► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►
Die Dept. van Kleinsake Ontwikkeling is besig met ‘n landswye bekendstellingstoer ten einde entrepreneurskap en sake-ontwikkeling binne die klein sakesektor aan te moedig en te…
Die mees innoverende en vooruitstrewende entrepreneurs in die land met ‘n hart vir sg. skoon oftewel groen tegnologie word opgeroep om deel te neem aan…
Word gelet op die ongelooflike nuwe mylpale wat tans op tegnologiese gebied bereik word d.m.v. rekenarisering en in besonder deur 3D drukwerk, dan wag daar…
In ‘n mediaverklaring sê dr. Corné Mulder van die VF Plus: “Die beeld van die SA Parlement is aan flarde. Die vlak van debatvoering en…
Daar is tans allerweë ernstige bedenkinge oor die stelsel van kieserregistrasie van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) vir die komende plaaslike verkiesings op 3 Augustus, in…
‘n Selfverduidelikende mediaverklaring van Agri SA lui o.m. soos volg: “Die Gekose Komitee op Ekonomiese en Besigheidsontwikkeling het op 10 Mei die Onteieningwetsontwerp goedgekeur met…
Bladsy 132 van 143
Go to top