-Arabië in SA, hoofsaaklik in energie; sy swaer Patrice Motshepe saam met hom daar, sy ander swaer Jeff Radebe Minister van Energie ► Artikel in Rapport deur dr. Frans Cronjé van SAIRV: Grondbeleid in SA soos nou geformuleer Dept. van Landelike Ontwikkeling en Grondsake beteken volslae Kommunisme ► Plaasaanval by Tarlton in Noordwes: Bejaarde egpaar erg aangerand en lank gemartel, met brandwonde in hospitaal opgeneem ► Vir kommentaar en navrae oor twee sonaanlegte deur Solar Capital by onderskeidelik Orania en Luckhoff, kontak Shawn 083 325 9965 of Percy 082 802 3728 ► Terwyl Kimberley brand oor swak dienslewering, sê DA ANC-provinsiale leier Zamani Saul is skoonveld, skuld persoonlik glo munisipaliteit R121 000 ► Vrystaat Kunstefees 2018 met talle kontroversiële produksies moet heelwat vertonings kanselleer weens gebrek aan belangstelling; waarnemers sê die fees is floumakou ► Berig dat hoës by Eskom petrolkaarte het ter waarde van R500 000 per jaar ► Moedige Kevin Anderson van SA in Wimbledon manseindstryd geklop deur Novak Djokovic 6-2, 6-2, 7-6 ► Proteas maak skande in eerste kriekettoets in Sri Lanka ► Dis bitterrrr-koud!

Poste (8)

Ditsem Nuus as maandelikse Afrikaanse koerant met webwerf, weeklikse elektroniese nuusbrief en Facebook benodig 'n bemarker van gedrukte en aanlyn advertensies. Kantoor is te Orania. Basiese vereistes: Onkreukbare integriteit, goeie menseverhoudings, bewese vermoë om te kan verkoop en eie vervoer. Vergoeding aanvanklik slegs op kommissie en met reis- en selfoontoelaag – sodra suksesvol, basies + kommissie. Uitdagende en vervullende loopbaangeleentheid. Stuur kort CV na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Enige navrae by 082 773 2150.

Ditsem Nuus as maandelikse Afrikaanse koerant met webwerf en weeklikse elektroniese nuusbrief benodig grafiese ontwerper / webontwikkelaar vir volgende basiese pligte: Advertensieproewe, bladuitleg, onderhoud op webwerf, opstelling van nuusbrief en ontwikkeling van digitale sakegids. Kantoor te Orania. Mededingende vergoedingspakket en uitdagende loopbaangeleentheid. Basiese vereistes: Integriteit, toepaslike werkservaring, gebalanseerde persoonlikheid, goeie menseverhoudings, vlot in Corel Draw en bedryfskennis van Joomla! Stuur kort CV na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Enige navrae by 082 773 2150.

Ditsem Nuus as maandelikse Afrikaanse koerant met webwerf, Facebook, Twitter en weeklikse elektroniese nuusbrief benodig grafiese ontwerper vir volgende basiese pligte: Advertensieproewe, bladuitleg, deurstuur van drukgereed koerant na die drukkers en ander diverse grafiese uitlegte. Kantoor te Orania. Mededingende vergoedingspakket gekoppel aan prestasie. Uitdagende loopbaangeleentheid. Basiese vereistes: Integriteit, toepaslike werkservaring, gebalanseerde persoonlikheid, goeie menseverhoudings en vlot in Corel Draw. Stuur kort CV na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Enige navrae by 082 773 2150.

Ditsem Nuus as koerant gesetel te Orania het volgende twee deeltydse vakatures: (1) Joernalis wat nuusberigte kan skryf. Vereistes: Integriteit, opleiding en toepaslike ervaring. (2) Tikster om woordverwerking te doen. Vereistes: Betroubaarheid, hoë tikspoed en korrektheid. In albei poste kan vanaf die huis gewerk word en elektronies gekommunikeer word. Vergoeding onderhandelbaar volgens omstandighede, vermoë en produktiwiteit. Stuur kort CV na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Enige navrae by 082 773 2150.

Ditsem Nuus as maandelikse Afrikaanse koerant met webwerf, Facebook, Twitter en weeklikse elektroniese nuusbrief benodig webontwikkelaar om webwerf op te gradeer en die struktuur van die ander digitale platforms in stand te hou en verder te ontwikkel. Kantoor is te Orania. 'n Jong bekwame en dinamiese kandidaat word benodig om saam met Ditsem Nuus as vibrante medium te groei. Mededingende vergoedingspakket gekoppel aan prestasie – uitdagende loopbaangeleentheid. Basiese vereistes: Integriteit, opleiding en bewese vermoë in webontwikkeling en gebalanseerde persoonlikheid. Bedryfskennis van Joomla! sal aanbeveling wees. Stuur kort CV na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Enige navrae by 082 773 2150.

Ditsem Nuus benodig ‘n bemarker om advertensiespasie te verkoop vir beide die gedrukte en aanlyn weergawes, asook op die webwerf en op die elektroniese nuusbrief DitsemBlits. Vereistes: Waardige verteenwoordiger van die koerant / Moet kan verkoop en transaksie beklink / Hoogs rekenaarvaardig en wat met die aanlynprodukte van die koerant kan groei. Opleiding word verskaf. Vergoeding slegs op kommissie, reistoelae betaalbaar. Eie vervoer, maar hoef aanvanklik nie wyer te werk as Orania, Hopetown en Vanderkloof nie. Ditsem Nuus brei tans sy aanlynprodukte drasties uit en ons benodig ‘n bemarker om die groot bemarkingspotensiaal in hierdie verband effektief te ontgin. Stuur kort CV aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of skakel 082 773 2150

Ditsem Nuus het volgende twee vakatures:

Joernalis - deeltyds. Moet berigte vir die webwerf en elektroniese nuusbrief asook vir die koerant skryf en verwerk. Moontlik ook help met bestuur van webwerf, Facebook en Twitter. Vergoeding onderhandelbaar afhangende van finale pligtestaat, vermoë en ervaring. Net eerbare persone met bewese insig, skryfvermoë en joernalistieke vaardigheid.

Tweedens, digitale bemarker - voltyds of deeltyds. Iemand met integriteit, goeie menseverhoudings, bewese vermoë om te kan verkoop en uitstekende aanlyn vaardighede. Opleiding word verskaf.

Stuur kort CV na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of skakel Johann Dannhauser by 082 773 2150

Vakature: Blokman

Plek: Orania

Vereistes:

 • Christen

 • Sober gewoontes

 • Ondervinding in slaghuis-omgewing

 • Integriteit

 • Vriendelike geaardheid

 • Hou van energieke werksomgewing en uitdagings

Salaris: Onderhandelbaar en volgens ondervinding en opleiding

Pos aanvaarding: So gou moontlik

Kontak: Fanus Becker by 082 375 5301 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

VVK2 banier