► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►
Hongarye - land van die eenheid en hoop Hierdie artikel is die eerste in 'n reeks deur 'n vryskutjoernalis in Hongarye, Bálint Mészáros (43), wat…
‘n Sportlegende in die ware sin van die woord het sopas gegroet met die heengaan van beroemde langafstandatleet Jackie Mekler op 87-jarige ouderdom. Hy het…
As ons so rondom ons gadeslaan, hoe ons mense wreed uitgemoor word, uitgeskel word, geblameer word vir alles wat nog verkeerd geloop het, gemarginaliseer word…
 Omdat Ditsem Nuus hierdie inligting as hoogs relevant vir die Afrikaner van vandag beskou, word hierdie verkorte artikel deur die FAK gepubliseer. Vanjaar is die…
In 'n tyd waarin in Suid-Afrika sentimente, retoriek en aksies teen die Afrikaner ongekende vlakke bereik – trouens dit wil voorkom of 'n onverklaarde burgeroorlog…
Die huidige stryd tussen OB, Busisiwe Mkhwebane, en Minister van Openbare Ondernemings Pravin Gordhan oor skynbaar regstegniese wedsoortredings wat laasgenoemde sou begaan het, terwyl bewese groot staatskapers soos Jacob Zuma, Ace Magashule en kie nie aktief deur die OB ondersoek…
Bladsy 5 van 143
Go to top